PDA

View Full Version : Oooooo Butternut!!



Ta-An
Mar 14th 2012, 11:40 AM
Weet julle hoe lekker Geroosterde botterskorsies en Feta kaas in 'n "Quiche" is :hmm:

trudie
Mar 14th 2012, 04:06 PM
Botterskorsie sop is net so lekker.

Ta-An
Mar 14th 2012, 05:07 PM
Selfs rou botterskorsie sop is lekker...

Ek rasper botterskorsie in stowegeregte, en dan maak dit 'n heerlike sous met 'volume':D
Ek sien uit na die winter :yes:
'n Sakkie botterskorsies is maar R20 hier by ons op die oomblik )
Botterskorsie sop is net so lekker.

trudie
Mar 14th 2012, 06:09 PM
In een van my flenter boeke is 'n resep vir Kamma mango slaai.Een grof gerasperde medium grote botterskorsie en een pynappel in blokkiies geny.Laat staan vir so 2 ure en versier met mango.My oudste meisiekind en haar man eet net groente en vis en wat sy met groente aanvang laat die jongste eet en nie eers agterkom dat daar groente in is wat sy nie van hou nie.
Sy het my geleer om eiervrug te gebruik dat die jongste vra dat ek dit maak.Ek sal die botterskorsie en feta kaas resep vir haar aanstuur.

protea
Mar 18th 2012, 04:27 PM
Ta-An , stuur die ou ramseppie aan 'seblief?

trudie
Mar 19th 2012, 05:53 AM
Dit lyk of butternut sommer baie gewild is.My oudste het juis toe ons gister geskype het vertel dat sy vir aand ete " pan seared tuna " op oond geroosterde butternut gaan maak saam met brood en balsalmiese asyn.

Ta-An
Mar 19th 2012, 07:44 AM
Ta-An , stuur die ou ramseppie aan 'seblief? :lol: Ek gebruik net 'n resep wanneer ek kerrie maak :D

Ek maak gewoonlik 'n korslose quiche, maar jy kan maar seker met 'n kors oor maak :idea: (Klaar gerolde skilferkors werk lekker)
Oondrooster tot gaar, 'n medium groote, in blokkies gekapte botterskorsie en 2 uie,(Ek skud gewoonlik eers die groente in 'n plastiek sakkie saam met 'n biki Olyfolie) wanneer gaar pak die groente saam met gekapte Feta kaas (ek koop sommer by spar 'n blokkie, weet nie wat die weeg nie :D seker so omternt 150g) in 'n oondvaste bak (tertbak of vierkantige bak, net soos jy wil) geur met roosmaryn, of kaneel of neut, jy soek daardie effe 'oosterse' smakie met die botterskorsie ;) klits 3 ekstra groot eiers saam met 1K melk, of melk en room as jy dit biki romeriger wil h, (ek geruik ook sommer die oorskiet Greek yoghurt) gooi oor die pampoen en bak tot goudbruin bo-op (180C vir +-half uur)
Jy kan lekker speel met die resep :D
Ek het oorskiet hoender by gesit, en selfs spinasie en versier met klein tamatietjies wat ek eers gepanbraai het, maar dan raak dit soos 'n "oorskiet tert" of soos mari eenkeer ges het 'n "Moerbytert"...Knoffel by gee weer 'n ander lekker smaak, veral wanneer jy die tamaties by sit :yes:

Die Feta is heerlik saam met die botterskoersie...so speel lekker :monkeyd:

trudie
Mar 19th 2012, 03:51 PM
Dit lyk baie lekker.As ek dit maak hoop ek nie ons Bulterrier gaan laf raak nie.Die hond raak sommer buite haarself as sy kaneel ruik.Daar is 'n winkel in Menlyn wat hierdie lekkerste kaneel bolle verkoop.Ek dink die winkel se naam is Cinnabon.Het oor die naweek vir my een van die bolletjies en kaneel stokkies ( is nie seker wat hulle dit noem nie) gekoop en toe het hulle ook cup cakes.Het vanielje een vir my dogter gekoop en hulle het ook red velvet cup cakes.Het toe dadelik aan jou gedink.

Ta-An
Mar 19th 2012, 09:16 PM
Ek het die Cinnabon resep hier iewers geplaas :) :idea:

trudie
Mar 20th 2012, 12:05 PM
Sal dit soek.Baie dankie.

protea
Mar 22nd 2012, 05:00 PM
Baie dankie Ta An! Ek gaan dit die naweek maak. My Feta is net op en moet dit gou aanvul. Lekker eet julle ook!

Ta-An
Mar 22nd 2012, 06:16 PM
Sal dit soek.Baie dankie. Het jy gekry?? Cinnabons (http://bibleforums.org/showthread.php/152718-Cinnabons?highlight=cinnabons)

trudie
Mar 23rd 2012, 05:56 AM
Ja ,ek het en ek gaan dit probeer .Dankie.

Ta-An
Apr 1st 2012, 02:21 PM
Reg, vandag se botterskorsie is so bedien
(2 porsies)
Pak in oondvaste bakkie:
1 k gekapte gaar botterskorsie en 80-100 g Feta kaas in blokkies gebreek (meng die feta kaas en butternut)
+- 15 basielie-kruid blare, snipper en meng by.
Klits 1 eier en kwart koppie room en gooi oor,
maal swart peper en Himalayan Rock salt bo-oor
Bak to gaar ....

Bedien met 'n vars slaai en Gebraaide gemarineerde vark ribbetjie

protea
Apr 6th 2012, 05:40 PM
Dankie Ta-An , jy kom tot my redding! More kry ek baie grend skoonfamilie en ek gaan hulle betower met ander se 'kalwers'.......

trudie
Apr 10th 2012, 01:58 PM
toe ek die naweek my oudste geskype het,het sy vertel dat hulle botterskorsie op pizza geeet het.Hulle was in die Franse Alpe ,het gaan ' snowboard ' net so na nuwe jaar.Dit was glo baie lekker.

Rapture Ready
Mar 9th 2014, 05:51 PM
My kind sal enige iets verruil vir butternut sop.

trudie
Mar 11th 2014, 03:45 PM
Ek is lief vir sop , enige sop .Ek soek altyd rede om sop te maak , al eet net en die twee viervoet kinders dit .