PDA

View Full Version : Om te vergewe



Die Filadelfieer
May 2nd 2012, 06:38 AM
Die volgende storie het my diep geraak, en gaan my aan die dink sit vir nog lank. ( bron (http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/My-plaas-is-nie-al-die-haat-werd-20120430) )


My plaas is nie al di haat werd2012-04-30 22:17
http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1891/f6ef9643e29945ef8e7df34eb26b72c8.jpg
n Afgevatte plaas in Zimbabwe.




Henry Jackson

Hoe reageer n boer wanneer daar op sy plaas beslag gel word? Henry Jackson, n boer van Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap gister aan vriende en familie gestuur nadat dit verlede week met hom gebeur het.

My plaas is gevat! Daardie frase is amper so skrikwekkend as die woord kanker.

Dinsdag 24 April, terwyl ek besig was om kuilvoer te sny, het vier spoggerige voertuie my plaaswerf ingejaag en omtrent 20 mans het uitgespring, donker van woede en siedende haat.

Ek het oorgestap en vriendelik gegroet, maar net mompelende antwoorde gekry.

Die leier, die grondkommissaris, het begin: Jy weet dat die regering alle plaasgrond verkry het en dat jy onwettig op die plaas bly.

O, het ek geantwoord.

Wel, het hy voortgegaan. Ons het n nuwe eienaar wat ons wil bring en aan jou wil voorstel.

Hy het gevra of daar plek is waar ons kon sit en praat, en toe ons (bene uitgestrek) ons sit gekry het op ons stoep se stoele, het die intimidasie begin.

Ons verwag dat jy saamwerk met die nuwe eienaar. Ons wil h die oorgang moet vlot verloop.

n Besonder groot individu het bygevoeg, met diep haat wat uit sy gesig straal: As jy nie saamwerk nie, sal ons ons krels stuur en jy sal sonder enigiets weggejaag word nie eens jou klere nie. Jy sal niks saamvat nie.

Nog n man het gevra: Weet jy wie ek is?

Ek het ges ek weet nie.

Hy het ges:

Ek is mnr. *** (ek kan nie sy naam onthou nie) en ek kan mense binne twee uur van hul plase afkry! Hy het twee vingers in die lug gehou en kragdadig herhaal: Twee uur!

Ek was taamlik stil tot op di punt, maar het toe sag geantwoord: Mnr. ***, ek wil vir jou iets s wat ek wil h jy moet hoor.

Wat is dit? het hy nors gevra.

Terwyl ek my vinger na hom wys, het ek sag ges: Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs vir God. Ek en jy sal albei eendag sterf en in ons eie skoene sal ons voor God staan en verantwoording doen vir wat ons in di lewe gedoen het, jy vir jou dade en ek vir my reaksie daarop.

Dit het gelyk of dit hom taamlik van stryk gebring het.

Met nog baie dreigemente is hulle daar weg, so vinnig as hulle gekom het, en met die belofte om die middag terug te wees om die nuwe eienaar aan my voor te stel.

Toe hulle terugkom, was daar minder van hulle en net twee motors, en ek het tyd gehad om tot verhaal te kom.

Die man, sy naam is Philemon, wou weet hoeveel tyd ek nodig het en ek het ges: Ses maande sou ideaal wees sodat ek deur die winter kan kom.

Hy het ges dis te veel en ek het gevra hoeveel tyd hy my sou gee. Hy het ges: Drie maande.

Ek het besef dit was baie welwillend vergeleke met wat ander boere gekry het en dit aanvaar.

Binne n paar uur was die saak beklink en ek het my plaas, my lieflike huis en blyplek verloor, met nrens om te gaan nie.

Maar die Here het my voorberei op di dag. Oor die afgelope twee jaar het die Here baie met my gepraat oor my eie hart se houding en daar het baie reiniging plaasgevind.

Veral die afgelope drie maande het hy dikwels die gedagtes in my hart geplaas dat ek my plaas gaan verloor. Ek het geweet daar kom n toets in my lewe en dat Hy van my, sy kind, verwag om te reageer soos hy sou.

Toe die voertuie Dinsdag ingejaag kom, het ek dadelik geweet die tyd het aangebreek. Julle sien, daar is niks wat in di lewe gebeur wat vir ons hemelse Vader n verrassing is nie.

As ons sy kinders is, is ons lewens veilig in sy hande. As ons na sy stem luister en doen wat Hy s, is daar geen rede om bang te wees vir wat mense aan ons kan doen nie, of om die toekoms te vrees nie.

En wat s Hy moet ons doen as di soort ding met ons gebeur? Is ons gewillig om sy woorde op ons lewens toe te pas?

Matteus 5:44 s: Maar Ek s vir julle: Julle moet julle vyande liefh, en julle moet bid vir di wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel ...

Is Jesus se opdrag vir ons bedoel of nie? Waarom sien ek so baie Christene met sulke diep rassehaat en bitterheid wat in hulle kook?

Moet ons nie kinders van ons Hemelse Vader wees wat sy karakter uitstraal nie? Watter getuienis leef ons uit as ons met siedende woede reageer? Hoe is ons dan beter as die wreld?

Toe ek Philemon die volgende dag sien, was hy nog net so senuweeagtig en hy het op die punt van sy stoel gesit.

Ek het vir hom ges: Philemon, al het ek nrens om heen te gaan nie en al het jy op een dag my lewensdroom van my weggeneem, sal ek nie bitter of kwaad vir jou wees nie.

Ek wil jou sen as jy die plaas oorneem. Ek wil jou help sover ek kan. Ek wil h jy moet di plaas soveel geniet as wat ek dit geniet het.

Hy het positief gereageer en meer verbasende toegewings gemaak.

