PDA

View Full Version : NG Kerk : Die begin van die einde ?



Die Filadelfieer
Oct 14th 2011, 09:35 AM
Ek vermoed sterk hier kom weer 'n skeuring in een van die sg. "susterskerke" ( As mens na die redes vir die ja stem luister gaan dit eerder oor mense verhoudinge as oor mens se verhouding met God ) :

(BRON)

(http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Reuse-ja-vir-Belhar-20111013)
Reuse-ja vir Belhar

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1613/3b7d57f740074ad8a6f97eff26376efe.jpg Afgevaardigdes na die algemene sinode van die NG Kerk stem?–?deur oranje kaartjies op te steek?vir en bloues teen?–?oor die voorstel dat die belydenis van Belhar deel moet word van die belydenisgrondslag van die NG Kerk.



Neels Jackson

Die NG Kerk se algemene sinode het gister in Boksburg met ’n oorweldigende meerderheid gevra dat die belydenis van Belhar deel van die kerk se belydenisgrondslag moet word.

Die besluit, wat na skatting deur meer as 90% van die afgevaardigdes gesteun is, beteken egter nog nie Belhar is nou ’n belydenisskrif van die NG Kerk nie.

Daarvoor moet ’n lang en uitvoerige proses nou eers gevolg word waarin gemeentes, kerkrade en streeksinodes hul instemming moet gee.

Die algemene sinode het egter baie duidelik aangetoon watter koers hy dink die NG Kerk moet inslaan.

Die sinode het ook vroeŽr as deel van sy beleid oor kerkeenheid besluit dit sal nie van almal verwag word om Belhar te onderskryf nie, al is dit deel van die belydenisgrondslag van die kerk.

Die besluit is nŠ ’n debat van sowat twee uur op die sinode en nŠ 25 jaar van kerklike toutrekkery in die NG Kerk self en in die familie van NG Kerke geneem.

In gister se debat was daar enkele stemme wat ou verwyte van bevrydingsteologie teen Belhar geopper het.

Vir die oorweldigende meerderheid van sprekers was Belhar egter ’n dokument waarin hulle hoor wat die stem van die Here oor kerkeenheid, versoening en geregtigheid sÍ.

Verskeie ondersteuners van Belhar het ook aangedui dat hulle die belydenis nie in die eerste plek ter wille van kerkeenheid ondersteun of om die Verenigende Gereformeerde Kerk ter wille te wees nie.

Hulle doen dit omdat hulle oortuig is van die inhoud van die belydenis.

Ds. De la Harpe le Roux van Bloemfontein het byvoorbeeld gesÍ hy werk onder arm en gemarginaliseerde mense van alle rasse – “die stukkendes wat niemand anders wil hÍ nie”.

Sy noodkreet was: “Ek het Belhar verskriklik nodig ... ”

Prof. Piet Meiring van Pretoria het gesÍ die NG Kerk se lidmate sal nog dankie sÍ, want Belhar het ’n boodskap oor mense wat verstoor voel en arm is.

Dr. Francois Wessels van Kaapstad het gesÍ Belhar se boodskap van versoening is nou van wesenlike belang vir Suid-Afrika.

Versoening tussen God en mense kan nie van versoening tussen mense geskei word nie.

Dis hoekom Jesus mense aangeraai het om hul offer by die altaar te los en eers verhoudinge met medemense te herstel voordat hulle die offer bring.

Wessels wou weet: Kan ons sonder die belydenis lewe?

NŠ die debat moes afgevaardigdes oranje kaartjies opsteek as hulle die voorstel steun of blou kaartjies as hulle daarteen stem.

’n See van oranje met enkele blou spatseltjies het bo alle twyfel getoon dat die algemene sinode vir Belhar gekies het.

In die gesprekke binne die NG Kerkfamilie is daar in ’n stadium gesÍ die aanvaarding van Belhar sal die lakmoestoets wees op die vraag of die NG Kerk werklik van apartheid afskeid geneem het.

AndreHa
Oct 14th 2011, 10:08 AM
Jy's reg Fila.

Al die leiers in die NG kerk kan dan nie eers saamstem dat ons God die lewende God is nie. Van hulle glo in 'n dooie God - een wat nie meer wondere doen nie, een waarvan mens net praat, waarvan niemand al persoonlike ervaring gehad het nie. Ek is spyt om 'n NG lid te wees...

