PDA

View Full Version : Gebed aangevra



Susan Drotsky
Feb 28th 2012, 03:41 AM
Ek is 'n paar weke gelede met cervix kanker gedignioseer. Ons het nie medies nie en die behandeling is baie duur. Ek het gegaan na 'n staats hospitaal in Pretoria vir behandeling,maar weens die staat se agterstallige rekenings kan ek eers na 3maande behandeling ontvang weens die masjiene wat volgeboek is vir 2maande.
Vanoggend vra ek net vir elke een wat my boodskap lees 'n gebed vir geneesing as dit ons Vader se wil is. Ek weet hoe kragtig gebed kan wees as ons glo en vertrou dat Jesus my ook sal aanraak en volkome sal genees.
Ek het my moedertjie bietjie meer as 2jaar gelede afgestaan aan die dood en weet waardeer sy gegaan het met kanker. Ek wil daar wees vir my 4 kinders in hulle toekoms en 'n volkome vrou wees vir my man.
Dra my ook vandag op in gebed en dat ek nie moet wankel in dit wat God oor my pad gestuur het nie. Dat dit ook nog net een hindernis mag wees tot volkome geloof in Jesus Christus.

AndreHa
Feb 28th 2012, 06:47 AM
Jy het my gebede, my suster in Jesus. Onse Here sal jou nie laat los nie.

CFJ
Feb 28th 2012, 07:36 AM
Ek is 'n paar weke gelede met cervix kanker gedignioseer. Ons het nie medies nie en die behandeling is baie duur. Ek het gegaan na 'n staats hospitaal in Pretoria vir behandeling,maar weens die staat se agterstallige rekenings kan ek eers na 3maande behandeling ontvang weens die masjiene wat volgeboek is vir 2maande.
Vanoggend vra ek net vir elke een wat my boodskap lees 'n gebed vir geneesing as dit ons Vader se wil is. Ek weet hoe kragtig gebed kan wees as ons glo en vertrou dat Jesus my ook sal aanraak en volkome sal genees.
Ek het my moedertjie bietjie meer as 2jaar gelede afgestaan aan die dood en weet waardeer sy gegaan het met kanker. Ek wil daar wees vir my 4 kinders in hulle toekoms en 'n volkome vrou wees vir my man.
Dra my ook vandag op in gebed en dat ek nie moet wankel in dit wat God oor my pad gestuur het nie. Dat dit ook nog net een hindernis mag wees tot volkome geloof in Jesus Christus.

Hallo Susan,

Die Here kan op baie maniere te werk gaan om jou te help. Hy kan 'n wonderwerk doen en die kanker in een oomblik wegneem en jy moet, kan en mag dit glo. Hy doen dit gewoonlik as die gewone nie beskikbaar is nie. Kyk byvoorbeeld na die Israeliete in die woestyn, wat vir jare kwartels en manna as voedsel ontvang het as 'n wonderwerk, toe die gewone nie beskikbaar was nie. Toe hulle egter die land Kanašn binnegaan, lees mens nooit weer dat hierdie wonderwerk plaasgevind het nie, want die gewone was nou beskikbaar. Ek kyk elke Sondag op Kyknet na 'n erediens van die prediker, Andries Enslin. Net na afloop van hierdie program is daar 'n uittreksel van Radio Jakaranda, getiteld, 'Good morning angels' (die omroeper is 'n vrou met die van Broodryk). Dit gaan hoofsaaklik oor mense wat nie fondse het vir mediese uitgawes nie en hulle dan wend tot 'Good morning angels'. Hoekom oorweeg jy dit nie? Laat iemand namens jou dit doen, jou man, jou vriendinne of familie...

Al wat jy moet doen, is om te sien watter deur God vir jou oopmaak (Open 3:7-8). As die gewone nie beskikbaar is nie en as die gewone wel beskikbaar is, is beide deure wat slegs Hy oopmaak en jy moet net sensitief wees daarvoor, want ons weet nie vooraf watter deur Hy oopmaak nie en moet bloot let daarop...

Mag die Here jou krag gee, bewaar en die geloof gee en mag vele wat hier lees vir jou bid! :pray:

Son of the South
Feb 28th 2012, 08:17 AM
Hi Susan, ek was vir eers huiwerig om hier te reageer en het gedink ek sal sommer net bid, sonder om almal daarvan te sÍ. Ek het my egter bedink en voel ek wil dit hier sÍ, sodat jy daardeur bemoedig kan word en ook om ander aan te spoor om dieselfde onderneming te maak: Ek sal vir jou bid en aanhou bid, totdat jou situasie verander. :pray:

Susan Drotsky
Feb 29th 2012, 06:13 AM
Dankie aan almal wat vir my voorbidding doen en bemoedigende woorde.

CFJ
Feb 29th 2012, 06:30 AM
Dankie aan almal wat vir my voorbidding doen en bemoedigende woorde.

