PDA

View Full Version : Help asseblief My Meisie(EX) is nie 'n virgin nie en ek is



soek_advies
Oct 10th 2011, 08:44 PM
okay so die is offisieel my eerste "post" op 'n forum maar ek dink ek is darm nou op die regte plek (jammer as ek nie is nie)

So ek en 'n dame( ouderdom 22 en 23) was die afgelope 3 maande saam en so in die middel van die 3 maande het ek haar gevra of sy al saam iemand geslaap het! sy het stil geraak en vir my gese ja maar...dit was nie so nie.. Toe het ek haar gevra was dit vrywillig en sy het gese nee! Sy se toe ook vir my dit is nie meer deel van haar lewe nie en sy en God het dit uitgesort en sy is eintlik nog "pure"!! Net sodat julle die agtergrond het

Ek se nog altyd "ek gaan met 'n virgin trou" en ek het self nog nooit saam 'n girl geslaap nie en sal ook nooit nie tot ek trou! So ek het verby dit alles gekyk en soms het dit my gepla maar ek het net aangegaan met die verhouding MAAR die afgelope week het dit my onder gekry en kan nie dit hanteer nie ek dink heeltyd daaraan! Ek dink ek het net besef dat die verhouding nou erenstig raak van altwee kante af! Sy het agterkom dat iets my pla en ek se toe vir haar! Wat dinge noeg moeiliker gemaak het is dat ek nou vir 5 maande oorsee is.

Ons is nie meer saam nie en ons altwee is emotioneel en hartseer en ek kan nie ophou aanhaar dink nie(maar dis nou maar seker net jong liefde want sy is die eerste meisie waaroor ek erenstig begin word het maar ek het wel myself aan die slaap gehuil gisteraand)

Ek kan nie eers begin dink waardeur sy nou gaan nie en ek voel so sleg omdat ek basies vir haar gese het dat ek haar nie kan aanvaar vir wie sy is nie en sy kan NIKS daaraan doen nie! Ek hou regtig van haar en ek weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie ....hopelik vind ek vrede in my hart en sy kan my vergewe wat ek aan haar gedoen het en alles werk uit maar ek dink dit is wishful thinking

So as daar enige iemand is wat vir my advies kan gee of wat dalk al in so posisie is/was en "oor dit" gekom het asb help!!! Ek het altyd gedink ek is die tipe ou wat verby "speed bumps" kan kyk maar lyk my nie so nie! Ek bid deesdae flippen hard en dinge is maar moeilik!

Dankie

RR van Wyk
Oct 11th 2011, 05:07 AM
Hi soek_advies.

Ai daai groeipyne!! :) Jy gaan maar deur wat ons almal op een of ander stadium deurgegaan het. Liefde is een van die moeiliker elemente in die lewe, veral as mens nog jonk is en alles nie mooi verstaan nie.

Vir my het dit nog alteid gegaan oor persoonlikheid. Vergeet die res. Vergeet van geskieddenis, van die verlede want mens is mens en is geneig om in slaggate te val, veral as mens jonk en onervare is. En veral meisies. Hulle is uiters sensetiewwe mensies en word so maklik mislei opsoek na ware liefde.

So, as ek enigsens instaat is om raad te kan gee uit my eie ervaringe uit: Vat dit maar stadig, baie stadig. Kalmeer jou hart, en dink logies oor alles. ontleed jou probleem en sonder om teveel emosie in te bring, kyk of julle werklik bymekaar pas en of jy sterk genoeg is om te vergeet van enige verlede.

Wat ek kan aflei uit jou plasing is jy is uiters emosioneel en dit kan lei tot groot probleme! Dalk is dit belangrik dat jy bietjie alleentyd het om bietjie af te koel en jou situasie logies te benader.

Dit gaan seker snaaks klink, maar kyk van watter agtergrond sy af kom. Haar familie, spesefiek haar ouers en watter opvoedig sy gekry het. Ontleed haar persoonlikheid tenvolle en sit die legkaart aanmekaar. Op die einde van die dag is dit 'n lewensmaat wat jy die res van jou lewe gaan spandeer en die verlede gaan geen impak h op jou toekoms. Maar WIE hierdie meisie is, gaan jou maak of breek.

