PDA

View Full Version : GEBEDSVERSOEK : 'n wonderwerk vir ons wonderwerkie .....



mari
Mar 1st 2012, 09:54 PM
Halo Lighuis familie .....

Ons groot klein wonderwerkie het 'n groot wonderwerk nodig en ons vra dat julle asb saam met ons staan in gebed .....

Laas Maandag is ons George Hospitaal toe na 'n paar steurende simptome, o.a. gewigsverlies ...... lang storie kort.... ons is onmiddelik opgeneem en na 'n week in Grg Hosp, oor die naweek gevlieg na Rooikruis met 'n groot nier probleme.....

Die laaste 10 dae was wild, maar nooit soner genade ....... wat aanvanklik gelyk het na nierversaking met ten minste een nier wat verwyder sou moes word, het intussen verander na moontlik omkeerbare skade ...... onse wonderwerkie het die toetse op toetse met naalde en scopes en scans sover wonderbaarlik goed hanteer..... die personeel hier by Rooikruis is werklik simpatiek en redelik ingelig oor hoe 'n outistiese kleinding hanteer moet word ....... en kleinman verbaas baie met sy vordering .....

vandag was die eerste keer dat dinge amper te veel geword het toe hy wakker word uit narkose na 'n sistoskopie met >>>> 2 kateters ...... dit sou bietie baie vir enige gewone seuntjie gewees het, maar vir sy sensitiewe lyfie en siel was dit bietjie baie ......

...... papa het eergister deurgery hiernatoe en kry bietjie swaar om sy enigste liefkind so te sien sukkel .....

Ons vra jul saamstaan in gebed dat alles ten goede sal meewerk en dat die dokters die wysheid en insig gegun sal word om die ding deur te sien ......

SY GENADE IS GENOEG ..... en dis al wat ons vra ....

(lighies geselsers hier in die Kaap is natuurlik welkom om te kom halo se ..... dis ver van die tuinroete, maar enige plek is mos naby lig-familie ....)

Groete ....... m

vir die wat ons storie nie ken nie, loer by : http://bibleforums.org/showthread.php/117067-Getuienis-Groot-klein-wonderwerkie-getuienis-van-n-Autie-mamma/page3

mari
Mar 1st 2012, 10:03 PM
MRI vandag .....

SY GENADE IS GENOEG ..............

Die Filadelfieer
Mar 2nd 2012, 05:53 AM
Ai Mari, baie sterkte en krag vir julle. Verseker sal daar vir julle gebid word, en asseblief, hou ons op hoogte. Ons kom al 'n lang pad saam met julle en julle klein groot wonderwerkie.

Son of the South
Mar 2nd 2012, 07:02 AM
Mag die Groot Geneesheer sy handjie vashou (en die moeder en vader harte). :pray:

CFJ
Mar 2nd 2012, 07:10 AM
Ai Mari. Mens leer net wat genade is, as jy niks anders het as net genade nie en dit is altyd genoeg. Mens leer baie by iemand wat deur die drukgang loop en dankie vir die lesse in genade wat jy ons kan leer en ek vertrou almal se gebede is met jou... :pray:

Ta-An
Mar 2nd 2012, 09:17 AM
mari... :hug: X 100

Mag jy die Here se vlerke om jou voel, mag jy daar veilig skuil en mag jy uit die beker van Sy Genade drink.

:pray:

protea
Mar 4th 2012, 03:31 PM
Mari, Ruan is veilig in Jesus se groot magtige hande en NIKS sal met hom gebeur sonder Sy toestemming nie! Ons bid vir VOLKOME genesing en dat Hy julle as ouers die krag , kalmte en genade sal gee om deur hierdie situasie te kan kom. BAIE liefde.

mari
Mar 4th 2012, 09:01 PM
:pray::pray: more oggend ( Maandag ) vroeg teater ........

danki vir almal se gebede.......

mari
Mar 5th 2012, 08:10 PM
dankie Jesus ...

genadiglik toe nie teater toe vandag nie ..... twee dae grasie om eers infeksie af te kry en ander metodes te probeer ...... bloedtoetse het gestabiliseer, bloeddruk bly af, temp weg ....... alles baie rustiger na 'n riller naweek .....

maar ..... Sy genade bly genoeg ......

dankie vir die wat saam bid .....

