PDA

View Full Version : mrs



Susan Drotsky
Feb 13th 2012, 03:02 AM
MŰre al my mede Christene. Soms het ek so baie vrae oor wat, hoekom en waarom? Ek weet dat ek met al my vrae na Jesus kan gaan. Ek weet ook dat Jesus ons ook soms beproef en ons geloof wil versterk in Hom en ons laat terug draai op die verkeerde pad en ons terug lei na Hom waar ons weer soos kind kan glo dat Jesus gee krag en geneesing waaneer ons moed opgee. Hy plaas mense op ons pad om ook hulle leding te aanskou dat ons siekte klein is invergelyking waardeer hulle gaan. Ek is ongelukkig in 'n posisie dat ek nie anders kan as om afhanklik tewees van Staatshulp waar dit by gesondheid aanbetref. Op die 19 de Januarie is ek met kanker gediogniseer en dit was reeds vir my 'n doodsvonnis omdat ek 2 en 'n jaar gelede my moeder as gevolg van kanker aan die dood moes afstaan. Dit was vir my traumaties om haar deur dit te sien gaan. Vandag weet ek hoe alleen sy eintlik daar deur moes gevoel het. Ek vra die Here hkm juis nou? Hkm ek Heer? En dan vat Hy my na die hospitaal waar pasiente wat kanker het in gevorderde stadium en hulle nog moedig daarteen veg en nie kla nie. Wat se geloof In God nog net so hoog is al voel hulle soms dat God hulle verlaat het. Ek moet nog deur al die behandeling gaan en as ek na van die pasiente kyk wonder ek sal ek kan voortgaan, sal my geloof sterk kan staan elke keer wanneer die kanker versprei. Sal ek weer en weer deur dit kan gaan en sterk bly staan en geloof in Jesus ons Geneesheer kan hÍ. Sal my man en 4kinders verstaan as die pad te styl word en ek nie meer wil terug baklei. Ek het wonderlike vriende wat my nog bystaan, maar sal hulle daar tot op die laaste wees. Ek wil vasklou aan Jesus se hand, maar is ek geregtig daarop as ek sien hoeveel ander het sy genade meer nodig. Die Heer beproef ons soms en bring ons terug tot voor sy voete en maak ons weer klein voor Hom. My enigste anker is Jesus vanoggend. Ek moet wag vir 3maande voor ek eers met behandeling kan voortgaan weens gebrek aan fondse van die staat wat nie die masjiene in stand hou nie en die wat wel werk vir 2maande vooruit geboek is. Privaat sal dit R86000 beloop. Geld wat ek nie het nie. Ek vra myself af sal ek sterk genoeg kan wees om vir die tydperk te kan sterk staan en geduldig wees op dit wat Jesus vir my beplan. My gebed is vanoggend om te vra dat ander mede Christene elkeen van ons wat deur een of ander siekte gaan ook vir ons in Gebed voor Jesus se voete plaas en dat Sy krag deur ons kan vloei om sterk te staan deur geloof en ons laste ligter sal word wat vanoggend so swaar op ons skouers rus.... Groete aan almal daar buite wat weet waardeer ons worstel.

trudie
Feb 13th 2012, 07:01 AM
Ek sal jou in gebede op dra.Sterkte vir jou.Ek weet nooit wat die regte woorde is om te gebruik in sulke tye nie.

CFJ
Feb 13th 2012, 07:05 AM
MŰre Susan! Ek dink dit is reeds 'n oorwinning as mens net kan praat oor jou situasie en is 'n bewys van 'n soeke en wie soek, sal vind, staan daar. Dankie dat jy dit kom deel en wees verseker van gebede wat vir jou opgaan vanoggend. Terwyl ek hier geskryf het was hier 5 ander wat ook hier kom lees het en jou storie kan nie anders, as om aan mens se hart te vat nie. Hier is iets wat Paulus seker baie moedeloos kon laat en hy skryf die volgende in 2Kor 4... 'In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleŽ, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie. Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word. Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. So werk die dood dan in ons, maar die lewe in julle.' (vers 8-12)

Jou siekte kan 'n wyse wees waarop jy vir ander kan getuig oor 'n God wat lewe en as Hy soveel van jou dink, om jou so waardig te ag om ander vir Hom te win, dan was jou lewe oor en oor die moeite werd tot hier. Daardie deel hierbo in 2Kor 4 word so vooraf gegaan..., 'Want God wat gesÍ het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.' (2Kor 4:6-7)

Ons is aan die einde van die dag heel eerste hier om Hom te verheerlik en baie omstandighede in ons lewens, word deur Hom gerig, sodat ons dit wel kan doen. Daar is vandag vele der vele motiverings-predikers of sprekers, wat almal mense was wat deur loutering, van verlamming, gebrek of derglike toestand, daardie leemte in hul eie lewe as 'n skat vir ander kon aanbied, oor die verhaal daaragter. Jou verhaal is nie kleiner nie, nie minder belangrik nie en die uitkoms is in 'n sekere sin nie belangrik nie, want dit gaan oor die geleentheid om God te kon verheerlik. Dat daar goed in 'slegte' omstandighede kan wees, is 'n bybelse beginsel waaraan ons kan vashou en as dit nie so was nie, was daar nie geregtigheid nie, nie vir onsself nie en ook nie vir ander nie (Rom 8:28). Niks in die lewe is so soet, soos om diensbaar te wees vir ander nie... en om 'n pÍrel te wees wat skitter vir ander, kom nie goedkoop nie, want pÍrels word in pyn gebore, as 'n sandkorreltjie in die skulpdiertjie kom en 'n afskeiding die pyn verlig. Die afskeiding om die sandkorreltjie word hard en weer word 'n afskeiding afgegee en word dit aan die einde van die dag 'n pÍrel. Ongelukkig sterf die skulpdiertjie, maar die nalatenskap is vir almal om te geniet en om te ervaar en om baie keer iemand veral 'n vrou, se hart baie bly te maak.

Hierdie sterwe is 'n geestelike konsep, wanneer ons eie ek moet sterf, sodat Christus deur ons kan lewe. As ons eers hier kan kom, dan is die vlees nie meer in die pad nie en soms illustreer die Here deur vlees wat sterf, wat ons eie kruisweg op neerkom. As ons nie sterf nie, by die kruis kom waar ons vlees gekruisig word nie, kan ons nie die geestelike lewe ontvang nie en ook nie verstaan nie.

protea
Feb 18th 2012, 09:57 AM
Hallo Susan,

Baie welkom hier! Wees verseker van ons gebede. Jy noem dat ander mense moontlik Jesus se genade meer nodig het as jy. Onthou , deur Sy kruisdood het daar vir almal van ons genesing gekom, hetsy fisies , emosioneel of geestelik. As elke mens op die aarde gaan genade 'trek' by Jesus se 'genadebank', sal dit nooit leeggetrek kan word nie. Vir almal is daar vir altyd genoeg genade. Jy moet net vra en dit aanneem as geskenk van Bo. Deur jou eie genade te vra , ontneem jy nie n ander van sy genade nie. Ons Vader sorg vir ons. Hy is die Groot Heler! Skuil by Hom.

En as jy voel die lewe druk jou , kom gesels op die forum. Dan drink ons n kuber teetjie, ons bid vir jou en dan voel jy ook weer beter.

Al ons liefde,
Protea