PDA

View Full Version : Help asseblief Begeer Shalom



Jessica
Nov 6th 2011, 07:09 AM
Dit is my hart se begeerte
Sien my pos op engelse forum..

CFJ
Nov 6th 2011, 09:26 AM
Dit is my hart se begeerte
Sien my pos op engelse forum..

Hallo Jessica en baie welkom by ons! Om werklik in God se vrede te wandel of 'shalom' soos jy dit mooi definieer, is in wese die doel van Christenskap en elke gelowige wat sy sout werd is, behoort dit te begeer! Daar is 'n paar verse in die Bybel (sien hieronder), wat my baie onlangs gehelp het om naby die Here te wees en net rustig Sy vrede te ervaar en om God se Woord net eenvoudig te glo soos dit daar staan (dit is mos 'n Woord van lewe), is 'n baie groot stap in die rigting wat jy begeer!



Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
(Ps 37:5-6)

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
(Filp 4:6-7)

Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
(1Pet 5:7)


Mens se geestelike lewe en dit geld sekerlik vir meeste gelowiges, is nie altyd daar waar mens dit graag wil h nie. By sekeres meer en by ander minder, maar almal gaan maar op 'n stadium onseker voel of sommer net 'af' wees met tye. As dit nie hiervoor was nie, sou ons die Here nie nodig gehad het nie en dit is getuienis op getuienis dat Hy elke keer mens kom haal as jy op die afdraai-paaie is, wat bewys hoe lief Hy ons regtig het. Die dinge in mens se verlede wat ons verhouding met die Here betref, beteken baie in die hier en die nou, want as Hy elke keer in die verlede daar vir jou was, hoekom twyfel jy nou, vandag, moet mens jouself vra?

My eie ondervinding oor die Here se volkome en volmaakte vrede, was dat mens dit regtig net by Hom kan kry. Met al die strominge in die godsdienswreld sien mens hoe baie mense heeltyd in al wat 'n stroom is swem en wel vrede vind, maar baie tydelike vrede. 'n Mens wat werklik die Here gevind het, hoef nie al wat 'n geleentheid is by te woon of gedryf te voel om elke moontlike relevante boek te lees nie en ook nie elke kursus wat aangebied word voor in te skryf nie. Al hierdie dinge kan 'n bydra lewer, maar mens vind dat baie gelowiges teer op sulke dinge en dit is juis hier waar mens jouself in 'n geestelike 'cul de sac' kan vind.

Die enigste Leermeester is Jesus self en net Hy bied vis sonder grate aan. Baie Christelike dinge het baie vis en genoeg om van te eet, maar ongelukkig kan mens nie verwag dat mens nie grate daar gaan kry nie en iewers eis aanhoudende eet van vis met grate, dat mens by 'n punt van ongemak kan kom. Net iewers steek so graat vas en dan is dit maar net omdat mens aanhoudend vis met grate eet, terwyl graatlose vis beskikbaar is en mens spontaan kan eet, sonder om bekommerd te wees oor 'n graat wat mens ongesteld kan maak. By Jesus alleen is daar 'n spontaniteit wat ons nodig het om werklik vrede te kan h. As mens heeltyd bekommerd oor grate is, is die vrede weg, want vrede vra volkome geloof, volkome spontaniteit en sommer net om jouself in waardigheid te wees. 'n Gelowige wat sy sout werd is, sal aan ander die weg aanwys om knus by Jesus self te verkeer, sonder di een se kursus of daardie een se boek of so en so een se kennis nie. Jesus alleen is die antwoord en dit is wanneer ons fokus op ander dinge is, wat reg lyk, maar wat eintlik maar dood is, dat Sy volmaakte vrede ons ontwyk.

Iets anders wat ons vrede wegneem, is om weg te kyk van dit wat jy nou in jou hand het. 'n Gelowige mens moet net vir die dag lewe en net 'n dag se vrag oplaai. 'n Bakkie word gebou om byvoorbeeld 1 ton se vrag te dra en as daar 'n vrag van 365 ton is om weg te ry, sal niemand 365 ton eenmalig op 'n 1 ton bakkie laai nie. Tog is dit wat ons doen, ons laai soms 365 dae se vrag op en nie net vandag se vrag nie. Daardie vrag hoef jy ook nie te dra nie, want as jy in die hier en die nou oplet (dis al wat jy kan doen want jy kan nie oor 'n week sien wat gaan gebeur nie), dan dra jy niks...

Om God se vrede te smaak, is in kort om te leef soos Hy voorskryf en nie soos ons dit self wil doen nie. Mens moet werklik net oorgee aan Hom, volkome op Hom vetrou en sien wat Hy sal doen...

trudie
Nov 6th 2011, 12:48 PM
Almal 'praat' van vrede en tog weier hulle die Vrede wat ons net van God kan ontvang.Die Vrede wat jy nie kan besryf nie maar net kan ervaar en weet ons is veilig in Sy Hande.

