PDA

View Full Version : Waarmee hou jy jouself besig?



Ta-An
Oct 20th 2011, 09:29 PM
Wat is jou stokperdjie?
Waarmee is jy besig?

trudie
Oct 21st 2011, 06:27 AM
Ek brei,maak tuin en lees.Ek het begin hekel maar ek hou meer van brei.Ek is besig om 'n Moebius serp te brei.Ek gebruik 'n sirkel naald en ek het nog nooit van te vore gesien hoe word dit gedoen nie.Ek het so bietjie op you tube gekyk.Volgens die aanwysing moet die steke op gesit word sodat die steke mooi in die " sirkel " versprei is.ek het so gemaak en begin brei.Toe ek later moeg raak vir die storie ,het ek besluit ek moet maar liewe rdie steke tel.Ek het so elke 20 steke 'n steek teller gesit en uitgevind daar is amper 500 steke op.Ek is nou amper klaar met die serp en sal eers dan sien wat ek gebrei het.Ek behoort aan 'n breigroep en daar is gelukkig ervare breiers wat my kan raad gee aangesien ek nog nie gekonfyt met die breiery is nie.

Ta-An
Oct 21st 2011, 11:13 AM
Nee, maar wys vir ons hoe dit lyk :yes:

Ta-An
Oct 21st 2011, 11:14 AM
Ek brei,maak tuin en lees.Ek het begin hekel maar ek hou meer van brei.Ek is besig om 'n Moebius serp te brei.Ek gebruik 'n sirkel naald en ek het nog nooit van te vore gesien hoe word dit gedoen nie.Ek het so bietjie op you tube gekyk.Volgens die aanwysing moet die steke op gesit word sodat die steke mooi in die " sirkel " versprei is.ek het so gemaak en begin brei.Toe ek later moeg raak vir die storie ,het ek besluit ek moet maar liewe rdie steke tel.Ek het so elke 20 steke 'n steek teller gesit en uitgevind daar is amper 500 steke op.Ek is nou amper klaar met die serp en sal eers dan sien wat ek gebrei het.Ek behoort aan 'n breigroep en daar is gelukkig ervare breiers wat my kan raad gee aangesien ek nog nie gekonfyt met die breiery is nie. 20 - 500 :hmm: Klink soos of dit pas by die versnelling op Kyalami :lol:

trudie
Oct 21st 2011, 03:57 PM
ek sal skryf as die serp klaar is.Ek het 'n artikel met foto gesien van 'n sjaal wat gemaak is met gehekelde 'granny' blokke en die prys is 'n hele 400 britse pond.Dit was te koop in een van die eklusiewe winkels in London.Ek het amper my koppie tee koppie en al ingesluk toe ek vinnig bereken het wat dit in ons rand is.

Ta-An
Oct 21st 2011, 04:15 PM
So een van die dae kan jy die Britse mark voorsien :)

trudie
Oct 21st 2011, 04:20 PM
ek sal maar liewer nie probeer nie en los dit vir die wat weet hoe.Ek gee maar baie van wat ek brei weg.Ek het al so baie waslappe en kouse weg gegee.Kort kort sal van my vriedinne vir nog waslappe vra en gelukkig is daar nie breipolisie nie,anders was ek lankel in die warm water.

Ta-An
Oct 21st 2011, 04:31 PM
'n Gebreide waslap :hmm: Nog nooit van so-iets gehoor nie?

trudie
Oct 21st 2011, 06:36 PM
Ek gebruik 100% katoen ,probeer een ,jy sal verras wees.Of as jy jou adres stuur sal ek vir jou een brei.kies die kleur.

Ta-An
Oct 23rd 2011, 02:22 PM
Ek gebruik 100% katoen ,probeer een ,jy sal verras wees.Of as jy jou adres stuur sal ek vir jou een brei.kies die kleur. :monkeyd: PERS :monkeyd: PERS :monkeyd: PERS :monkeyd: PERS :monkeyd:PERS :monkeyd:

trudie
Oct 23rd 2011, 05:13 PM
sal kyk of daar pers is,ek gaan Dinsdag .

