PDA

View Full Version : Die Kruis in die Ou Testament

Johnny
Apr 19th 2012, 11:05 AM
Ons weet dat die Kruis 'n plan van God was voor die grondlegging van die wereld. Het julle al die Kruis in die Ou Testament gesien? Hiermee so een of twee verwysings.

Almal ken Jesaja 53 wat die Kruisgebeure tot op die punt korrek uitbeeld 600 jaar voor dit gebeur het, maar het julle al die een gesien?

Lev 14:48
Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
Lev 14:49
Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voŽls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,
Lev 14:50
en die een voŽl in Ďn erdepot oor vars water slag.
Lev 14:51
Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voŽl neem en dit in die bloed van die geslagte voŽl en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.
Lev 14:52
So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voŽl sowel as met die vars water en die lewendige voŽl en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.
Lev 14:53
Daarop moet hy die lewendige voŽl buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.

Johnny
Apr 20th 2012, 08:46 AM
Dawid skryf in Pslam 51 dat die Here hom moet ontsodig met hissop. 'n Manier van reiniging. Die dooie voŽl spreek van Jesus wat gesterf het en die voŽl wat wegvlieg van die opstanding. Die dooie voŽl se bloed wat met die skoon water vermeng word spreek van die skoon water en bloed wat uit die sy van Jesus gestroom het op die kruis. Ek wonder of die kruis nie dalk van sederhout gemaak is nie? Ons aangetaste plekke met sonde word ook gesond en rein met die bloed van Jesus. Jesus het ook vir ons versoening gedoen soos die voŽl wat wegvlieg.

Louwrens Erasmus
Apr 21st 2012, 11:54 AM
Johnny

Twee idees rondom die Kruis in die Ou Testament en Hissop.

1. Kruis - 'n Gebeurtenis waarby Israel betrokke was, vind ons in Numeri 21 vers 7 " En die volk het na Moses gekom en gesÍ: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid. 8 Daarop sÍ die HERE aan Moses: Maak vir jou 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe. 9 Toe het Moses 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal gesit: en as 'n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe gebly."
In Israel se tyd, het hulle nie besef waaroor dit gegaan het nie. Dit verwys na Jesus wat ons sondes en siektes op Hom geneem het, sodat elkeen wat Hom aanroep en in Sy voltooide werk op die kruis glo, gesond sal word. Die goue slang het die sonde voorgestel, en wys na Jesus wat vir ons sonde geword het. Hier het Israel eerstens erken dat hulle gesondig het teen die Here en dat die slange en die dood wat daarop gevolg het, die gevolg van hulle sonde was. Hier wil die Here ons leer dat Jesus ook op 'n paal soos die slang betaal het vir ons sondes. Al wat ons moet doen is ons sonde erken en bely, dan kan ons opkyk na Jesus wat sonde vir ons geword het, en sal ons genees word (vergifnis ontvang). Geen uitsonderings nie. In Israel se tyd is almal genees. In ons tyd wil die Here elkeen genees, maar hy verwag sonde erkenning en sonde belydenis. Dan moet ons ook onthou om te glo dat dit nog vandag Sy wil is, en dat Hy dit kan en wil doen.

2 Hissop en Psalm 51. Dawid skryf vir ons in Psalm 51 hoe ons die HERE kan nader vir vergifnis toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by BŠtseba ingegaan het. Wanneer ek die Psalm lees dan besef ek opnuut hoe na Dawid aan die HERE gewandel het. Dan besef ek weereens dat die HERE wil nie weet van my grootheid nie. Hy wil dat ek in verslaenheid en nederigheid Hom sal nader, sodat Hy my kan rein was van my sonde. Ďn Baie interessante waarneming is die dat Dawid vra dat die HERE hom moet ontsondig deur hisop. Hoekom juis hisop? Daar is Ďn paar redes. Hisop is gebruik deur die Israeliete om die Bloed van die Lam aan hulle deurposte te smeer met die uittog uit Egipte. Dit wys ons daarop dat Jesus se Bloed veroorsaak dat ons nie sal sterf wanneer die doodsengel die dag met die oordeel ons nader nie. Verder in die Bybel sien ons dat oral waar iets rein gemaak moes word, is hisop gebruik. Selfs toe Jesus aan die kruis gehang het, is die spons met asyn wat al die bitterheid van die lewe weerspieŽl het, op Ďn hisop tak aan Jesus gegee, en so is Hy ook rein verklaar. Nogal snaaks as ons daaraan dink dat die soldate eers vir Jesus moes rein verklaar voordat Hy gesterf het. Direk daarna het Hy gesterf. Maar, hoekom juis hisop? Hisop is Ďn medisinale kruie plant wat gebruik is om Ďn persoon se longe en asemhaling mee te behandel. So, die HERE wil dat soos Hy in die tuin van Eden Sy asem in die mens geblaas het, weer ons asem reinig van die asem van satan. Hy wil weer Sy asem, Sy Gees in ons plaas. Dit is die een rede. Die plant is ook bekend vir sy sterk wortelstelsel wat selfs binne in klippe kan gaan, en lees ons dat dit voorgekom het op die mure wat om die stede gebou is, en dat die wortels deur die rotse gegroei het. So moet ons leer dat ons so aan Hom, die Rots, gekoppel moet word dat ons wortels binne in Homself (die Rots van ons lewe) sal wees, sodat wanneer ons van die Rots verwyder word, ons nie kan bestaan nie, want al ons wortels sal saam met die Rots verwyder word. Baie min plante kan bestaan as sy wortels verwyder word nie. Die Rots is ons enigste vesting.

Net vinnig 'n paar gedagtes

Johnny
Apr 23rd 2012, 05:14 AM

Dankie Louwrens. Die hissop groie ook by die Klaagmuur in Jerusalem.

http://www.animatedhebrew.com/slideshow/Jerusalem/12%20Western%20Wall/slides/4%20Prayer%20Notes%20and%20Hyssop.jpg