Jessica
Nov 6th 2011, 08:06 PM
Baie dankie vir julle uitreik en julle mooi harte.

Ek is egter op soek na Shalom in die volle sin van die woord as n dag tot dag belewenis. N deel van Shalom behels vrede, maar dis baie meer omvattend as net dit.

Ta-An
Nov 8th 2011, 06:23 PM
Baie dankie vir julle uitreik en julle mooi harte.

Ek is egter op soek na Shalom in die volle sin van die woord as n dag tot dag belewenis. N deel van Shalom behels vrede, maar dis baie meer omvattend as net dit. Ek dink tog CFJ het die waarheid beet as Hy s dat daardie Vrede deur Christus kom...
Philipense 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus Deurdat Jesus jou be-all-and-end-all is..of moet wees....en dat ons so moet lewe. Dit is nie iets wat ons voor wag wat moet kom nie, God se Koningkryk is tasbaar naby aan jou. op Eng s ons :His Kingdom is at hand..... en daarmee s ek, Reik uit en beleef God se nabyheid in jou...die heige Gees wat moontlik gemaak is vir jou deur Jesus Christus .

Die Filadelfieer
Nov 9th 2011, 11:30 AM
Baie dankie vir julle uitreik en julle mooi harte.

Ek is egter op soek na Shalom in die volle sin van die woord as n dag tot dag belewenis. N deel van Shalom behels vrede, maar dis baie meer omvattend as net dit.

Ek sal graag wil weet wat die verskillende fasette van "shalom" is waarna jy verwys Jessica, as jy dit met ons wil deel ?

trudie
Nov 9th 2011, 04:22 PM
Ek het in die Strongs Konkordansie gekyk en die woord shalom word beskryf met heelwat betekenisse.Shalom kom ook in die woord Prins van Vrede voor.ek kan die hele deel intik ,as dit is wat Jessica soek.

Ta-An
Nov 9th 2011, 06:14 PM
Ek het in die Strongs Konkordansie gekyk en die woord shalom word beskryf met heelwat betekenisse.Shalom kom ook in die woord Prins van Vrede voor.ek kan die hele deel intik ,as dit is wat Jessica soek. Sar Shalom = Prins van Vrede

Ta-An
Nov 14th 2011, 03:18 PM
Werklike vrede..... wat is dit??

Dit is wanneer ek die teenwoordigheid van God in my lewe het ..... Sy manifesterede teenwoordigheid .... en dit beleef wanneer ek in die middel van 'n storm is.

God IS vrede, Hy IS Shalom.... As Hy in jou lewe is, dan het jy Vrede (Of jy behoort dit te h... ) want dan kan ek amper s dat dit 'n vrug van Sy teenwoordigheid is ..

mari
Nov 15th 2011, 10:24 AM
Liewe Jessie ....

... jou vrae en reaksie op die ingelse kant skree van jou hartsbegeerte en ek voel saam met jou .......

... jy vra of hier iemand is wat dit beleef ....... wel, meeste van ons beleef dit soms in oomblikke ...... ons strewe sou wees om dit meer permanent te leef .....


Ja, shalom is oneindig meer as dit wat ons mensekinders verstaan as "vrede" ...

shalom is iets wat amper nie in mensewoorde beskryf kan word nie -
dit is die volheid van God wat alle verstand tebowe gaan, verby breinsel ontrafel .... verby enigiets wat "is " ......
dit is die rykdom van God wat nie in geld of "goed" gemeet kan word nie....
dit is die teenwoordigheid van God wat werelde meer as tasbaar is ... verby voel ......
dit is die voorsiening van God wat onmeetbaar, onvergelykbaar is .....
dit is die Genade van God wat nie menslik bereikbaar is nie .......
dit is die Hoop in Geloof wat nie omskryfbaar is nie ........ net glo ......

vir my is shalom 'n plek ...
.... 'n hemele verskansing waar die wereld nie sin maak nie en nie sin hoef te maak nie, maar net God .....
..... waar die wereld se logika belaglik is .... waar net God se "IS" van enige belang is ......
.... 'n plek waar die wereld se reels nie tel nie .....

.... ek het shalom eers werklik beleef binne my kind se pad met autisme ..... moeilik om te beskryf as jy nie self daar loop nie .....

..... shalom is nie iets wat jy probeer verstaan of na soek of of probeer "kry" nie ....

.... shalom is die "is" van God buiete wereldse dinge en maatstawe en wysbegeerte en....en ....en ......

..... shalom is vir my die plek in God se skoot waar niks en niemand sin maak behalwe Sy Liefde nie ........

......... m