Al wat ek kan s is sterkte. Dit is 'n erfaring wat jy moet deurgaan. Onthou dat jy 'n man is, dit is ons plig om liefde, sekeriteid en vaste fondamente te plant in alles wat ons doen, aanpak en waarookal ons gaan.

Voorspoed!!

Die Filadelfieer
Oct 11th 2011, 05:46 AM
Welkom hier by ons soek-advies !
Ek stem 100% saam met RR se pos, jy kan dit gerus ter harte neem.

Van my kant af, wil dit voorkom asof jy vreeslik hard op die meisie was. As haar eerste keer nie gewilig was nie, dan was sy as te ware verkrag ! Dit is 'n vreeslike trauma vir 'n vrou om deur te werk, en daar is baie komponente en fasette rondom so 'n geval. Dit klink egter vir my asof die meisie God se hulp ingeroep het en Hy haar daardeur help, seker een van die belangrikste stappe tot genesing vir iemand wat deur so 'n vreeslike gebeurtenis is.

Iets wat jy in gedagte moet hou is dat nie 'n enkele een van ons sondige mense "pure" is, soos jy dit stel nie, en dit ook nie 'n voorvereiste vir Jesus is as Hy jou kies as Sy kind nie. As dit was, was NIEMAND 'n kind van die Here nie. Ons is almal sondige mense met 'n geskiedenis vol sonde. Die Here verwag egter van ons om, net soos wat Hy maak, mekaar te aanvaar net soos ons is, en mekaar lief te h en te ondersteun te spyte van ons onderskeie geskiedinise.

Die kort van die lank is dit : As jy lief is vir die girl, en julle voel dat julle moet saam wees, moet nie dat iets uit julle verlede tussen mekaar staan nie. God vergewe ons vir al ons sondes, hoekom kan ons nie dieselfde doen vir die waarvoor ons lief is nie ?

Johnny
Oct 11th 2011, 06:53 AM
Ek haal my hoed af vir jou dat jy as 'n jong man nog 'n maagd is in vandag se lewe. Hou dit so. Wat haar aanbetref soos Fila se is ons almal sondige mense volgens Romeine 3:23 en heel moontlik was dit nie haar keuse nie. God vergewe en ons moet ook dan probeer om ons rein te bewaar.

".....want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,...."

Stap 'n pad saam met haar met Jesus in julle verhouding. Sy het jou dalk meer nodig as wat jy besef.

Besoek gerus hierdie skakel ook op die forum.
http://bibleforums.org/showthread.php/195151-Hoe-neem-ek-Jesus-aan.....

Ta-An
Oct 11th 2011, 07:19 AM
Hi soek_advies, al wat ek kan s is: Met Jesus loop mens nie 'n lewe wat jy in 'n tru spieltjie leef kyk nie.

Wat seks dade aanbetref, dit het te doen met twee wat een word, en al wat sy nodig het is om daardie een-wording te breek, en dit klink my sy het dit reeds gedoen met God se genade.

So nou om vorentoe te gaan en 'n huweliks bed vir julle te skep kan sy in reinheid doen.
Onthou, God in Jesus maak ons van sonde rein.

Sterkte vir jou en julle.....

EN onthou, Jesus s dat sonde waarvan Hy ons skoon gemaak het onthou HY nie meer nie..... moet NOOIT toelaat dat die ding ooit jou verhouding met haar besoedel nie, nie in 'n argument of enigsins iets nie...

soek_advies
Oct 11th 2011, 11:36 AM
ahhh baie dankie vir al julle replies ek waardeer dit regtig en dit help my al klaar! toe ek vanoggend hier kom lees toe het ek sommer al klaar n lekkerder dag!

MAAR
Dit is net so moeilik om verby dit te kyk en dis maar waaroor dit gaan. Ek dink nie ek sal ooit net van die verlede kan vergeet nie en twyfel of ek sterk genoeg is om met dit saam te leef ...die pretjies wat deur my kop gaan is siek maar ek stem saam dat ons dinge baie stadig moet vat en dan van daaraf werk (eintlik kan dit net stadig gaan omdat ek eers volgende jaar terug SA toe gaan) Ek is nooit eintlik baie erenstig oor verhoudings nie maar oor die een is ek en as 'n mense nie probeer nie sal 'n mens nie weet nie...

