PDA

View Full Version : Bespreking Blommetjies en Bytjies



Die Filadelfieer
Oct 24th 2011, 11:39 AM
Wat moet jong kinders, kom ons hou dit maar by voor- en laerskool, oor seks geleer word ? ( Indien enigsins iets ! )

Soos wat ek verstaan gaan die laerskool curiculim van volgende jaar af demonstrasies met kondome en al die "teorie" rondom dit insluit. Is dit nodig dat ouers kapsie maak hierteen, of eerder self met hulle kinders oor die onderwerp gesels, of gaan mens van die uitgangspunt uit dat sulke jong kinders eintlik nog nie van sulke dinge moet weet nie ?

RR van Wyk
Oct 24th 2011, 01:54 PM
Ek verstaan nie mooi wat hulle wil bereik nie??
Hulle doen dit al jare in Amerika en deel kondome uit by hulle skole. En steeds het hulle daar meer as 'n miljoen aborsies per jaar.
Ek dink dit is hoogs debateerbaar of dit nie meer kwaad as goed doen nie.

Son of the South
Oct 24th 2011, 02:43 PM
Ek persoonlik hou glad nie daarvan dat hulle dinge onnodig aanwakker voor die tyd daarvoor ryp is nie. Verder hoop ek ons kan ons kinders leer om hulleself op te pas vir hulle huweliksmaats.

CFJ
Oct 24th 2011, 03:43 PM
Ons was almal kinders en mens kan net terugkyk om te sien wanneer jyself iets meer moes weet. Ek dink 'n ouer wat goeie komminukasie met hul kinders het, sal redelik akkuraat weet wanneer die tyd reg is. Omstandighede verskil en ook persoonlikhede verskil in so mate dat mens nie 'n spesifieke datum aan die tyd wat ryp is kan koppel nie. Dit is iets wat 'n ouer moet lees in 'n kind.

Ek weet wel een ding en dit is dat geen ouer 'n vuurwapen aan 'n 6-jarige sal gee om mee te speel nie en wat is kondome en seks in 'n metaforiese sin anders as 'n vuurwapen in kinders se hande? Volgens die Bybel het die Staat eintlik geen reg of besitreg op kinders nie en is die direkte gesag oor kinders hulle ouers s'n, as rentmeesters oor God se siele. Die huwelik as orde is volgens die Bybel steeds hor as die Staat s'n. Dit is nogal gevaarlik as die bemoeisieke Staat hul so inmeng in dinge wat hulle nie werklik aangaan nie. Die oomblik as jy jouself bemoei met ander se sake, maak jy droog en sondig jy en mens wonder hoe mense die staat se inmengery so ongesiens kon toelaat? 'Home schooling' maak bae sin in ons dag.

Son of the South
Oct 24th 2011, 04:13 PM
Ons was almal kinders en mens kan net terugkyk om te sien wanneer jyself iets meer moes weet. Ek dink 'n ouer wat goeie komminukasie met hul kinders het, sal redelik akkuraat weet wanneer die tyd reg is. Omstandighede verskil en ook persoonlikhede verskil in so mate dat mens nie 'n spesifieke datum aan die tyd wat ryp is kan koppel nie. Dit is iets wat 'n ouer moet lees in 'n kind.

Ek weet wel een ding en dit is dat geen ouer 'n vuurwapen aan 'n 6-jarige sal gee om mee te speel nie en wat is kondome en seks in 'n metaforiese sin anders as 'n vuurwapen in kinders se hande? Volgens die Bybel het die Staat eintlik geen reg of besitreg op kinders nie en is die direkte gesag oor kinders hulle ouers s'n, as rentmeesters oor God se siele. Die huwelik as orde is volgens die Bybel steeds hor as die Staat s'n. Dit is nogal gevaarlik as die bemoeisieke Staat hul so inmeng in dinge wat hulle nie werklik aangaan nie. Die oomblik as jy jouself bemoei met ander se sake, maak jy droog en sondig jy en mens wonder hoe mense die staat se inmengery so ongesiens kon toelaat? 'Home schooling' maak bae sin in ons dag.Ek stem met jou saam, maar ek sal jou moet reghelp wat die deel van vuurwapens betref. Kyk hierna (http://www.youtube.com/watch?v=b4yjZYVfWv0). Miskien moes jy volstaan het by: "...'n ouer wat goeie komminukasie met hul kinders het, sal redelik akkuraat weet wanneer die tyd reg is...."

Ta-An
Oct 24th 2011, 07:32 PM
Dit hang af van kultuur en morele standaarde.

Ek het op 'n stadium by 'n Christen skool onderwys gegee, en die opdrag vir Gesondheids Opvoeding was : Maak 'n plakkaat om gesonde leefstyle te bevorder.
Ek het iets soos vars groent en vrugte prentjies verwag.... :D en mense wat genoeg slaap en fiks bly,,, want dit is wat ek hulle oor geleer het. (graad 4)

Maar was tot in my murgpype geskok toe ek sien wat daar uitkom :o

Hoof opskrif was : Condomize

Prentjies wat mens in tydskrifte vind wat ek nie lees nie
Verpakking van die kondome :o

Ek was sommer naar!!