Son of the South
Mar 6th 2012, 04:59 AM
Ag dankie Vader, U hoor ons gebede. Ons bid dat daardie lyfie die stryd teen die infeksie sal wen en ons glo dat u hom genesing sal skenk deur die genade in Jesus se Naam, amen. :pp

Vrede vir julle mari.

mari
Mar 10th 2012, 02:12 PM
Halo liewe liggie familie ....

ons is nog in Rooikruis ...... Sy Genade steeds met ons .....

Die dokters oorweeg nou 'n operasie om die drukking op sy niertjies deur 'n pypie te verlig, maar dit is nogal 'n ingewikkelde storie ( die blindederm word uitgehaal en ingeplant as kanaal van die blaas na buite ....... 'n gaatjie op sy maag is nou nie juis wat 'n seuntjie wat reeds bietjiie sensitief is, juis nodig het nie .... en hy sal nie kans swem ens nie .......

ons probeer op die oomlik die drukking van 'n vergrote, verdikte blaas met erge refluks op reeds beskadigte niere, op 'n natuurlike manier af te hou en vertrou die Vader vir deurbraak ...... die medikasie het sover goed gewerk en die infeksie is oorkom ..... die blaaswande ontspan ook en dit het 'n wonderwerkie veroorsaak wat bietjie privaat is vir uitbasuin .... but anyway ...... die blasie ledig gedeeltelik natuurlik ( om dit nou diplomaties te stel )

... maar ek wil ook 'n ander getuienis met ons Liggie familie deel ......... dit is wonderbaarlik om te sien hoeveel lewende geloof daar nog om ons is, van mense wat jy dit die minste sou verwag .....
Vrydag kom 'n jong vroue student dokter by ons bed aan 10 uur die aand nadat hulp aangevra is met katetirisering ........ 3 van die verpleegstaf het al probeer en kon nie die pypie in kry nie ....... seuna was reeds uitgeput verby troos ....... en mamma moes hard bid om dinge in perspektief te hou ....... die jong meisiekind vertel toe sy help eintlik 'n vriendin uit en is eintlik van 'n ander afdeling .... sy sal nie eers probeer wat hulle wil he nie, maar sy glo sy is juis na ons toe gestuur ....... net daar vat sy my hand en begin bid ....... die pragtigste woorde van 'n mede sussie aan Abba Vader ........ dit was soos 'n koel bries wat oor ons gekom het en die seer en gesukkel sommer so weggeblaas het ........ ek was so bewus dat ons nie alleen is nie !!!........ ons Vader is wonderbaarlik en stuur engele in die vreemste vorms ! ..... sy was ook bevriend met een van die uriloee en het hom wakker gebel om te kom help ..... hy het van die meds verander en die storie toe genadiglik na die volgende dag met narkose uitgestel ........

Sy Genade Bly Genoeg ....... minuut na minuut .....

CFJ
Mar 10th 2012, 05:02 PM
Dankie Mari! Mens kan jou intense getuienis aangryp en self bemoediging kry, as mens sien hoe die Here se getrouheid net nooit faal nie! Sterkte vir julle!

protea
Mar 10th 2012, 05:53 PM
Mari, dankie vir jou terugvoer en die pragtige getuienis! Daardie jong mediese student is voorwaar op jou pad gestuur! Dit het seker vir jou gevoel jy moet kyk of sy nie vlerkies het nie?!

Ons gebede bly by julle! Mag ons Vader VOLKOME genesing gee in Jesus se Naam! AMEN!

Ta-An
Mar 10th 2012, 07:35 PM
:hug:
mari, ek sit met trane in my se oge....

Ja, ons moet minder skaam wees om openlik oor ons Here te praat, :yes:
Mag die Here julle seŽn daar in die hospitaal, en mag baie mense julle getuienis aanhoor :)

Die Filadelfieer
Mar 12th 2012, 05:54 AM
Gee vir die wonderwerkie vanmore 'n stywe drukkie van my af asb Mari.

mari
Mar 13th 2012, 09:36 PM
Onse Vader se Genade is groter as enige diagnose en prognose !!!!

baie baie baie dankie aan almal wat saam staan in geloof vir ons wonderwerkie n.......