Ek wonder net..die is my eerste erenstige verhouding is ek nie dalk te uhmmmmm te erenstig nie..ons is/was nou al net 3 maande saam en nie eers soos facebook saam nie of ek weet nie eintlik hoe om dit te se nie... maar anyways(as enige iemand verstaan wat ek bedoel)

Ek wil net vanaand vir haar 'n redelike idee gee hoe ons van hier af gaan aanbeweeg as ons ooit gaan aanbeweeg maar ek dink darm ons gaan! Want ek het haar letterlik deur HEL gesit die afgelope paar dae en dinge wat sy beskou as "nie meer deel van haar lewe" weer oopgekrap en eintlik maar weer 'n issue in haar lewe gemaak! ek haat die feit dat sy seer het

Weereens baie dankie! Julle moet nooit ophou met wat julle op die forum/blog doen nie

Ta-An
Oct 11th 2011, 12:30 PM
Ek weet dat 'n man se brein anders werk as 'n vrou s'n.
Dat 'n man hiemee 'n probleem kan h.... maar...
Die Bybel praat ook van dat 'n man na 'n vrou kan kyk (met lust) en dan al klaar sonde gepleeg het...

Wie het ons as mens as regter oor 'n ander aangestel :hmm:

Psalm
Oct 12th 2011, 07:12 AM
Soek advies:

Wat jy moet in ag neem is dit: (worst case scenario Sy was dalk nie rerig gedwing nie)
As jou meisie n ware Christen is in woord en daad, dan het God haar vergewe, net soos as jy n ware Christen is in woord en daad, het God jou vergewe vir sonde wat jy al gedoen het.

Jesus leer ons in die onse Vader:
Mat 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
Mat 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

Wat die ware kwessie veronderstel is om te wees is dit:
Nie wat is haar verlede nie, maar wat is haar toekoms.

Efs 2:1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
Efs 2:2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,
Efs 2:3 onder wie ons almal ook vroer gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Efs 2:4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
Efs 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christusuit genade is julle gered
Efs 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
Efs 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.

Ons almal het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God.
Wat is erger?
n Meisie wat nog nooit seks gehad het nie, al sonde wat sy ooit gedoen het is miskien n klein wit leuntjie, dis al. Sy neem NIE Christus aan as haar verlosser nie, en dus is daar nie vir haar verlossing van haar klein wit leuntjie sonde nie. Sy het nie die ewige lewe nie.
Of
n Meisie het al seks gehad buite die huwelik (worst case scenario) en sy het berou daaroor en het Christus aangeneem as haar verlosser en deur Sy bloed is daar vir haar verlossing van haar verskriklike groot sonde. Sy het die ewige lewe.

Kyk wat se Paulus in 1 Korinthiers 6:10-11 vir die gemeente:
1Ko 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God berwe nie.
1Ko 6:11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Asook iemand wat berou het oor sy sonde:
Luk 18:9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
Luk 18:10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een n Fariser en die ander n tollenaar.
Luk 18:11 En die Fariser het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nierowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
Luk 18:12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
Luk 18:13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy o na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en ges: o God, wees my, sondaar, genadig!
Luk 18:14 Ek s vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.

As sy werklikwaar wedergebore is dan is sy beter af as n meisie wat nog n maagd (virgin) is en nie wedergebore is nie. Ek se nie dat sy seks gehad het is reg nie, maar net so is n klein wit leuntjie of n vloekwoordjie ook nie reg nie.

As God iemand vergewe het, wie is ons om hulle te oordeel.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
Rom 8:33 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.

God is dit wat regverdig maak As God iemand geregverdig het (allenlik as iemand lewe in Christus) kan NIEMAND of NIKS beskuldiging teen so iemand inbring nie. Niemand of niks is Bo God nie God is dit wat regverdig maak

Die ware kwessie moet dit wees:
Is sy wedergebore en lewe sy NOU n lewe van Heiligmaking?
Is jy wedergebore en lewe jy NOU 'n lewe van Heiligmaking?
En kan jy God se verlossing vir haar aanvaar?

RR van Wyk
Oct 12th 2011, 08:50 AM
Natuurlik is dit moeilik om verby dit te kyk. Maar wees eerlik met jouself. As jy in 'n soortgelyke situasie as sy was, sou dit dan nog saak gemaak het?

