PDA

View Full Version : Wit Bone



paidforinfull
Jan 24th 2012, 01:11 PM
Ek kyk nou die dag na bakprogramme op YouTube, en daar se 'n vrou toe sy vervang botter met gekookte fyn witbone (butterbeans) in haar gebak. Ek het nog nooit hiervan gehoor nie, en wonder of julle het.

Indien mens dit kan doen, werk dit regtig? (Ek meen, proe dit steeds dieselfde?)

Blessings
B

Ta-An
Jan 24th 2012, 01:57 PM
Ek kyk nou die dag na bakprogramme op YouTube, en daar se 'n vrou toe sy vervang botter met gekookte fyn witbone (butterbeans) in haar gebak. Ek het nog nooi hiervan gehoor nie, en wonder of julle het.

Indien mens dit kan doen, werk dit regtig? (Ek meen, proe dit steeds dieselfde?)

Blessings
B Ek het nog nie self probeer nie, maar dit verlaag die GI van die produk...

paidforinfull
Jan 24th 2012, 02:10 PM
Ek het nog nie self probeer nie, maar dit verlaag die GI van die produk...

Dankie, Ta-An :hug:

Ek dink ek moet dit maar probeer. Sy se mens kook 'n pot bone en maal dan helfte fyn. Die ongemaalde helfde vries mens in individuele porsies om dan later in ander geregte te gebruik, en die fyngemaalde helfde vries jy in sakkies met die porsie daarop geskryf (bv. 1 koppie; half koppie of wat ookal in die resepte wat jy gebruik verlang word).

Ek gaan sommer nou die bone insit om te week - ek het juis 'n resep vir 'Scottish Shortbread' wat ek wil probeer, en dit gebruik baie botter.

Hoop dit werk ...

:)

Ta-An
Jan 24th 2012, 02:31 PM
Hoop dit werk ...

:)Is jy op die oomblik is SA??
Die DroŽbone raad het 'n resepte boek uitgegee, en kyk daarin vir idees en resepte :)

Ek is weer baie lief om 'Butternut' in my stowe geregte in te rasper.... niemand weet hulle eet "pampoen" nie, en ek het geen koring gebruik om die sous mee dit te maak nie :D Lemoen pampoentjie werk net so lekker, maar ek verkies Botter-skorsies.

paidforinfull
Jan 24th 2012, 02:43 PM
Is jy op die oomblik is SA??
Die DroŽbone raad het 'n resepte boek uitgegee, en kyk daarin vir idees en resepte :)

Ek is weer baie lief om 'Butternut' in my stowe geregte in te rasper.... niemand weet hulle eet "pampoen" nie, en ek het geen koring gebruik om die sous mee dit te maak nie :D Lemoen pampoentjie werk net so lekker, maar ek verkies Botter-skorsies.

Nee, ek is steeds in Paraguay. Ek sal bietjie aanlyn gaan en kyk of hulle resepteboek aanlyn is.

Ek kook baie met 'legumes' - droe ertjies, bone en lensies - veral sop. My man hou nie van die tekstuur van heel bone en lensies nie, dus moet ek dit altyd fynmaal. Hy is wel vreeslik lief vir my sop, en ek sorg dat ek altyd gevriesde porsies daarvan in my vrieskas het.

Wanneer ek dit in ander geregte gebruik maal ek dit ook fyn wat nogal 'n jammerte is, maar nou ja, manlief moet gesond eet dus doen mens maar dit wat werk :).

Nou ja, laat ek sien of die Droe Boneraad aanlyn is ...

Tatta
B.

Ek's terug - nee wat, ek kry hulle nie aanlyn nie :cry:

Ta-An
Jan 24th 2012, 04:33 PM
Nee, ek is steeds in Paraguay. Ek sal sien of ek my boek kry en dan kan ek resepte hier uit-tik vir jou :idea:


Nou ja, laat ek sien of die Droe Boneraad aanlyn is ...

Tatta
B.

Ek's terug - nee wat, ek kry hulle nie aanlyn nie :cry: Ja, nee, ek het hulle ook gesoek en nie gevind nie.... sal ander plek gaan soek :idea:

Ta-An
Jan 24th 2012, 04:39 PM
Ag man maar ek is oulik!!!
Kyk wat kry ek :monkeyd: Fudge met bone gemaak (http://www.crossbowbeans.co.za/recipedetails.php?intId=75):o :o :o

Hier is net wat jy soek!! Eg Suid Afrikaans ;) Crossbow Beans (http://www.crossbowbeans.co.za/)en gaan dan in op die respte.... Amazing dinge wat mens met bone kan vermag :idea:

protea
Jan 24th 2012, 05:48 PM
Maar kyk hoe gaan ons nog steeds lekker eet sonder om kilometers op die heupe aan te sit......!!!

