PDA

View Full Version : Liefde



David2
Mar 14th 2012, 04:43 AM
Mense is geskape om lief te h en voorwerpe om gebruik te word. Die grootste rede waarom die wreld in omgekeerde chaos verval het is omdat voorwerpe bemin en mense gebruik word.

Mense wat gedurig daarop uit is om aandag te trek, verstaan nie God se liefde nie. Aandag is 'n swak plaasvervanger vir liefde.

Al wat ek wil doen is om iemand te bedien. As ek dit doen is my Here se werk in my as sy kanaal volbring.

Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef. 2:10). "Maaksel" is die Griekse woord "poiema" (saamvoeg, komponeer). Die Engelse woord "poem" kom daarvan af. Ons is God se gedig. God is liefe en ons is sy liefdesgedig. As mense ons "lees", sien hulle liefde en nie veroordeling nie (Rom. 8:1)!

Johannes het 'n punt beet gehad. Hy was nie verniet die apostel van die liefde nie.

CFJ
Mar 14th 2012, 06:03 AM
Ek dink sommer onwillekerig aan hoe ons almal erkenning soek as ek lees wat jy hier skryf David. Laat die linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie is iets wat mens moet aanvaar en gewoond aan moet raak, want van nature soek mens maar erkenning en aandag soek soos jy dit stel is 'n swak plaasvervanger vir liefde. Ek is seker mens voel liefde aan en niemand kan bedrieg word as liefde eg is nie. Dit laat my skaam voel, want ek wens so alles wat ek doen kan so ervaar word...

Mag die Here my help en elke ander wat ook soos ek voel vanoggend...

Ta-An
Mar 14th 2012, 11:16 AM
Wat die stukkie wat jy pos David my aan herinner is dat God ons in Sy beeld geskape het, dus met alles wat ons in staat stel om soos Hy te kan wees, en God is liefde, dan behoort dit mos eintlik vir ons maklik te wees om lief te kan h.
Ons lewe in 'n gebroke wreld, en mense wat ongelukkig in hulle self is, maak ander mense ook seer, ek dink soms dit is om nie die enigste een te wees wat seer het nie, of beter te voel omdat iemand anders nou ook seer het nie.... ek weet nie, :dunno:

Iets wat ek nou die oggend oor Radiokansel hoor, (ek weet nie die dag of tyd of program of aanbieder of gas nie :blush: maar ) die man het ges, "Eintlik is ons met God se geestelike DNA geskape" en dit het my nogals laat dink... ons is so volmaak geskape, en ons maak so droog, ons val so vr te kort van hoe ons eintlik geskape is...... die Woord s :"Wees heilig" en dan wanneer mens jou alles ingooi en te probeer leef soos wat God van mens verwag, dag word aan jou ges om versigtig te wees dat jy nie so "heavenly bound" moet wees dat jy nie "earthly good" is nie :dunno:

:hug: Solank ons leef met die kruis in sig en ons o op die hoop wat nie beskaam nie.