Vat dit van iemand af wat persoonlike ondervinding het van soortgelyke sinario. Dit maak seer, baie. Duidelik omdat jy regtig baie van haar hou. Maar daardie seer gaan baie vinnig weg. Later maak dit glad nie meer saak nie, solank jy net by haar kan wees en haar kan liefh.(dit is as jy die res van jou lewe saam haar wil wees natuurlik).

Dit was goed van haar om jou te vertel. Sy kon baie maklik gejok het. So duidelik is sy ernstig oor jou. Sy wil ook graag vergeet daarvan. So moet nooit weer daarvan praat nie. NOOIT weer nie. Jy weet, en dit is verby. Dit mag ook nooit as wapen teen haar gebruik word nie, tensy jy nou regtig onnosel is natuurlik..

So, gebruik die tyd wat jy oorsee het om dit te verwerk, stoei dit uit. En as jy klaar is daarmee, geniet die res van jou toekoms :)

Kalahari
Oct 12th 2011, 12:35 PM
Soek advies

Dit is regtig 'n moeilike situasie, aangesien dit gedane sake is. Die probleem is egter nie by die meisie nie. Sy het bely en is vergewe. Een ding wat ons nie moet doen nie. is dat sy begin twyfel in haar vergifnis. Die Here het haar vergewe en het dit vergeet, so moet jy ook doen. Indien sy beskore sou wees om jou vrou te wees, bid tot die Here en laat hierdie vooroordeel van jou by Hom. Hy sal jou die vrede gee en julle ook sen.

Net 'n vraag. Indien dit die Here se wil is dat sy jou vrou moet wees, gaan jy gehoorsaam wees of gaan jy jou eie idees bo alles stel?

My advies aan jou is dus dat jy vir die Here sal vra dat Hy jou moet lei en duidelik maak of sy jou maat is. Indien sy wel is sal jy die vrede van die Here kry, indien sy nie die een is nie, vergeef haar soos God haar ook vergeef het en leef in Sy saligheid met jou medemens.

Groete
Kalahari

soek_advies
Oct 12th 2011, 09:26 PM
osn is nou nie meer saam nie, maar ek dink dit is beter vir haar! sy verdien iemand beter as ek, iemand wat haar kan aanvaar vir wie sy is sonder om so groot issue van dit te maak en iemand wat haar nooit so seer sal maak soos ek haar die afgelope week seer gemaak het nie!

Baie dankie vir almal se replies ek wil nogsteeds hieraan probeer werk vir as ek eendag weer in n soortgelyke posisie is dat ek maklik verby dit kan kyk. maar ja dit gaan nie maklik wees nie want ek ken nou al myself ek gaan net backoff sodra ek hoor sys nie n maagd nie.

En Psalm ek stem saam met al die Bybel verse maar die feti van die saak is dit is nie maklik om net aan te beweeg nie en ek dink ook nie ek gaan nie...dis maar wie ek is en dit is soo sleg want al wat ek se is ek gaan nie luister wat God vir my se nie ek gaan wel probeer en dit klink asof ek klaar my mind opgemaak het daaroor maar ek se nou al vir myself MY HELE LEWE LANK ek gaan met n Christen maagd trou en ek het nooit eers daaraan gednk om met 'n girl te trou wat nie 'n maagd is nie ek.Daardie 2 goed is al deel van my. En miskien is my verhouding met God nie reg nie en dis hoekom ek nou hier sit! ek sal BAIE graag net verby alles wil kyk. en miskien is ek maar negatief en pessimisties..ek weet verseker ek is negatief!!

Maar nou ja enige kommentaar is nog welkom wees maar eerlik en hard op my en moeni bang wees om my 'aan te vat nie" ek is hier om te groei, leer, kommentaar te kry positiewe en negatiewe.
Ek lees alles wat julle vir my se...... meer as eenkeer n dag so ek neem dit regtig ter harte sos Die Filadefieer se

Ek gaan nou maar net elke dag n uur uitsit wat ek met God oor net dit praat en ja hopelik hopelik

Ta-An
Oct 12th 2011, 09:47 PM
Soek_advies

Indien sy jou sussie was, hoe sou jy haar berraad het :hmm:

RR van Wyk
Oct 13th 2011, 07:42 AM
Dalk is dit beter dat jy die verhouding beeindig het. Jy is duidelik nog glad nie reg vir 'n verhouding nie. Ek dink ook op hierdie stadium het die meisie iemand nodig wat haar kan ondersteun, iets wat jy op hierdie stadium nie instaat is om te kan doen nie.

