PDA

View Full Version : 2 Korinthiers 1:3



Ta-An
Nov 14th 2011, 08:18 AM
2 Korinthiers 1:3 GeseŽnd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,

My seun (27) :D... het huis gekoop, en omdat hy voorheen gehuur het, het hy maar min aardse besittings, en daarom het hy nie nodig gehad om 'n trok te huur om mee te trek nie, hy het so daagliks 'n paar los goeters na ons huis toe gebring, sodat sy plek leeg kon raak en dan hiervandaan na sy huis toe....

Tussen die goed sien ek 'n bekende item uitsteek.... Sy Telly-quak :D
Kinders het mos altyd 'n sagte kombersie, die wat 'n satynlint om het ... waarmee hulle van hou om mee te gaan slaap.... en dit is juis hoe Telly-quak 'ontstaan' het, toe ons met vakansie gegaan het, en "bersie" by die huis vergete gebly het... :o. Die ding lÍ so tussen alles, en ek kon net smile...

Vanoggend toe ek die stukkie uit 2 Kor lees, kom die prentjie weer by my op.... net soos wat daardie speelding in sy kleuterjare sy Vertroosting was,,,,, net so is die Here my Vertroosting (Vertrooster)

Net soos in die liedjie...
Want HY is myne, en ek is Syne





http://www.youtube.com/watch?v=xnWw24s5gG8.. !!