Ek stap toe na die hoof toe met die plakkaat, want ek weet toe nie so mooi hoe om die situasie te hanteer nie..... en hy s: Die mense leef so, hulle is baie bewus van die gevaar van Vigs en word geleer van 'hoe' om 'dit' veilig te doen.... want in sekere kulture is dit heel aanvaarbaar :o

Dit kom van gemengde skole !!

Op 'n ander draad het ek gepos oor, om die boundry te skuif.... so is die verval van morele standaarde.... dit word geskuif, elke keer 'n bietjie verder... en later is daar geen omkeer meer nie.

Fila, jy bly op 'n plaas.
Dit behoort makliker te wees om die aanwas van die diere te gebruik om te verduidelik.... ek weet my plaas nefies het met die goed groot geword..... maar van die kondome weet ek nie so mooi nie..

Ek het Dr Jan van Elfin se boek gegee om te lees, maklker gewees
.

CFJ
Oct 24th 2011, 07:47 PM
Ek stem met jou saam, maar ek sal jou moet reghelp wat die deel van vuurwapens betref. Kyk hierna (http://www.youtube.com/watch?v=b4yjZYVfWv0). Miskien moes jy volstaan het by: "...'n ouer wat goeie komminukasie met hul kinders het, sal redelik akkuraat weet wanneer die tyd reg is...."

'I stand corrected', hoe sal mens dit in goeie Afrikaans s? :D

Ta-An
Oct 24th 2011, 08:45 PM
'I stand corrected', hoe sal mens dit in goeie Afrikaans s? :D "Ek buig die kniee" :D Of so iets ;)

Die Filadelfieer
Oct 25th 2011, 05:38 AM
'I stand corrected', hoe sal mens dit in goeie Afrikaans s? :D

Ek ontspoor nou my eie draad maar my 4 jarige seuntjie weet al van vinger-van-die-sneller-af-tot-jy-skiet en loop-in-'n-veilige-rigting. As ek gedink het sy gewrigte kon die terugslag hanteer het hy al geskiet ook ..... :)

Die Filadelfieer
Oct 25th 2011, 05:44 AM
Is dit nodig om vir sulke jong kinders "die meganika": te leer, of moet mens eerder vir hulle iets ander leer ?
Soos wat Ta-An skryf, sit ons nog met reuse kultirele verskille in ons samelewing, en wat vir een groep aanvaarbaar is , is GLAD NIE vir 'n ander nie.
Hoe leer jy byvoorbeeld jou kind van die heiligheid van die huwelik as die staatspresedent vrouens inryg asof hulle op 'n stadium gaan opraak ?

CFJ
Oct 25th 2011, 06:15 AM
Ek ontspoor nou my eie draad maar my 4 jarige seuntjie weet al van vinger-van-die-sneller-af-tot-jy-skiet en loop-in-'n-veilige-rigting. As ek gedink het sy gewrigte kon die terugslag hanteer het hy al geskiet ook ..... :)

Daai outjie in die video het al begin skiet toe hy ook 4 was, maar met 'n .22 en dit is ongelooflik hoe akkuraat hy skiet. Ek buig maar die knie (alla Ta-An) oor die geskietery en miskien is dit meer dat ouers darem nie 'n kind in die straat in saam met hulle maaitjies skietgoed gaan gee vir die dag se speel nie. Wat 'n dag kan dit nie raak nie...?

Ta-An
Oct 25th 2011, 09:40 AM
Hoe leer jy byvoorbeeld jou kind van die heiligheid van die huwelik as die staatspresedent vrouens inryg asof hulle op 'n stadium gaan opraak ? By die huis,,, deur voorbeeld :D

Son of the South
Oct 25th 2011, 09:52 AM
Is dit nodig om vir sulke jong kinders "die meganika": te leer, of moet mens eerder vir hulle iets ander leer ?
Soos wat Ta-An skryf, sit ons nog met reuse kultirele verskille in ons samelewing, en wat vir een groep aanvaarbaar is , is GLAD NIE vir 'n ander nie.
Hoe leer jy byvoorbeeld jou kind van die heiligheid van die huwelik as die staatspresedent vrouens inryg asof hulle op 'n stadium gaan opraak ?Dit is nie altemit nie. Daar in Botswana het ons gesien hoe jng kinders (amper op die ouderdom wat my eie dogtertjie nou is, besef ek nou met 'n skok!) swanger word. Daar is die kultuurverskil baie duidelik, omdat hulle feitlik sonder uitsondering in eenvertrek huisies woon en die jong seuns in daardie kultuur ngemoedig word om saam met die meisises te slaap. So wat s ons nou vir mekaar? As ek nie wil h my kinders moet aan dieselfde blootgestel word, wat vir drdie kinders heeltemal relevant is en vir myne glad nie, is ek dan seperatisties? Dit is nou maar eenmaal 'n tekortkoming van 'n sisteem wat almal oor dieselfde kam wil skeer, terwyl ons juis vir mekaar s dat mens moet onderskeid tref tussen kinders.

Miskien is dit nie toevallig dat die vuurwapen kwessie met hierdie draad vermeng geraak het nie. Dit is net nog 'n voorbeeld dat die mensdom nie 'n homogene massa is wat mens almal presies diesefde kan hanteer nie. Wat heilsaam en reg is vir sekeres, kan dalk net mooi die verkeerdste ding wees vir andere.

Ta-An
Oct 25th 2011, 09:55 AM
SoS, twee kinders sit saam in een klas, een weet 'alles' die ander een weet van niks..... wie dink jy gaan die onderrig doen??

Son of the South
Oct 25th 2011, 10:16 AM
SoS, twee kinders sit saam in een klas, een weet 'alles' die ander een weet van niks..... wie dink jy gaan die onderrig doen??:hmm: Moet hulle in dieselfde klas sit?

Ta-An
Oct 25th 2011, 10:54 AM
:hmm: Moet hulle in dieselfde klas sit?
Nee weet jy.... maar dit is die onskuldiges wat soos dro sponse opsuig, en nie almal kom die ouers vra nie, want hulle vertrou dat hulle ouers hulle lief het en net soos hulle die waarheid oor Kersvader sal vertel, sal hulle die waarheid oor seks seker ook doen.

Voorskool, Gr.0 ... Christen skool.... nie gemengde rasse-klas nie.
Ek word ingeroep oor die gedrag van my dogter....
Die seuns het haar gevra om hulle te wys hoe 'n dogtertjie lyk.... wie kom in die moeilikheid....??
Die een wat gewys het omdat die ander gevra het :B

Toe ek eendag op my dogter se bed sit om haar oor die bytjies en blommetjies te vertel.... toe lag sy vir my :o want sy het meer oor die onderwerp geweet as ek !!

Bid en vra en wag....

Son of the South
Oct 25th 2011, 10:59 AM
Bid en vra en wag....Mmmm, ek hoor, 'n watte kokonnetjie sal ook nie werk nie. Bid, vra en wag....want ons is in hierdie wereld en die dae is boos.

Ta-An
Oct 25th 2011, 11:06 AM
Mmmm, ek hoor, 'n watte kokonnetjie sal ook nie werk nie. Bid, vra en wag....want ons is in hierdie wereld en die dae is boos.

SoS ,,, ek het die watte kokonnetjies probeer deur my kinders in 'n Christen skool te sit..... maar ek het baie dinge daaruit geleer.
1. Sommige ouers plaas hulle kinders in Christenskole sodat hulle die 'ouerlike plig' op die onderwysers kan oorplaas. So jy kry dekselse stout kinders ook in Christenskole.
2. Kinders wat in Christen skole skoolgaan, met baie watte beskerming word soos dro sponse, wat alles van die wreldsheid opsuig en absorbeer wanneer hulle daaraan bloot gestel word.. hulle leer nie van jongs af om versoekinge te weerstaan nie, :( en moet dan amper van voor af leer hoe om dinge te doen, en dan is dit soms te laat :(

Die Filadelfieer
Oct 25th 2011, 12:54 PM
SoS ,,, ek het die watte kokonnetjies probeer deur my kinders in 'n Christen skool te sit..... maar ek het baie dinge daaruit geleer.
1. Sommige ouers plaas hulle kinders in Christenskole sodat hulle die 'ouerlike plig' op die onderwysers kan oorplaas. So jy kry dekselse stout kinders ook in Christenskole.
2. Kinders wat in Christen skole skoolgaan, met baie watte beskerming word soos dro sponse, wat alles van die wreldsheid opsuig en absorbeer wanneer hulle daaraan bloot gestel word.. hulle leer nie van jongs af om versoekinge te weerstaan nie, :( en moet dan amper van voor af leer hoe om dinge te doen, en dan is dit soms te laat :(

Sjoe Ta-An, ek stem saam oor sommige ouers en die rede hoekom hulle kinders eerder na 'n Christen skool toe stuur, maar waar is die balans dan ?
Ek self glo dat ouers nie die skole moet vertrou/toelaat om hulle kinders se opvoeding oor te neem nie ... dit is 'n resep vir 'n groot gemors.
Wat hulle leer moet hulle by die huis leer.

RR van Wyk
Oct 25th 2011, 02:30 PM
Hierdie artikel laat my maar net weereens oortuig dat Amerika die wortel van meeste kwaad is:

http://www.nbcnewyork.com/news/local/mandatory-sex-ed-curriculum-new-york-city-public-schools-132404248.html?dr

Details about the new sex education curriculum in New York City public schools are out -- and some are concerned the lessons are too racy.

The New York Post obtained workbooks that will be used for the new recommended curriculum, which begins in middle schools and high schools around the city next spring. Parents, they say, may be shocked by details of the work.

Die woord wat my ook bekommerd maak is "mandatory"