Ta-An
Oct 23rd 2011, 07:49 PM
sal kyk of daar pers is,ek gaan Dinsdag .Trudie, wat se katoen gebruik jy??

trudie
Oct 24th 2011, 12:31 PM
ek gebruik 100 % dubbel draad katoen .Dit word gespin en verkoop onder die naam Vinnis Colours.Dit is 'n plek in die Kaap wat dit spin..Dit is nie so styf gespin soos van die ander wat ook plaaslik te koop is nie.

Ta-An
Oct 24th 2011, 08:35 PM
Ek het nou op die internet gaan soek na gebreide waslappe.... ek kon nie glo hoeveel breipatrone daar daarvoor is nie :o

Ta-An
Oct 24th 2011, 08:40 PM
Is dit hoe (http://www.flickr.com/photos/40468911@N06/4528080580/)die breidraad lyk??

trudie
Oct 25th 2011, 11:01 AM
Toe ek weer begin brei het ,het ek ook op die patrone afgekom. Aanvanklik het dit vir my vreend gelyk maar tot in die kombuis werk dit soos 'n bom.Dit sal die mees delikate opervlak sonder moeite skoon maak ,sonder om dit te krap.

trudie
Oct 26th 2011, 04:29 PM
ek het na die skakel gekyk.Die foto is van Bamboo en die katoen lyk amper so.Die Bamboo is ook geskik vir serpe en sjaals en is glad nie warm nie.my een vriendin wat daar mee gehekel het ,het bevind dit is bietjie geneig om nie goed vorm te hou nie.die katoen hou nogal goed vorm en is duursaam.

mari
Nov 16th 2011, 06:30 AM
as die spenners te grieserig raak beginne ekke te kap en krap
10170
.... fieterjasies van swarthout .......
:butterfly:

Ta-An
Feb 17th 2012, 07:00 PM
trudie, hoe vermeerder jy steke,,,, dit lyk baie netjies,,, myne lyk soos 'n mal spinnekop wals :o

trudie
Feb 18th 2012, 03:26 PM
Ek gebruik die brei in die voorkant soos normaal en dan ook in die agterkant van die steek.Ek kan jou na 'n webtuiste verwys maar weet nie of ek mag nie.Ek het so baie geleer en daar is ook youtube verwysings.Met die waslap het ek die heel eerste steek( ek moet engels gebruik want ek kan nie in Afrikaans brei nie ) purl wise geslip en die heel laaste steek knit wise gebrei en volgens een van my brei vriedinne gebruik sy die metode vir al haar breiwerk.
Vir die waslap het ek die eerste steek geslip en dan in die voor en agterkant van 2de steek gebrei.

Ta-An
Feb 18th 2012, 07:09 PM
Ek gebruik die brei in die voorkant soos normaal en dan ook in die agterkant van die steek.Ek kan jou na 'n webtuiste verwys maar weet nie of ek mag nie.Ek het so baie geleer en daar is ook youtube verwysings.Met die waslap het ek die heel eerste steek( ek moet engels gebruik want ek kan nie in Afrikaans brei nie ) purl wise geslip en die heel laaste steek knit wise gebrei en volgens een van my brei vriedinne gebruik sy die metode vir al haar breiwerk.
Vir die waslap het ek die eerste steek geslip en dan in die voor en agterkant van 2de steek gebrei.
Ahhh, ek slip in 'knit'... ek het wel ook eers die 2e steek vermeerder, maar dit maak so 'n 'randjie' (border)... verwys jy na "rafelry" :hmm: ... ek sal gaan kykhttp://bibleforums.org/images/smilies/eureka.gif .... my breinaalde was ook te dik :(

trudie
Feb 19th 2012, 02:34 PM
Ja,dit is ravelry.com.Jy sluit aan en kan jy by groepe volgens jou keuse aan sluit ,as jy wil.Jy hoef nie.Daar is as jy die forums opsie kies 'n paar wat outomaties op kom.Brei patrone is beskikbaar om te koop en ook gratis.Knittinghelp.com is ook oulik.Lekker brei.Soos iemand geskryf het,daar is nie breipolisie nie.

