PDA

View Full Version : Lyf poeier



Ta-An
Nov 7th 2011, 08:46 AM
Met die feestyd om die draai 'n oulike idee vir lekker ruik lyf poeier :D

Halwe koppie gedroodge Lavender blommertjies
Een en 'n halwe koppie Mielieblom (JA, Maizena)
30 druppels Essential Lavender olie
Maal jou blommetjies fyn in 'n glasbakkie en meng met mielieblom.
Voeg die oliedruppls stadig by en meng goed
Verpak in 'n gepaste houertjie.

trudie
Nov 7th 2011, 12:16 PM
Dit klink of dit baie lekker sal ruik.Ek hou van die reuk van Lavender.

Die Filadelfieer
Nov 7th 2011, 01:17 PM
Is 'n mieliebom daai goeters waarmee mens visvang ?



**** hol al koesende weg ****

trudie
Nov 7th 2011, 03:21 PM
Glo nie vir vis vang nie,maar om die vis wat gevang is gaar te maak.

Ta-An
Nov 7th 2011, 04:46 PM
Is 'n mieliebom daai goeters waarmee mens visvang ?



**** hol al koesende weg ****
MIELIEBLOM
Nie mieliemeel of mieliebom nie



mielieblom
n: stysel uit die korrels van koring berei
Ons sal vir jou teer-en-veer :idea:

Son of the South
Nov 7th 2011, 06:28 PM
Ons sal vir jou teer-en-veer :idea: Sy gaan jou: :beaten: Tot jy so lyk: :black_eyed: Sulke geweld, ek kan nie kyk nie: :hopelessness:

CFJ
Nov 7th 2011, 07:43 PM
Waarmee is julle 'dames' besig? :spin:

trudie
Nov 8th 2011, 05:10 AM
toemaar ek sal vir hom bietjie handroom maak om agter na aan te smeer ,die lavender geur sal hom dan beter laat voel.