So dalk het jy die regte besluit geneem. Die probleem is jy sal seker nooit seker wees daarvan nie, maar dis deel van die lewe.
My grootste probleem is ek hoop jy groei jou verwagtinge uit, anders gaan daardie ho verwagtinge jou dalk terughou in die lewe. Dit is goed om standaarde te h in die lewe, maar dit moet darrem ook realisties en gesond wees.

Ons lewe in moeilike tye, baie groepsdruk word op jeug vandag geplaas en moraal word oral afgebreek. Mense besef al minder waaroor alles gaan en wat die waarde is van wat God van ons verwag en die gesonde lewe wat ons moet lei.

Ek hoop jy kry eendag die regte maat vir jou, virgin of nie. En mag jy 'n steunpilaar in haar lewe wees, 'n lig en kompas vir haar, sodat sy God deur jou sal ken. Maar duidelik moet jy nog eers bietjie groei...

Sterkte!!

Son of the South
Oct 13th 2011, 08:19 AM
Skuus as ek nou oor iets heel anders hier kom gesels. Ek besef net weer hoe wonderlik Jesus se liefde vir ns is. Eers l Hy sy lewe af en lei Hy ons tot wedergeboorte en van daar tot heiligmaking. Hy versorg ons, sodat ons heilig en sonder gebrek kan wees:
Manne, julle moet jul eie vroue liefh, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te h soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek s dit met die oog op Christus en die gemeente. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefh net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
(Eph 5:25-33)

soek_advies, al wat ek vir jou kan s is dat dit wonderlik is om met die regte vrou getroud te wees. Dit is absoluut die moeite werd om alles aan God oor te laat en Hom die kieswerk te laat doen.

soek_advies
Oct 15th 2011, 05:57 PM
Soek_advies

Indien sy jou sussie was, hoe sou jy haar berraad het :hmm:

hoop ek het die quote ding reg gedoen! Ek het al daaraan gedink en as sy my sussie was het ek vir haar gese sy verdien beter!

Son of the South dankie vir jou post ek kan net dink hoe ongelooflik is dit om met die regte een getroud te wees! en los verseker die kieswerk aan God maar daardie"as jy nie probeer nie sal jy nie weet nie" bly altyd by my

Ta-An
Oct 15th 2011, 06:27 PM
hoop ek het die quote ding reg gedoen! Ek het al daaraan gedink en as sy my sussie was het ek vir haar gese sy verdien beter!

Eintlik is dit nie wat jy s nie.....

Ek kan onthou wat my Ma aan my ges het.....
"Ma, ek wag vir die perfekte man voordat ek 'Ja' s"
"My kind, passop net, as jy hom kry, dan soek hy dalk na die perfekte vrou"

Sterkte :hug:

soek_advies
Oct 16th 2011, 05:55 PM
Ek kan onthou wat my Ma aan my ges het.....
"Ma, ek wag vir die perfekte man voordat ek 'Ja' s"
"My kind, passop net, as jy hom kry, dan soek hy dalk na die perfekte vrou"


shoe ek het daai een nie gesien kom nie! maar probeer jy se n mens moet settle?
Ek glo altyd die een is perfek vir die ander een in al hulle "foute" maw die perfekte vrou sal die perfekte man kry

En Dankie

Ta-An
Oct 16th 2011, 06:38 PM
shoe ek het daai een nie gesien kom nie! maar probeer jy se n mens moet settle?
Ek glo altyd die een is perfek vir die ander een in al hulle "foute" maw die perfekte vrou sal die perfekte man kry

En Dankie Sterkte!!

Daar bestaan nie iets soos "perfeksie" nie, want ons lewe in 'n sondige wreld.

Wanneer ons dink dat ons 'perfek' is, dan is ons te trots om ons eie foute raak te sien. :(

soek_advies
Oct 16th 2011, 07:30 PM
ek het wel gese perfek met al hulle FOUTE! maw wat ek bedoel is nie eintlik perfek nie maar perfek vir mekaar met hulle foute en soos hulle is! Ek weet ek is nie perfek nie maar ek glo dat ek perfek vir my vrou gaan wees en sy vir my ten spyte van al ons FOUTE! Dit klink vir my asof jy se 'n mense moet settle?