paidforinfull
Jan 24th 2012, 07:56 PM
Ek sal sien of ek my boek kry en dan kan ek resepte hier uit-tik vir jou :idea: Ja, nee, ek het hulle ook gesoek en nie gevind nie.... sal ander plek gaan soek :idea:


Ag dankie, jong - jy's 'n ster :hug:.

paidforinfull
Jan 24th 2012, 07:58 PM
Ag man maar ek is oulik!!!
Kyk wat kry ek :monkeyd: Fudge met bone gemaak (http://www.crossbowbeans.co.za/recipedetails.php?intId=75):o :o :o

Hier is net wat jy soek!! Eg Suid Afrikaans ;) Crossbow Beans (http://www.crossbowbeans.co.za/)en gaan dan in op die respte.... Amazing dinge wat mens met bone kan vermag :idea:

Wow - nice :).

Ek sien hulle se mens moet 'haricot beans' gebruik. Wat is 'haricot beans'?

paidforinfull
Jan 24th 2012, 08:00 PM
Maar kyk hoe gaan ons nog steeds lekker eet sonder om kilometers op die heupe aan te sit......!!!

Ja-nee, lekker bly maar lekker, maar as lekker nog boonop gesond is :inlove: -- yummy!!!

Ta-An
Jan 24th 2012, 08:15 PM
Wow - nice :).

Ek sien hulle se mens moet 'haricot beans' gebruik. Wat is 'haricot beans'? Gespikkelde bone of rooi niertjie boontjies ... Suikerbone?? :hmm:

paidforinfull
Jan 24th 2012, 10:06 PM
Gespikkelde bone of rooi niertjie boontjies ... Suikerbone?? :hmm:

Jong, ek het 'haricot beans' gaan opsoek, en dit lyk my dis die wit bone, alhoewel as mens na die 'images' gaan kyk dan is dit allerhande kleure.

Tatta
B.

paidforinfull
Jan 25th 2012, 02:03 AM
Update - ek het toe vir my bone 'botter' gemaak, en gaan more koekies bak.

Sal laat weet hoe dit uitgekom het, en hoe dit proe ... ;).

Ta-An
Jan 25th 2012, 06:25 AM
Jong, ek het 'haricot beans' gaan opsoek, en dit lyk my dis die wit bone, alhoewel as mens na die 'images' gaan kyk dan is dit allerhande kleure.

Tatta
B.Ja, suster dis klein wit boontjies,,,,,maar die google images wil my ook toe mos 'n ander storie vertel :D

paidforinfull
Jan 25th 2012, 07:22 PM
Eksperiment no. 1:

Vervang 1 koppie botter met 1 koppie witbone 'botter':

Ok - ek het toe vir die eerste probeerslag 'n resep probeer wat baie botter gebruik (1 koppie botter by twee koppies meel): Scottish Shortbread

Kom ons se maar dat, tensy daar groot hongersnood in die land heers, los ek dit liewers. Dit proe na niks! Die tekstuur is ook nie wat dit moet wees nie - te krummelrig en 'chewy'.

Vir my volgende probeerslag sal ek liewers 'n resep probeer wat baie minder botter nodig het.

Tot volgende keer.
:)
B.

Ta-An
Jan 26th 2012, 05:19 AM
Dalk moet jy net eers 50/50 gaan vervang, ek kan onthou toe botter so baie duur was, het my ma altyd die botter en geel-margarien 50/50 gemeng :idea:

trudie
Jan 26th 2012, 12:15 PM
Botter is darem baie lekkerder as margarien.Dit is verbasend hoe botter iets net lekkerder kan laat smaak of is ek maar net vol fiemies as dit by kos kom.

Ta-An
Jan 26th 2012, 03:57 PM
Botter is darem baie lekkerder as margarien.Dit is verbasend hoe botter iets net lekkerder kan laat smaak of is ek maar net vol fiemies as dit by kos kom. Nie net is botter lekkerder nie, maar ook gesonder as margarien :idea:

paidforinfull
Jan 26th 2012, 08:04 PM
Botter is darem baie lekkerder as margarien.Dit is verbasend hoe botter iets net lekkerder kan laat smaak of is ek maar net vol fiemies as dit by kos kom.

Ja-nee, botter smaak lekkerder en is natuurlik baie gesonder. Ag, ek dink die boontjie ding sal baie gesond wees as dit net wil uitwerk.

(Sal seker eers oor die naweek weer kan bak, want ek het vandag teruggegaan werk toe. Ons ons skole maak mos volgende week oop. Ek is nou as die bibliotekaresse aangestel, en gaan dit vreeslik geniet. Dis my droom werk!

Tatta
B