PDA

View Full Version : Liefde in die gesin belangriker as geld



Mazal
Jan 10th 2012, 08:46 AM
Ek het hierdie pragtige antwoord gekry vanmore op vrae wat ek mee worstel. En ek wou dit net graag deel.

" Liewer net 'n bietjie groente en liefde daarby as 'n vetgemaakte os en haat daarby." - Spreuke 15:17 (NV)

En ek sien in my gedagtes hierdie gesin met ware liefde in hulle lewe. Dis so mooi :)

CFJ
Jan 11th 2012, 07:45 AM
Persoonlik glo ek daar is baie meriete om die Bybelse boodskap van redding, guns en heil, deur die huwelik as instrument om dit te bereik, te verstaan en te glo. Die huwelik is die mees verhewe orde waarin praktiese dinge soos liefde, be-oefen kan word en ek glo werklik dit is die orde waardeur samelewings gebind word en ook die orde waardeur God se verbond werk. Huwelike is nie net fisiese aanteelstasies nie en is ten diepste die heel beste orde wat God geskep het, om siele te win. 'n Huwelik word 100% vergelyk met Christus se liggaam en is in die verlede as die klein 'Kerkie' beskou. Vandag het huwelike meesal hierdie dimensie verloor..., Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. Manne, julle moet jul eie vroue liefhŕ, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hŕ soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
(Efe 5:23-29)

Watter beter plek is daar om liefde te verstaan as in die huwelik?

Ek verstaan dat 'n gesin (hulle sal een vlees wees) net uit 'n man en vrou bestaan en dat dit wat tussen hulle bestaan, hulle kinders be´nvloed om ook so te wees. Kinders is nie een vlees met hulle ouers nie en word voorberei om hul eie eenheid op aarde te vind en verlaat hul ouerhuise hiervoor. As broers en susters in 'n gemeente liefde teenoor mekaar uitleef, sien die wŕreld dit en word soos kinders in 'n huwelik be´nvloed oom ook so te wees. Ek lees dat daar in die vroŰe Kerk 'n man met die naam van Celsius was, wat Christene gehaat het en vervolg het, maar een ding het hy erken, al hou hy nie van hulle nie het hy opgemerk, 'KYK HOE LIEF HET HULLE MEKAAR!'.

As die klein Kerkie (huwelik) gesond is, eers dan kan die groot Kerk so lyk...

Mazal
Feb 3rd 2012, 05:54 AM
Ek het vanmore weer so mooi teks gekry wat my die mooi prentjie van die liefdevolle huisgesin laat sien:

"Liewer 'n stukkie droe brood met vrede daarby as 'n huis vol kos met 'n getwis daarby." - Spreuke 17:1 (NV)