PDA

View Full Version : Nog brood!



Ta-An
Dec 28th 2011, 11:43 AM
Lekker brood!!

My seun het Maandag aand kom kuier, en die lekkerste garnaal kerrie gemaak...... met 'n lang room sous!!

"Ma, die kerrie soek Naan brood"

...en toe ontdek ek die lekkerste vinnigste brood wat mens bo-op die stoof in 'n braai-pan gaarmaak!! :monkeyd:

Jy kan gerus probeer :idea:

Meng 10g (1 pakkie) Kits suurdeeg met 250ml (1K) warm water en laat staan vir 10 min (Die het my aan 'protea' laat dink) :D
Meng 540g banket meelblom (koekmeel) met 60ml suiker, 1ml sout (bietjie min na my smaak, maar ek het agterna growwe sout oorgemaal)
Klits 1 eier saam met 45ml melk en roer saam met die suurdeeg in die meelmengsel in om 'n sagte deeg te maak.
Knie vir 10 minute en laat die deeg rus vir 1H.
Knie deeg af, en maak golfbal grootte balletjies, laat dit rys vir 30 minute.
Ek het 'n pot-yster pan met riffeltjies warm gemaak op die stoof en dit met Spray-and-Cook gespuit.
Rol die deeg balletjies in dun skywe, (Ek het die helfte so dik soos plaatkoekies uitgerol, en die ander helfte so dun soos pannekoek,,, maar verkies die plaatkoekie dikte)
Die pan was groot genoeg vir 2 ovaal-vormige broodjies op 'n slag, dus het ek net 2 op 'n slag uitgerol :D
Smelt 60ml botter saam met 'n gekneusde knoffelhuisie
Die broodjie maak fluffy-bubble rys-blasies aan die ongebakte kant, :) smeer die ongebakte kant met die gesmelte botter, draai dit om, en smeer die gebakte-kant met die gesmelte knoffel-botter.
Hou so aan tot al die broodjies gebak is...
Soos ek gesÍ het, ek het Rock-salt oor gemaal....

Die broodjies is HEERLIK saam met 'n souserige iets... soos die kerrie-garnale ;)

Ta-An
Dec 28th 2011, 11:48 AM
:idea: Ek kan my heeltemal daarmee vereenselwig dat Jesus die Brood van die Lewe is :yes:

Ta-An
Dec 29th 2011, 04:45 PM
Wanneer mens nou so stukkie van die plat broodjie in Olyfolie druk en dan in Za'atar (http://en.wikipedia.org/wiki/Za%27atar) (Zatar) dan is dit heerlik, as jy nou van oreganum en kruie hou :idea:
'n Vreindin kom nou net van Israel af terug en het vir my 2 houers vol Zatar gebring !! :monkeyd:

protea
Jan 3rd 2012, 07:01 AM
Ta - An , dit klink HEERLIK! EK kry Woensdagaand braai-kuiermense en gaan dit definitief probeer. Mens kan seker rosyntjies ook byvoeg vir weer heeltemal n ander smaak? Met brood kan jy waarlik n weermag kosgee!

trudie
Jan 3rd 2012, 08:11 AM
Ek het onlangs gedroogde olywe gesien en dink ook net lekker wees.Ek kan net nie onthou waar nie.

Ta-An
Jan 3rd 2012, 09:46 AM
Ek sal stem vir Olywe ja, rosyne dalks biki te soet ?
Maar laat weet hoe dit proe :idea:

Ek maak vandag saam met kerrieskaapvleis :)

trudie
Jan 3rd 2012, 12:26 PM
Kan ek kom saam eet.Hou baie van kerrie.

Ta-An
Jan 3rd 2012, 12:49 PM
Kan ek kom saam eet.Hou baie van kerrie.
Jy is welkom, daar sal genoeg wees :)