Ta-An
Feb 19th 2012, 05:06 PM
Ek gaan my lappies lostrek en oorbrei met dunner naalde :idea: Dit is die terapie wat vir my meer belangrik is...

trudie
Feb 20th 2012, 10:03 AM
Dit is hoekom ek van brei hou.Tot so omtrent 3 jaar gelede het glad nie van brei gehou nie,nou is ek mal daar oor.Dit hou die hande besig en sommer ook die kop.

Ta-An
Feb 20th 2012, 10:06 AM
Gebruik jy 'n nr 8 naald?

trudie
Feb 20th 2012, 10:34 AM
Dit hang af van die brei gare.Vir waslappe gebriuk ek no 8 (4.0) en vir kouse gebruik ek 12 (2.75) en 13 (2.5).Ek brei op die oomblik 'n moebius serp met 4 draad wol en ek gebruik no 4(6.0) sirkel- naald met lengte120 cm.

Ta-An
Feb 20th 2012, 12:03 PM
Ek maak kussingslope... ek gebruik al die lap in my kas om leeg te maak...

trudie
Feb 20th 2012, 12:51 PM
Ek het 'n patroon gekoop met die naam Beekeepers quilt gekoop en dit is 'n baie slim manier om al die oorskiet wol op te gebruik.Dit is basies 'n seshoekige sakkie wat jy brei en dit effens opstop voor die toemaak van die sakkie.Die metode is die selfde as die begin van kouse wat van die toon af gebrei word.As mens dan baie van die sakkies het word dit aan mekaar geheg deur wol deur 4 hoeke te steek en dan word dit geknoop.Ek moet nog net verby hierdie steke op sit kom.op die trant sal ek my oorskiet wol gebruik en nie los vir motte kos nie en dan het ek sommer 'n nuwe tegniek aangeleer.

Ta-An
Feb 20th 2012, 02:41 PM
Hier is 'n waslap patroon (http://www.groupepp.com/dishbout/kpatterns/grfavorite.html)...:lol: amper sÍ ek "resep"

trudie
Feb 20th 2012, 03:48 PM
dit is een van die patrone wat nogal die langste sy vorm hou.Ek het al baba komberse gesien wat die patroon gebruik.Ek het ook baie mense se kommentaar gelees wat "recipe" gebruik.Ek sukkel nog om die gaatjies wat die yo maak die selfde grote te hou as mens begin verminder.Myne is altyd se effe groter.

Ta-An
Feb 24th 2012, 05:13 PM
Om met die dunner naalde te brei en om 'purl' te slip, lyk my breiwerk sommer baie spoggerig :monkeyd:

trudie
Feb 25th 2012, 08:47 AM
Nou moet jy begin kouse brei met die in die rondte metode,toe ek die eerste keer dit gebrei het en reg gekry het, was ek so trots op myself dat ek sommer die kous gesoen het.

paidforinfull
Dec 27th 2014, 02:17 PM
Ek hou van 'arts and crafts' - spesifiek om boksies, skinkborde, tissue boksies ens. te verf. Ek luister lekker musiek terwyl ek dit doen.

Verder hou ek ook van dig, lees, en veral tuinwerk. My tuin kom nou pragtig aan, en binne twee dae gaan ek van my eie piesangs beginne eet.

Hekel is ook lekker - niks moeilik nie, maar ek hekel op die oomblik 'n kombersie om in die sitkamer te sit vir wanneer ons TV in die winter kyk. O ja, dit herhinner my: ek hou baie van die ou swart en wit flieks, veral die ou 'mysteries' soos Sherlock Holmes ens.