Kleinman het die ekspert dokters hier bietjie ore aangesit deur basies 'n paar maande se verbetering in 'n paar dae te bereik .... die beplande groot operasie is daarmee heen, in pleks daarvan gaan hy Donerdag vir 'n prosedure onder narkose met inspuitings in die blaaswand om dit meer elasties te maak ....... sy nierfunksie telling het meer as die helfde verbeter en bloeddruk is nou heel stabliel.... niks meer infeksie ..... en /.... ens .........

Dit beteken wel hy gaan op sy verjaarsdag ( Vrydag ) nog so bietjie deur die mis wees, maar hy mag dalkies Saterdag kan uitgaan saam met die familie .......

SY GENADE IS EN BLY GENOEG !!!!!

Son of the South
Mar 14th 2012, 04:53 AM
Ag dankie dankie dankie Jesus! Dankie vir die goeie nuus mari, ons gebede is nog steeds elke tree met julle.

Die Filadelfieer
Mar 14th 2012, 05:54 AM
Prys die Here !

Ta-An
Mar 14th 2012, 11:19 AM
mari :hug:

...dit is ook nou die einde van alle swaarkry.....

Prys die Here!!

Walk tall!!

protea
Mar 18th 2012, 03:54 PM
Ons Vader hoor as Sy kinders in hulle nood na Hom roep en gee dan uitkoms ! Ons is SOO bly vir julle! Prys Sy heilige Naam as die Almagtige God van hemel en aarde!

mari
Jun 15th 2012, 06:59 PM
Hallo al my Liggie maters !!!!! ....UITEINDELIK ........ terug oppie LIG ......

Tydens ons hospitaal kuiery het my PC besluit om oppiekoffie te gaan en ek kon nog nie weer by Lighuis inkom nie ....... die fout was toe al die tyd met my computer ..... PC ingevat, alles afgelaai en oorgelaai en gereboot en gere-alles ..... sommer ge-reborn again .... of so iets .... en sieda, hier gesels ons ......

Ons was toe op die ou end meer as 'n maand in Rooikruis... daarna weekliks plaaslike POPD....... bloedtoetse het al beter en beter begin wys en nou gaan dit heel goed met seun .... die operasie waar 30 botox inspuitings in sy blaaswand gespuit is ( jip, die face lift anties grrrrrril seker..... ) was 'n groot sukses en die skade weens reflux is heeltemal is gestop ....... medikasie onderhou nou die storie .....

ons was laasweek weer in Rooikruis, net vir 'n week, en het fantastiese nuus gekry .... Rohan het in 2 maande verbeter soos ander kinders nie eers in 6 maande herstel nie ...... sy niertelling is van dodelik ( 270 ) na binne aanvaarbare perke ( > 90 ) ..... die nier wat hulle wou verwyder, is nou net effe beskadig, maar hy het reeds voldoende nierfunksie ..... daar's nog heelwat pille, die "pypie" ens, maar hy mag volgende kwartaal terug skool toe .....

GENADE IS GENOEG !!! .......

Ta-An
Jun 16th 2012, 03:54 PM
Dit is wonderlike nuus mari....
Dat jy kan aanteken, en natuurlik van Rohan.... :pp Prys die Here!!

CFJ
Jun 18th 2012, 09:13 AM
Elke keer as ek in George verby julle ou perseel ry, dan wonder ek waar is Mari en hoe gaan dit met julle? Bly om weer van jou te hoor en natuurlik die goeie nuus!

protea
Jun 18th 2012, 01:17 PM
Mari, ons is SO bly oor al jou GOEIE NUUS ! Ons het jou gemis en is so bly ons is weer in kontak! Ruhan se getuienis is die werking van ons Grote Almagtige God wat hoor as Sy kinders na Hom roep in nood! Dis ook n getuienis van ons Vader se wonderwekende krag en genade en liefde uitgestrooi oor Sy kinders - mildelik en oorvloedig. Volmaak!

