PDA

View Full Version : Inligting benodig: Plasing van getuienis



Mazal
Jan 5th 2012, 06:10 AM
More almal ,

Ek wil graag my verhaal (getuienis) plaas. Maar dit is 10 bladsye lank.
Ek dink nie die administrasie span sal baie daarvan hou as ek so groot post maak nie hehehehehe.

Ek het gedink om die dokument as aanhangsel aan te sit , maar ek sien ons het nie so opsie nie.

Kan iemand my raad gee oor hoe ek so lang verhaal kan plaas asb.

CFJ
Jan 5th 2012, 06:47 AM
Môre Mazal,

Die mees leesbare manier is om jou getuienis in verskillende plasings te doen, dan sien almal dit en lees mense dit ook makliker. Jy kan twee tot drie bladsye op 'n keer plaas, miskien twee en dan maak jy 5 plasings. Doen dit in die Gebed, Getuienisse en Bediening (http://bibleforums.org/forumdisplay.php/128-Gebed-Getuienisse-en-Bediening) forum. Jy kan jou plasings nommer, soos 1 van 5, 2 van 5, ensovoorts. Wanneer jy 1 tot 4 doen, meld net heel onder dat dit vervolg, met iets soos, 'vervolg..., 2 van 5'.

As jy egter 'n aanhangsel (attatchment) wil doen, dan kan jy net dit aflaai van jou rekenaar as 'n aanhangsel. Jy behoort die funksie te kan sien as jy 'n plasing maak.

Mazal
Jan 5th 2012, 07:02 AM
Dankie , ek sal die eerste opsie doen van 2 bladsye per plasing.