Geniet julle dag,
Belinda

Ta-An
Dec 27th 2014, 02:32 PM
Hello B.
Ek het verlede week heerlik Appelkoos konfyt en blatjang gekook...
Hierdie jaar het ek ook geleer on "Broomstick hekelwerk te doen ;) Ek geniet dit om besig te bly....dit is baie goedkoper as "Terapie" :lol:

ek het ook Prik-en-Stik kaartjies gemaak... en sal eendag weer onthou hoe om prentjies hier te plaas

paidforinfull
Dec 27th 2014, 02:51 PM
Hello B.
Ek het verlede week heerlik Appelkoos konfyt en blatjang gekook...
Hierdie jaar het ek ook geleer on "Broomstick hekelwerk te doen ;) Ek geniet dit om besig te bly....dit is baie goedkoper as "Terapie" :lol:

ek het ook Prik-en-Stik kaartjies gemaak... en sal eendag weer onthou hoe om prentjies hier te plaas


Haai Ta-An. Hoe gaan dit?

Aai, blatjang! Daar's mos nie so iets hier nie. My ma kuier op die oomblik by ons en sy gaan my leer hoe om blatjang te maak. Ek kan nie WAG nie!!

Wat is 'broomstick' hekelwerk? Ek het nog nie daarvan gehoor nie (toemaar - ek het dit gou op die internet opgesoek. Baie mooi en interessant). Ek het wel ook 'Afghan knitting' probeer - dit is 'n kombinasie van hekel en brei, maar neem baie lank.

Dit klink my jy is ook 'n 'arts and crafts' mens :). Ag, dis te lekker, ne? Ek gaan netnou 'n 'stationary' houer vir my lessenaar verf. Ek wou altyd graag Bauernmalerei leer, maar daar's niemand hier om my te leer nie. Nou leer ek maar ander tegnieke van YouTube af (veral die aftrek en verf tegniek :lol: ).

Tatta
B.

Ta-An
Dec 27th 2014, 03:49 PM
In watter seisoen is julle noe, kan jy vars vrugte soos appelkose bekom?
Hier is 'n lekker resep:
1 Kg ryp appelkose
1/4 K fyn wit ui
1/2 K wit suiker
1/2 K Treacle (Donker bruin suiker)
1/2 K Sultanas
1/2 Appelasyn (apple cider vinegar)
1/2 E vars gerasperde gemmer
1/2 t droe mosterd
1/2 t Allspice
knippie sout (1/2 ml)
1/2 ml gemaalde naeltjies
1/2 ml rooi peper
Maal appelkose en sultanas en uie
Kook alles saam totdat dit lyk soos fyn konfyt (Vir my lyk dit asof dit 'blink' )

trudie
Dec 28th 2014, 07:31 PM
Ek is op soek na 'n resep vir 'bread and butter pickles. Ek het 'n bottel as geskenk gekry .Daar is resepte op die internet maar is te groot vir een person .My een vriendin het dit gekoop tydens die Yarn Indaba so 'n ruk terug .

trudie
Dec 28th 2014, 07:38 PM
Ek het amper vergeet .Ek het vir my 'n patroon op Ravelry gekoop ' Deconstructed Cowl ' gekoop .Die idee is om stroke te brei met verskillende kleure en patrone .dit word dan soort van saam gevleg en word dan 'n meng en pas serp .Elke serp het 2 knoopsgate op een end en mooi knope aan die ander end.

Ta-An
Dec 28th 2014, 07:46 PM
Ek is op soek na 'n resep vir 'bread and butter pickles. Ek het 'n bottel as geskenk gekry .Daar is resepte op die internet maar is te groot vir een person .My een vriendin het dit gekoop tydens die Yarn Indaba so 'n ruk terug . Hello Trudie!!
Deel die resep in twee ;)
http://www.cooks.com/recipe/xc2v42lz/prize-winning-bread-and-butter-pickles.html