Here God, dankie vir U Almag, U helende wonderwerk ook in Rohan se lewe! Ons loof U wonderskone Naam! Dankie Here dat ons kan weet dat NIKS MAAR NIKS met U kinders sommer maar per toeval gebeur nie, maar dat U n doel het met elke haar wat ons langs ons lewenspad mag verloor. U weet daarvan en ook wat die doel daarvan is. Dankie dat ons kan deel wees van U volmaakte plan vir elkeen van ons se lewens! U is getrou en koester ons in U liefde. Ons loof U Abba Vader!

mari
Sep 7th 2012, 12:58 PM
Halo almal .... long time no c .....:pp

Gister ontslaan na 6 maande opvolg besoek .... kuier paar dae by familie ....

Dit gaan uitstekend met onse wonderwerkie, ons is Sondag deur Rooikruis toe vir sy "checkup" ...... die doks sou die inspuiting storie herhaal, maar het daarteen besluit aangesien onse seuna se herstel so goed is dat sy niertjies "natuurlik" hul werk begin doen het - ondanks letsels, is sy nierfunksie herstel na normale tellings ! ....... hy is nog op 'n handvol medikasie, maar dit gaan al beter.... darm al 4 kg opgetel ...

dankie vir almal se gebede en aanmoediging ....

GENADE BLY GENOEG !

CFJ
Sep 9th 2012, 04:58 PM
Dankie dat jy laat weet Mari en bly om jou so gelukkig te sien!

mari
Dec 27th 2012, 02:57 PM
Geseende kersgety almal ........

Op kersdag het ons hele familie vir die eerste keer in jare saam gekuier hier innie Kaap .... en ons kleinding se beterskap en die Vader se Genade saam gevier ....

hy het laas week sy 9 maande scan gehad ...... met die nuus dat die een niertjie 100 % herstel het - geen skade meer sigbaar !! .... daar is nog " issues " met die ander nier en sy blasie, maar hy hou aan om die oom dokters se boeke vir hulle oor te skryf ....... en sy gewig is op na 29kg ! .........

GOD IS GOED ... en Sy GENADE onbeskryflik ...........:pp

mari
Jun 9th 2015, 01:55 PM
Hallo almal !!!!

dis 3 jaar later en GENADE is GROTER as OOIT !!!

seun is nou 14, niere so-te-sÍ OK.....

die pad wat ons die laaste 3 jaar gestap het spreek net van genade ..... genade ...... genade ........

Ta-An
Jun 9th 2015, 05:18 PM
Prys die HERE o my siel, en alles wat binne in my is Sy Heilige Naam!!!
mari, dit is wonderlike nuus, ons dien 'n Almagtige groot GOD!!

Son of the South
Jun 9th 2015, 07:04 PM
:amen:
Prys die HERE o my siel, en alles wat binne in my is Sy Heilige Naam!!!
mari, dit is wonderlike nuus, ons dien 'n Almagtige groot GOD!!Amen !

CFJ
Jun 9th 2015, 08:43 PM
Lekker om jou getuienis te hoor Mari! Julle het omtrent al 'n padjie gestap :hug:

Kalahari
Jun 9th 2015, 09:25 PM
Dit is so lekker om te hoor hoe goed ons God is. Hy is beter as wat ons ooit kan hoop of begeer. Prys die Heer!

Die Filadelfieer
Jun 11th 2015, 06:08 AM
My aarde Mari ....Dit is goed om van jou en grootman te hoor ! :)

mari
Jun 11th 2015, 12:15 PM
http://bibleforums.org/attachment.php?attachmentid=12771&stc=1

Die een agter met sy hande op is onse seun - saam met sy skoolmaats op 'n uitstappie ....
Terug in die spesiale skool ..... gevorder uit Outiste eenheid na "gewone" klas ....

Op 11 skielik begin praat en maak nou op vir al die verlore tyd met aanhou babbel ......

( en nou werk mama sowaar ook nog by die skool !! )

GENADE IS GENOEG !