PDA

View Full Version : Vrou: Maak jou lippies rooi



Ta-An
Nov 5th 2011, 06:32 PM
Hooglied van Salomo 4:3 U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.

Vandag het ek 'n praaitjie bygewoon en die vrou haal die versie uit Hooglied uit aan.... en skielik sien ek toe soveel meer in die Skrif. :) wat ek op die oomblik lees....1 Korintieers.... en Hfs 14:23 praat van :
23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sÍ dat julle kranksinnig is nie?
24 Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.

hoe die woorde van jou mond krag dra... hoe daar lewe en dood in die tong is.... hoe woorde van wysheid die sondaar ontbloot... hoe jou persoonlikheid deur jou woorde spreek,

Die skarlaken band ,,, die bloed van Jesus... die woorde wat oor jou lippe kom (of deur die klawerbord van jou rekenaar) hoe dikwels maak ons woorde 'goedkoop'... deur daarmee te 'slander' ...

'n Ontblote hart deur jou woorde....

OOPS as ek deurmekaar skryf is dit omdat ek so helemal deur die brander van God se liefde oorweldig word..

Sal ek ooit weer my lippies kan rooi maak sonder om te dink aan die skarlaken band van Jesus se liefde.... mag ek woorde spreek wat lewe gee.