paidforinfull
Dec 29th 2014, 03:30 AM
In watter seisoen is julle noe, kan jy vars vrugte soos appelkose bekom?
Hier is 'n lekker resep:
1 Kg ryp appelkose
1/4 K fyn wit ui
1/2 K wit suiker
1/2 K Treacle (Donker bruin suiker)
1/2 K Sultanas
1/2 Appelasyn (apple cider vinegar)
1/2 E vars gerasperde gemmer
1/2 t droe mosterd
1/2 t Allspice
knippie sout (1/2 ml)
1/2 ml gemaalde naeltjies
1/2 ml rooi peper
Maal appelkose en sultanas en uie
Kook alles saam totdat dit lyk soos fyn konfyt (Vir my lyk dit asof dit 'blink' )



Baie dankiie - ek wonder, kan mens mangos of piesangs i.p.v. appelkose gebruik? Die appelkose hier is klein en vrek duur.

B.

Ta-An
Dec 29th 2014, 10:53 AM
Baie dankiie - ek wonder, kan mens mangos of piesangs i.p.v. appelkose gebruik? Die appelkose hier is klein en vrek duur.

B. Jy sal seker kan.... my sus het nou die dag blatjang van lemoene gemaak,,, heerlik!!
mens maak Perske blatjang.... so veselperske kan ook werk :)
Ek weet nie so mooi van piesengs nie, mens gebruik gewoonlik 'n "suur" vrug soos appelkose, tamatie, pruime, kwepers... ek het self nog nooit kweper blatjang gemaak nie...

trudie
Dec 29th 2014, 06:22 PM
Dankie ek sal dit probeer .

Ta-An
Dec 29th 2014, 07:48 PM
Dankie ek sal dit probeer .
Kyk wat vind ek!!!!Die resep kom uit Voedselpreservering, Departement Onderwys en Kultuur, Administrasie Volksraad
Piesang blatjang
+- 400ml ryp piesang in skyfies gesny
2 Suurappels in dun skyfies gesny
2 klein uie
1 klein gron rissie 2 knoffelhuisies
250 g sultanas
600ml asyn
2 ml foelie (ek het nie 'n idee wat dit is nie)
10 ml fyn gemmer
15 ml sout
5 ml fyn kaneel
100 ml suiker
Rasper die ui en knoffel en kap die groenrissie fyn en meng dit met die piesang, appel en res van die bestanddele
Kook alles saam todat dit dik is
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

paidforinfull
Dec 29th 2014, 07:52 PM
Kyk wat vind ek!!!!Die resep kom uit Voedselpreservering, Departement Onderwys en Kultuur, Administrasie Volksraad
Piesang blatjang
+- 400ml ryp piesang in skyfies gesny
2 Suurappels in dun skyfies gesny
2 klein uie
1 klein gron rissie 2 knoffelhuisies
250 g sultanas
600ml asyn
2 ml foelie (ek het nie 'n idee wat dit is nie)
10 ml fyn gemmer
15 ml sout
5 ml fyn kaneel
100 ml suiker
Rasper die ui en knoffel en kap die groenrissie fyn en meng dit met die piesang, appel en res van die bestanddele
Kook alles saam todat dit dik is
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.



Dankie, A.

Foelie is 'mace' in Engels. Dit is baie soos nutmeg, net meer subtiel. Mens kan seker nutmeg gebruik as jy nie foelie het nie, maar net minder as die aangegewe hoeveelheid. Dis wat ek doen as ek lensie sop maak volgens die Kook en Geniet resep.

B.

Ta-An
Dec 29th 2014, 08:04 PM
Dankie, A.

Foelie is 'mace' in Engels. Dit is baie soos nutmeg, net meer subtiel. Mens kan seker nutmeg gebruik as jy nie foelie het nie, maar net minder as die aangegewe hoeveelheid. Dis wat ek doen as ek lensie sop maak volgens die Kook en Geniet resep.

B. :blush: Dankie... ek het juis in een van die resepte wat ek gedoen het, "mace" moes gebruik... en nou kan ek nie onthou wat ek gedoen het nie...:lol: