PDA

View Full Version : Help asseblief Om te brei



Ta-An
Mar 20th 2012, 05:15 PM
http://www.straw.com/cpy/patterns2/accessories/MochiPlus-Tam.html

Trudie!!!!
Help!!

Hoe brei mens die??:hmm:

trudie
Mar 20th 2012, 06:35 PM
Die manier van steke op sit is om sg ' live stitches ' te he sodat jy op die einde die steke wat jy mee eindig saam te brei en so die steke af heg.Dit kan jy doen deur steke met 'n hekel pen opsit en dan die laaste stuk wol laat val en 'n knoop maak en dan begin brei met die wol vir die mus.Moenie laat die steke wat jy met die hekel pen op gesit het jou pla nie,eers as jy klaar is trek jy die gehekelde steke lversigtig los en tel op 'n pen en dan kan jy dit saam brei en af eindig.OP youtube kan jy kyk na provisional cast on en three needle bind off.As jy dit sien sal dit makliker wees.
Gebruik die selfde dikte brei wol vir die provisional steke as die waarmee jy gaan brei.Dit lyk na 'n oulike patroon.

trudie
Mar 20th 2012, 06:39 PM
Voor ek vergeet om telling te hoe met die kort ry steke maak sommer 'n paar lussies om te merk as jy onder breek word en papier en potlood om dit maklik vir jou self te maak.Daar is ook op youtube die tegniek van die short row knitting,ek gebruik dit as ek die hak van kouse brei.Hoop dit help.

trudie
Mar 23rd 2012, 08:43 AM
Het jy reg gekom met die patroon.Ek kan vir jou die patroon van 'n waslap wat op die selfde beginsel gebrei word pos of faks.Ek het gesoek vir die steke op sit soos in patroon.Jy maak 'n ketting met hekel pen ,met meer steke as wat jy wil gebruik en dan begin jy met jou wol wat jy gebruik vir die mus en brei deur die 'bumps van die kettng die steke soos patroon gee en as jy klaar is ,trek die ketting se steke vesigtig los en tel die steke op en brei saam om dit af te eindig soos in patroon.

Ta-An
Mar 23rd 2012, 10:51 AM
Dankie, hoe meer ek die partoon lees, kan die steke opsit sin maak, maar die res.... :o ek sal na die naweek my brein laat oefen :D

trudie
Mar 23rd 2012, 12:28 PM
Ek het baie van die tegnieke geleer deur waslappe te brei,of net blokkies.Mens kan altyd die blokkies later was werk en 'n kombers maak.Daar is nog so baie wat ek wil leer,soos om vanaf 'n kaart te brei.My kop slaan sommer toe as ek net daar aan dink.

Ta-An
Mar 25th 2012, 03:28 PM
:monkeyd: Ek kan lees :pp
Ek het die patroon onder die knieg, sal nou maar sien wanneer ek by die einde kom....

trudie
Mar 26th 2012, 01:16 PM
As jy van die patroon hou teen die tyd dat jy klaar is moet jy " domino knitting " of entrelac probeer.Ek het 'n patroon van lg. maar in "garter stitch " .Een van die manne wat brei blogs skryf het die waslap in garterlac ontwerp.