En ja miskien is ek jonk, naif en dink aan "sprokies liefde" en ek weet ek moet nog BAIE leer maar dis wat ek op die oomblik glo!

Maar weereens dankie

MercyChild
Oct 17th 2011, 09:57 AM
[QUOTE=soek_advies;2755070]

So ek en 'n dame( ouderdom 22 en 23) was die afgelope 3 maande saam en so in die middel van die 3 maande het ek haar gevra of sy al saam iemand geslaap het! sy het stil geraak en vir my gese ja maar...dit was nie so nie.. Toe het ek haar gevra was dit vrywillig en sy het gese nee! Sy se toe ook vir my dit is nie meer deel van haar lewe nie en sy en God het dit uitgesort en sy is eintlik nog "pure"!! Net sodat julle die agtergrond het

Was dit haar keuse?? Was sy op die verkeerde plek of die verkeerde tyd? Was dit haar skuld? Dit blyk of sy dit vir God oorgee het, miskien moet jy dieselfde doen.

Skuus as ek sommer so inval en dalk te veel te s het, maar as sy dit nie vrywillig was nie, kan jy besef wat dit aan haar gedoen het? Kan jy besef hoe sy moes gevoel het, en wat sy moes deurmaak om dit eindelik vir God oor te gee? Miskien sie sy haarself as "pure" omdat dit juis nie was wat sy wou gehad het moes gebeur het nie.

Jammer mans: Maar as hulle wat seks afdwing of verkrag net vat wat hulle wil net kan besef watter letsels hulle in 'n vrou wat dit deurgaan nalaat, sal hulle dalk twee keer dink om dit nie te doen nie? Ek weet nie, maar wat ek wel kan s as hierdie die geval was met jou meisie, is daar reeds baie van haar vrouwees gesteel en dat daar reeds baie seer agtergelaat is. Ek sou myself ook as "pure" sien veral as dit nie ek was wat die keuse gemaak het nie. Waar l die fout. God het ons elkeen ons eie wil gegee om te doen soos ons wil, en God is geen leuenaar nie en sal nie ons wil van ons wegneem nie. So, as 'n man oor die drempel trap en sy wil uitvoer, dan kom dit nie van God af nie, maar mens laat sy eie wil geskied.

Was God die oorsaak? Totaal en al nie, maar die fout l by die mens..........

Miskien het ek meer ges as wat ek moes, en as ek het, vra ek verskoning daarvoor

soek_advies
Oct 17th 2011, 06:16 PM
nee Mercychild ek wil juis hoor wat almal te se het en wat almal se opinies is! En ja dit feit dat dit nie uit "vrye wil" gebeur nie het nie maak die situasie net nog erger. Ek probeer elke dag dit alles aan God oorgee maar dit bly nogsteeds by my!

Ek besef BAIE goed wat alles aan haar gedoen het en hoe sy moet voel...ek besef dit seker so goed as wat n mens kan(behalwe as dit met jou persoonlik gebeur het)




God het ons elkeen ons eie wil gegee om te doen soos ons wil, en God is geen leuenaar nie en sal nie ons wil van ons wegneem nie. So, as 'n man oor die drempel trap en sy wil uitvoer, dan kom dit nie van God af nie, maar mens laat sy eie wil geskied.

Was God die oorsaak? Totaal en al nie, maar die fout l by die mens..........


Daardie gedeelte het my o bietjie laat oop gaan. Sy is wel nie meer my meisie nie maar probeer nogsteeds aan soo 'n situasie te werk vir as ons miskien iewers weer bymekaar uitkom of whatever

Son of the South
Oct 18th 2011, 05:20 AM
Mag ek die draad vir so klein oomblikie skaak? :)

soek_advies, ek het net gewonder of jy bekend is met e-Sword? :bible: Het jy geweet dat jy die Bybel in Afrikaans gratis kan aflaai hier (http://www.e-sword.net/)? Ek het sommer net aan jou gedink en dat jy nog so rukkie in die vreemde is en so...:D