Die Here help jou Susan... :pray:

Johnny
Feb 29th 2012, 03:28 PM
Ek dink vanaand aan jou in ons biduur by die kerk. Hy bly die GROOT geneesheer, en as ons aan Hom behoort deur gehoorsaamheid aan Johannes 3:3, dan is Johannes 1:12 ook 'n werklikheid in ons lewens.

mari
Mar 1st 2012, 10:00 PM
Liewe Sus-an ...

Ps 139 vir jou vandag ,,,,,,

protea
Mar 4th 2012, 03:38 PM
Susan , ons neem ons outoriteit wat Jesus vir ons aan die kruis verdien het ,op, en bid vir jou aanlyn : Susan, WEES GENEES, in Jesus se magtige Naam! Sodat Sy Naam geprys mag word as Ewige , Almagtige , Geneser God!

paidforinfull
Mar 4th 2012, 07:10 PM
:hug:

Ek bid dat dit Here jou en jou gesin genadig mag wees en jou volkome genees sodat jy jou kinders kan grootmaak. Die Here kan.

Son of the South
Mar 5th 2012, 07:31 AM
Ek het Saterdag my bidgroepie gevra om saam vir jou te bid. Ons weet nie altyd wat die Vader se plan is nie, maar ons vra vir jou genesing.

Ta-An
Mar 10th 2012, 07:41 PM
:pray:
Vader , ons vra in die Naam van Jesus, ons Verlosser, dat genesing sal vloei uit U hande, en dat Susan, tot eer en verheerliking van U Naam genees sal word van die kanker.




Susan, omdat jy nog nie privaat boodskappe kan ontvang nie, wil ek van die geleentheid gebruik maak om te vra: Is daar iemand teen wie jy 'n wrok dra wat jy moet vergewe :hmm:

Son of the South
Mar 19th 2012, 06:19 AM
Susan, jy lÍ swaar op my hart. Is daar dalk enige nuus?

Susan Drotsky
Mar 23rd 2012, 12:33 PM
Ek wil net weereens dankie sÍ vir almal se gebede. Dit help my baie deur hierdie tyd. El het weer gebel maar volgens die hospitaal se personeel is al die masjiene nou buite werking en kan hulle ons nie sÍ wanneer die staat die masjiene se kostes gaan betaal nie. Daar is dusiende lÍrs wat wag vir behandeling. Dus so hartseer nie net in my geval nie,maar ook vir al die ander pasiente wat behandeling so nodig het. Mag elkeen se gebed nie net vir my gaan nie,maar ook aan elkeen wat wag om gehelp te word deur die staathospitale in Suid-Afrika.

Susan Drotsky
Mar 23rd 2012, 12:44 PM
Baie dankie vir julle gebede. Dit dra my deur die tyd van wag en nie weet wat die weke vir my inhou nie,maar te danke aan mense soos julle maak julle dit net vir my makliker om elke dag optestaan met 'n blymoedige hart en dankie te sÍ vir krag en leiding.

Son of the South
Mar 23rd 2012, 03:44 PM
Ek wil net weereens dankie sÍ vir almal se gebede. Dit help my baie deur hierdie tyd. El het weer gebel maar volgens die hospitaal se personeel is al die masjiene nou buite werking en kan hulle ons nie sÍ wanneer die staat die masjiene se kostes gaan betaal nie. Daar is dusiende lÍrs wat wag vir behandeling. Dus so hartseer nie net in my geval nie,maar ook vir al die ander pasiente wat behandeling so nodig het. Mag elkeen se gebed nie net vir my gaan nie,maar ook aan elkeen wat wag om gehelp te word deur die staathospitale in Suid-Afrika.In ons swakheid om iets te doen, is Sy krag die grootste! Here, ons vertrou op U alleen, sodat U al die eer sal kry wat U toekom! :pp

protea
Mar 23rd 2012, 06:18 PM
Susan , ons bly bid vir volkome genesing . Gelukkig het ons Hemelse Heler het nie hospitaal masjiene nodig in Sy genesingswerk nie!

CFJ
Mar 24th 2012, 09:31 AM
Baie dankie vir julle gebede. Dit dra my deur die tyd van wag en nie weet wat die weke vir my inhou nie,maar te danke aan mense soos julle maak julle dit net vir my makliker om elke dag optestaan met 'n blymoedige hart en dankie te sÍ vir krag en leiding.

Ek dink iets wat ons maklik mis Susan, is dat mens se bekommernis oor vrese handel en in die Here of in Jesus, bestaan hierdie vrees nie meer nie. Ons behoud is nie dat geen ellende ons gaan tref nie, maar dat ons absoluut geen vrees vir ellende gaan hÍ nie. Dawid kon die volgende sÍ, 'Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.' (Ps 34:4)... en Paulus skryf ook, 'Want God het ons nie Ďn gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.' (2Tim 1:7)

As mens net eers hier is, is die res so te sÍ kinderspeletjies...