Kalahari
Oct 14th 2011, 10:11 AM
Fila

Ek is eintlik al baie moeg vir Belhar. Dit wys net, indien mens nie bereid is om beginselvaste besluite te neem nie, 'n probleem nie vanself weggaan nie. Ek het weer Belhar gelees en die indruk is dat dit geskryf is teen die stand van apartheid en afsonderlike kerke. Sover my kennis strek opereer die kerk nie meer amptelik volgens die model nie. Dus is my vraag wat se waarde het Belhar vandag, behalwe om te wys aan die VGK dat ons erken apartheid was verkeerd. Ek sien regtig geen belydenisgrondslag in Belhar wat dit noodsaaklik maak vir die kerk nie. Verstaan my mooi, die dinge wat Belhar bely is prysenswaardig, maar dit is volgens my nie 'n belydenisskrif nie. Sou dit soos dit geformuleer is nog steeds oor 200 jaar noodsaaklik wees en iets sÍ oor ons verhouding met God en mekaar wat nie alreeds vervat is in ander geskrifte nie. Indien apartheid nie toegepas was nie, sou dit noodsaaklik wees?

Ek dink regtig nie ons hoef skaam te wees om nie Belhar te ondersteun nie. Indien die VGK dit 'n vereiste maak vir enige samewerking, dan soek hulle nie regtig samewerking nie. Samewerking hoort nie in belydenisskrifte nie, maar op grondvlak. Indien dit nie prakties toegepas kan word nie, wat se betekenis het dit dan. Ek dink die kerk het apartheid al hoekal begrawe en aangebeweeg, dit is so jammer dat die VGK nie lyk of hulle dieselfde kan doen nie. Hoeveel keer moet mens nog sÍ jy is jammer en jy het berou, of moet mens dit net doen op die wyse wat die VGK voorskryf om opreg te wees.

Die perd is al morsdood geslaan en ek dink dit is tyd dat ons hom begrawe. Lyk my party sinode afgevaardiges het soveel geraamtes in die kas van die verlede dat hulle nie nou die ruggraat het om die regte besluit te maak nie. Hulle skuld ry hulle tot vandag toe en hulle bly skaam. Dit lyk vir my dat die skaamgeit veral in die Kaap is.

Kalahari

Mazal
Jan 4th 2012, 05:19 AM
Waar kan ek die Belhar sien om dit te lees ? Dis eerste keer wat ek van dit hoor

Die Filadelfieer
Jan 4th 2012, 05:27 AM
Waar kan ek die Belhar sien om dit te lees ? Dis eerste keer wat ek van dit hoor

Jy kan hier (http://www.kerkweb.org/node/1430) klik vir 'n weergawe in Afrikaans.

Mazal
Jan 4th 2012, 05:55 AM
Dankie , ek het dit gaan lees en ek moet sÍ sommige van dit klink vir my baie tegnies. Ek voel altyd dat mens nie so tegnies moet raak dat jy vergeet om die Here te dien en die Here verloor nie.

Ta-An
Mar 22nd 2012, 06:13 PM
Hoeveel het die aanvaarding van Belhar te doen met die toekomstige "Een WÍreld Kerk" :hmm:

Die Filadelfieer
Mar 23rd 2012, 05:34 AM
Hoeveel het die aanvaarding van Belhar te doen met die toekomstige "Een WÍreld Kerk" :hmm:

Die idee van Belhar, nl 'n vervanging van 'n verhouding met God met 'n verhouding met mense val nogals netjies in daardie scenario in klink dit vir my ?

Ta-An
Mar 23rd 2012, 06:35 AM
Fila, wat my 'bang' maak is dat die mens, so mens-georieŽnteerd raak..... wanneer ek met die in die een hand sit, en met die evolusie/rassisme in die ander hand... dan wonder ek, wat het van die 'mens' geword !!??

Johnny
Jul 11th 2012, 08:15 AM
Hierdie draad moet eintlik lees: "Die kerk....die einde en die nuwe begin". Dit is hoe naby ons aan die wederkoms gekom het wat die kerk aan betref. Die ware kerk is op die oomblik net 'n "REMNANT".

http://remnant.cc/wp-content/uploads/2011/08/remlogo11.png