PDA

View Full Version : 17 Jarige Skool meise se verbrande lyk gevind!



Ta-An
Oct 13th 2011, 06:57 PM
http://www.sabc.co.za/news/tag/Louise_De_Waal
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Serial-rapist-admits-to-killing-schoolgirl-20111013
http://www.sabc.co.za/news/a/7474ab8048ac8565b17bf1042440b4c3/Police-confirm-arrest-in-school-girl-murder-20111013


Louise De Waal, 17 jarige Roodepoortse (Voorstad : Florida) skoolmeisie van Horskool Die Burger, se verbrande liggaam is op 'n plaas in Magaliesburg gevind.

Die De Waal ouers het die meisie se liggaam geidentifiseer op 'n naeltjie-ring wat sy gedra het...... so verbrand was die arme kind se lyf!!

Die meisie en haar vriendin het om 7vm op pad skool toe gestap, 'n man stop langs hulle , en dwing die arme kind met 'n pistool in 'n bakkie in!
Die vriendin het weg gekom,


Hoe siek moet 'n mens wees om sulke dade te verrig?
EN dit is nie sy eerste oortredinge nie, hy was al 3 jaar lank in die tronk oor vorige oortreedinge!!

Dit is in tye soos die dat ek stem dat die doodstaf terug kom :yes:

Die Filadelfieer
Oct 14th 2011, 05:41 AM
Dit is baie sleg Ta-An. Ek kan nie dink wat deur 'n mens se kop gaan om dit aan 'n meisie te doen nie, om nie eers te praat van hoe die ouers dit gaan verwerk nie............

RR van Wyk
Oct 14th 2011, 05:47 AM
Ek wonder of die doodstraf genoeg sal wees... :( Ek wens Jesus wil terugkom!!!

Ek het juis gister gewonder of die Hemel al so gewoond geraak het aan die geweld, moord en doodslag op hierdie aardbol die laadste paar duisend jaar, dat dit al misgekyk word.

trudie
Oct 14th 2011, 05:49 AM
Ek dink ook nie dat enige persoon hom die vrees kan voorstel wat die arme kind beleef het nie.

Die Filadelfieer
Oct 14th 2011, 05:59 AM
Moord en verkragting het 'n pandemie in Suid Afrika geraak. Sommige bronne reken dat ons verkragtingsyfer ver oor die 300 000 gevalle per jaar is. Verstaan ons aldag hoe erg dit is ?

Hierdie artikel verskyn in die Beeld vandag, en is sprekend van ons land se mentaliteit :

‘As jy seks wil h, verkrag!’ (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/As-jy-seks-wil-he-verkrag-20111013)


Wat die doodstraf betref, en sienende die huidige politieke spelinge in die regsbanke, dink ek nie dit is 'n goeie idee om dit terug te bring nie.
As mens kyk na die Ratte geval (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Staat-los-Ratte-saak-20111013), is hy, SONDER BEWYSE, aangekla van kinderpornografie,dwelmbesit ens, bloot omrede hy wit jong mans probeer oplei het as vakmanne. Dieselfde aanklaers gaan besluit of jy die doodstraf moet kry of nie.

Son of the South
Oct 14th 2011, 06:07 AM
Fila, ek is bevrees wat jy s is waar. Die owerhede is veronderstel om die kwaaddoeners te straf, maar hulle kan nie met daardie verantwoordelikheid toevertrou word nie. Dit is waarvoor God hulle aanstel en dit is waarvoor ons belasting betaal. Iewers sal God moet intree:
Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang. Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte. Maar wil jy die mag nie vrees nie, doen wat goed is, en jy sal lof van hom ontvang; want hy is n dienaar van God, jou ten goede. Maar as jy kwaad doen, vrees dan; want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is n dienaar van God, n wreker om die een wat kwaad doen, te straf. Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete. Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is. Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
(Rom 13:1-7)