MercyChild
Oct 18th 2011, 06:01 AM
Sy is wel nie meer my meisie nie maar probeer nogsteeds aan soo 'n situasie te werk vir as ons miskien iewers weer bymekaar uitkom of whatever

Al wat jy nou kan doen is om net te probeer verstaan en haar nie verder te verwerp nie of sy nou jou meisie is of nie, ek glo iemand in haar posisie het reeds 'n "struggle" met "trust issues".
Ek dink eerder jy is meer teleurgesteld in die persoon wat dit veroorsaak het, en dat hy die eintlike rede is dat jou droom van om eendag met 'n maagd te trou, vir jou verstrooi het.

soek_advies
Oct 27th 2011, 07:58 AM
Ja dankie Son of the South! Ek het hom maar het nie geweet 'n mens kan hom in afrikaans kry nie! het gesukkel maar het hom nou ...dankie

MercyChild ek weet darm nie alles is maar so deurmekaar! Ek het nou maar so semi besluit ek gaan nooit oor dit kom nie... (seker sleg so maar miskien GROOT miskien eendag sal ek vrede vind maar dit gaan maar 'n lang proses wees en ek weet nie of dit ooit gaan gebeur nie

CFJ
Oct 30th 2011, 08:47 AM
Hallo soek_advies,

Ek het met belangstelling jou interessante draad gelees en ook die goeie advies van ander aan jou en ek glo nie jy sou dit hier kom plaas het, as jy nie 'n eerlike soeke na die waarheid het nie. Wat presies sou jy van hierdie gedeelte maak en wat is die praktiese implikasie van dit in jou en ook enige ander mens se lewe?



Kom nou en laat ons die saak uitmaak, s die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
(Jes 1:18)


Wat maak jy van hierdie gebed wat Jesus ons geleer het en hoekom is vergifnis die enigste onderwerp in hierdie model-gebed, wat Hy herhaal? Ek is seker daar is 'n baie groot boodskap daarin, dat Jesus dit juis herhaal het, want ek dink Hy het geweet ons sou sukkel daarmee...



en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
(Mat 6:12)


Om ons in geen duister te laat nie, het die Here dit vrder baie duidelik gemaak...



Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
(Mat 6:14-15)

En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
(Mar 11:25-26)


Dit is die heel moeilikste ding vir alle mense om te doen, om iemand anders werklik volkome te kan vergewe. Ons almal sukkel daarmee en jy is maar net eerliker as meeste van ons, maar mag almal wat hier lees vir jou bid! :pray:

soek_advies
Oct 31st 2011, 10:20 AM
Baie dankie CFJ veral dat jy die moeite gedoen het om alles te lees

Die ding wat die ergste is, is dat ons nie uit is agv 'n sogenaamde "legit" rede nie. bv Iemand het op mekaar verneuk of voel nie meer dieselfde nie. Elke keer wanneer ek myself probeer oortuig dat ek verby alles kyk dan kry ek weer sulke prentjies in my kop en ons altwee sukkel maar om "te laat gaan"

Maar geniet julle week

CFJ
Oct 31st 2011, 12:41 PM
Baie dankie CFJ veral dat jy die moeite gedoen het om alles te lees

Die ding wat die ergste is, is dat ons nie uit is agv 'n sogenaamde "legit" rede nie. bv Iemand het op mekaar verneuk of voel nie meer dieselfde nie. Elke keer wanneer ek myself probeer oortuig dat ek verby alles kyk dan kry ek weer sulke prentjies in my kop en ons altwee sukkel maar om "te laat gaan"

Maar geniet julle week

As enige mens 'n fout maak soek_advies, is die kruks van die saak of so een sy fout regverdig of nie. Ek ken persoonlik iemand wat met 'n 'virgin' getrou het en 'n paar jaar later het sy 'virgin' hom verneuk met 'n ander man en iets wat rein begin het, kon nie deur vleeslike tekens rein gehou word nie. Om skoon en rein te wees, is veel meer 'n gesindheid van die hart as wat dit oor vleeslike tekens gaan. Iets s my net jy en jou meisie (EX) is nog nie totaal verlore vir mekaar nie en die toets van haar reinheid is of sy werklik haar fout erken en nie weer sal sondig nie. Dit is wat Jesus elke keer ges het, jy is vergewe, maar gaan en sondig nie meer nie...