PDA

View Full Version : Riekert Botha se pleisters nie meer groot genoeg ?



Die Filadelfieer
Jan 13th 2012, 05:51 AM
Riekert Botha staan by Bybelse beginsels, en die węreld neem hom kwalik daarvoor. (SKAKEL (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/RSG-se-Riekert-gekap-oor-gays-20120112) )


RSG se Riekert gekap oor gays2012-01-12 22:12




Neels Jackson

Potchefstroom. – ’n Kuberstorm het losgebars om die kop van die bekende radiodominee Riekert Botha na aanleiding van sy standpunt oor homoseksualiteit.

Botha, predikant van die Vredendal Baptistekerk, deel Saterdagoggende oor RSG “pleisters vir die siel” uit.

Hy het op sy Facebook-blad “Pleisters vir die siel – Riekert Botha” ’n inskrywing gedoen met die strekking dat homoseksuele uit is by God, al is hulle dalk in by die węreld.

Die ouer van ’n gay kind het dit onder die aandag gebring van Jean Oosthuizen, joernalis van die Kerkbode, wat daaroor op sy en die Kerkbode se Facebook-blaaie geskryf het.

Dit het gelei tot heftige debatte waarin gevra is dat RSG ­Botha se bydraes beëindig.

Botha self het by navraag gesę dat hy die Bybel as die geďnspireerde Woord van God beskou wat hy “onomwonde glo”.

Hy het vrede as mense sę hy is fundamentalisties of agter die klip.

Me. Magdaleen Kruger, stasiebestuurder, het by navraag gesę sy het klagtes per e-pos gekry.

Dit was egter nie meer as wat hulle gewoonlik kry nie.

Die benadering van RSG is dat mense se standpunte op Facebook hul eie persoonlike menings is.

Wat Botha se bydraes in Pleisters vir die Siel in die program Brekfis met Derrich betref, was daar nog geen rede vir RSG om op te tree nie.

Die stasie het hom wel gevra om die verwysing na Pleisters vir die Siel en RSG op sy persoonlike Facebook-blad weg te laat.

Botha het eergisteraand op Facebook “nederig om vergifnis” gevra as hy mense seergemaak het.

Hy het ook ontken dat hy met sy opmerking gays verwerp het.

“As God gays nie verwerp nie, hoe kan ek?” het hy gesę.

Hy het egter volgehou “dat homoseksualisme (sic) sonde is, soos die Skrif sę”.

Kalahari
Jan 13th 2012, 06:20 AM
Fila

Ons as Christene moet besef dat ons nie meer die "waarheid" in pag het nie. Die "waarheid" is dat gays normaal is en dat evolusie 'n feit is wat bewys dat daar nie iets soos 'n Skepper is nie.

Ons moet nie daardeur ontmoedig word nie, want die Skrif leer dat daar 'n afval gaan kom. Ons moet egter nie ophou om die waarheid aan die węreld te verkondig soos die Woord ons leer nie. Hou vas aan dit wat jy geleer het en verkondig die boodskap aan almal in liefde.

Groete
Kalahari

Philip dT
Jan 13th 2012, 08:27 AM
Dit is reeds so dat diegene wat glo homoseksualiteit is sonde, gebrandmerk word as liefdeloos en "homofobe." Mense stel nie belang daarin dat jy sę "die sonde word veroordeel en nie die mens nie" of "homoseksualiteit is sonde soos enige ander sonde" nie. As jy bloot die standpunt het dat homoseksualiteit sonde is, ongeag oor die manier hoe jy daardie standpunt stel of wat jou houding jeens homoseksuele mense is, word jy, veral as jy 'n bekende persoon is veroordeel, gebrandmerk en in die openbaar die vinger na gewys.

Die ander verskynsel is dat 'n standpunt dat homoseksualiteit sonde is, gereeld ook gelyk gestel word met die "archaďese" standpunt dat apartheid sonde is.

Ek dink mens het besondere wysheid nodig oor hierdie saak.

Die Filadelfieer
Jan 13th 2012, 08:33 AM
Ek kom agter dat Christene al hoe meer moet begin kies : 'of God, 'of die węreld............ presies soos wat die Woord sę dit gaan gebeur.

Francois Marais
Jan 13th 2012, 08:42 AM
So die węreld dink dit is reg. Oh my goodness... Om gay te wees is uit en uit teen YHWH se woord... O ja, vergeet ek die hele woord van YHWH is nie van toepassing op ons nie en dit is mos onder die Bloed van Y'shua!

Sterkte mense.... Draai (repent) of julle gaan braai!

Philip dT
Jan 16th 2012, 09:34 AM
Ek vermoed Poll-crashing op die Rapport Peiling. Gister was dit nog ong. 2300 vir opsie twee, en rondom 800 vir opsies 1 en 3 onderskeidelik. Dalk kan een van die IT manne probeer vasstel.

Die Filadelfieer
Jan 16th 2012, 09:47 AM
Ek vermoed Poll-crashing op die Rapport Peiling. Gister was dit nog ong. 2300 vir opsie twee, en rondom 800 vir opsies 1 en 3 onderskeidelik. Dalk kan een van die IT manne probeer vasstel.

Ek vermoed dieselfde ding. Rapport se lesers is oor die algemeen mos maar redelik konserwatief. Ek onthou toe daar baie mane terug sprake was deur 'n uitgesproke deel van die homo-seks gemeenskap om jou webtuiste te "googlebomb", so dit is nie sonder presedent nie. :)