PDA

View Full Version : Kersfees TRADISIE



Ta-An
Dec 9th 2011, 12:21 PM
Kan mens toelaat dat kersfees tradisie my uit die kerk uithou oor kersfees??

RR van Wyk
Dec 9th 2011, 12:29 PM
Hoe nou bedoel?
Om soos oukersaand byvoorbeeld sellig saam met vriende en familie te kuier as om die aand kerk toe te gaan??

Ta-An
Dec 9th 2011, 12:47 PM
Nee,,,, maar om 'n kersboom in die kerk op te slaan??

CFJ
Dec 9th 2011, 01:10 PM
Kan mens toelaat dat kersfees tradisie my uit die kerk uithou oor kersfees??

Anneke,

Ek is oortuig dit gaan oor wat mens glo en daaby moet mens hou! As hierdie deel oor wat mens glo jy kan eet waar is, is dit ook waar oor wat mens oor kersbome glo...

Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
(Rom 14:23)

Ta-An
Dec 9th 2011, 01:28 PM
Anneke,

Ek is oortuig dit gaan oor wat mens glo en daaby moet mens hou! As hierdie deel oor wat mens glo jy kan eet waar is, is dit ook waar oor wat mens oor kersbome glo...

Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.
(Rom 14:23)
Praat asb Afrikaans .... :D
So dus as ek glo dat dit verkeerd is, dan is dit vir my verkeerd, maar dat ek nie ander daaroor mag oordeel nie :hmm:

CFJ
Dec 9th 2011, 01:58 PM
Praat asb Afrikaans .... :D
So dus as ek glo dat dit verkeerd is, dan is dit vir my verkeerd, maar dat ek nie ander daaroor mag oordeel nie :hmm:

Jammer man, ek sal nie weer R-U-S-S-I-E-S praat nie. Dit wat jy glo is wat jy moet doen. Ander twyfel nie oor of bevraagteken nie 'n kersboom nie en woon dalk so diens by, maar die wat glo dit is verkeerd, moet seker doen wat hulle glo en nie so diens bywoon nie. As mens dit egter bywoon moet mens duidelik kan aandui dat jy dit nie as reg sien nie. 'n Ding is net so verkeerd soos wat mens glo dit is en as mens twyfel of iets reg of verkeerd is, dan spel daai teks in Romeine 14 dit uit as ongeloof. Dit laat my nogal broos as ek aan myself dink, want dit beteken dat dit wat reg en verkeerd is, duidelik behoort te wees en as mens twyfel is daar iets fout met mens se geloof.

Son of the South
Dec 10th 2011, 06:52 AM
Nee,,,, maar om 'n kersboom in die kerk op te slaan?? Jammer, maar vir my is dit 'n gruwel. Ek sal so graag wou h dat mense in die kerk met geestelike o daarna kyk en dit geestelik beoordeel of die gees daarvan van God is of nie.

RR van Wyk
Dec 10th 2011, 07:53 AM
Ek stem saam. Ek hou net mooi niks van 'n kersboom nie en wat my deesdae lelik dwars in die krop steek is hierdie "happy holydays" sding. Suid Afrika mimiek Amerika deesdae lekker daarmee. Dit gruwel my.

Ek weet nie wat ek nog eendag met myself gaan maak nie, al meer en meer goed van die wreld laat my gruwel..

Die Filadelfieer
Dec 12th 2011, 05:41 AM
Jammer, maar vir my is dit 'n gruwel. Ek sal so graag wou h dat mense in die kerk met geestelike o daarna kyk en dit geestelik beoordeel of die gees daarvan van God is of nie.

Ditto ! Laasjaar het ons 'n model-windpomp staangemaak in die plek van 'n kersboom, wat natuurlik heelwat kommentaar uitgelok het. Dit het toe sommer hope geleentheid geskep om te verduidelik hoekom ons nie die tradisionele kersfees-ding doen nie. 'n Windomp as evangelisasie-gereedskap gaan ook net in Afrika werk ! :) Hoe dit ookal sy, verpes ons kersbome, en is dit vreeslik hartseer as 'n kerk in al hierdie gemors inkoop. Ons lewe in 'n tyd wat inligting vrylik beskikbaar is, m.a.w. onkunde is lank reeds nie meer 'n verskoning nie.

Die skok en verontwaardiging as mense agterkom my seuntjie het nog nooit gedink kersfeesvader is regtig nie is ook 'n storie op sy eie. Ons word vanuit hoeke vreeslik kwalik geneem daaroor omrede ons kwansuis hom die "magic" van kersfees ontneem, maar aan sekeres is daar regtigwaar nie salf te smeer nie.

CFJ
Dec 12th 2011, 11:03 AM
Jammer, maar vir my is dit 'n gruwel. Ek sal so graag wou h dat mense in die kerk met geestelike o daarna kyk en dit geestelik beoordeel of die gees daarvan van God is of nie.

Oor die algemeen glo ek dat mens 'n kersboom ten alle koste moet vermy en het in my lewe nog nooit so ding aangeskaf nie, behalwe waar vryheid in Christus dit dring en op die manier wat dit so moet wees. Hy is en bly nog steeds groter as 'n kersboom en nou en dan mag dit gebeur dat 'n kersboom 'n deur kan oopmaak na Hom toe, maar dit sal 'n uitsondering wees en moet nie die wyse wees waarop iemand mense wil bereik nie.