Jy kan alles wat jy wil van die plaas af neem en as jy bereid is om enigiets te los, sal ek jou daarvoor betaal, het hy ges.

Ons het blad geskud en is as vriende uitmekaar.

Die Bybel s: n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie. (Jakobus 1:20).

Ons moet die groter prentjie raaksien en nie so styf vashou aan die paar aardse besittings wat ons het nie. Ons Hemelse Vader is goed in staat om in al ons behoeftes te voorsien, en as ons ons aardse besittings in oop hande hou, kan hy daarvan neem of daarby voeg wat Hy wil.

Nie eens n mossie val sonder dat Hy dit weet nie. Kan Hy nie voorsien in n huis en plek om my koeie te melk nie? Natuurlik kan hy!

Waarom sal ek dan toelaat dat my hart gevul word met haat vir n man vir wie Jesus gesterf het? Ek wil liewer sien dat di man en sy gewelddadige vriende in die Koninkryk ingebring word.

Jy sal nooit die oorlog van rassehaat met haat wen nie. Dit kan slegs gewen word met liefde en vergifnis. Die sterkste krag ter wreld is nederige liefde. Het Hy nie ges: Die sagmoediges sal die aarde berwe nie?

Moenie die enorme krag van eenvoudige nederigheid onderskat nie waar ons s: Nie my wil nie, maar u wil geskied.

Natuurlik is dit wat hulle doen onwettig. Ek kan die saak wen as ek hof toe gaan. Maar teen watter prys? Met meer haat, met intimidasie en geweld teen my werkers, en verskrikking vir my liewe vrou? Nee, n plaas is dit nie werd nie.

Ek sal nie n stuk grond probeer behou en my kosbare vrou in gevaar stel en aan verskrikking blootstel nie. Sy is baie meer werd as n plaas.

Soos sake nou staan, het ek nrens om heen te gaan nie. Jesus se dissipels het Hom gevra waar Hy tuisgaan. Hy het geantwoord: Die jakkalse het gate en die vols het neste, maar die Seun van die Mens het nrens om sy kop neer te l nie. Ek voel ek is in goeie geselskap!

Maar ek het n absolute en bonatuurlike vrede en vertroue dat my Hemelse Vader iets baie beters vir my het as wat ek gehad het. Hy maak een deur toe net om n baie groter deur oop te maak.

So, vir julle wat gehoor het dat my plaas gegryp is. Moet asseblief nie om my onthalwe die vuur van rassehaat en bitterheid aanblaas nie.

Plaas liewer jul vertroue volledig op ons liewe Hemelse Vader en wag om te sien hoe wonderlik hy di situasie tot sy eer gaan omkeer.

Johnny
May 2nd 2012, 10:00 AM
Sjoe! Die storie raak my ook.....op meer as een manier. :yes: Die Here se dit help nie ons bring ons offers vir Hom as ons nog iets teen ons broer het nie. Gaan maak eers reg met jou broer, dan bring jy jou offers. So, aan elkeen aan wie ek wetens/onwetens iets gedoen of gese het op die forum, vergewe my. :hug:

Ta-An
May 2nd 2012, 01:49 PM
My suster en swaer se plaas is ook met 'n grondeis onder hulle uit.....
Jy kan net weet waaroor dit gaan as jy self in so 'n posisie is.....

Die Filadelfieer
May 4th 2012, 05:44 AM
'n opvolg storie. (bron (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Dinge-draai-in-my-guns-20120503))


‘Dinge draai in my guns’

2012-05-03 21:40

Mnr. Henry Jackson (57), ’n Zimbabwiese boer wat verlede week gehoor het hy is sy plaas kwyt, s dit lyk of dinge in sy guns draai sonder dat hy ’n vinger verroer het.

Jackson se versoenende reaksie op die oorname van sy plaas het die laaste dae wye reaksie ontlok. Hy het onder meer aan die nuwe eienaar van die plaas buite Gweru ges hy sen hom en sal hom help.

Jackson het gister ges dit lyk of ’n paar grootkoppe in Zanu-PF gehoor het wat op sy plaas gebeur.

Hulle neem nou standpunt in teen die grondkommissaris wat sy plaas wil onteien en stuur vir hom boodskappe dat hy op die plaas moet bly.

“Dis asof ek eenkant staan en hulle veg teen mekaar.”

Jackson s dis presies wat in verskeie gevalle in die Bybel gebeur het. Die verhaal van Gideon is een voorbeeld waar die vyand teen mekaar begin baklei het.

Hy weet hy het regte en dat die dokumente vir die onteiening van sy plaas nie in orde is nie. Hy het egter besluit om nie te veg nie, maar om die saak in die Here se hande te plaas.

Ook daarvan het die Bybel baie voorbeelde, s hy.

Hy het oorspronklik ’n fabriek op Gweru besit. Hy is ook ’n pastoor van die United Apostolic Faith Church.

Jackson het ges toe die plaasbesettings in 2002 ’n hoogtepunt bereik het en sy broer, mnr. Japie Jackson, sy plase verloor het, het hy gevoel dis verkeerd.

Hy moes standpunt daarteen inneem.

Destyds het hy in ’n ruiltransaksie die plaas buite Gweru bekom.

Die vorige jaar het hy ’n stuk geskryf wat in Beeld gepubliseer is waarin hy ges het waarom hy in Zimbabwe aanbly terwyl talle ander die land verlaat.

Hy weet hy kan elders tien keer soveel verdien as in Zimbabwe, het hy destyds geskryf.

Hy het egter geleer dat die lewe nie daaroor gaan om geld te maak nie, maar eerder oor omgee vir mense.

In sy bykans tien jaar op die plaas het hy met di ingesteldheid geboer.

Hy vertel hoe hy mense betaal het om saad van ’n sekere soort doringboom te versamel omdat dit goeie voedingswaarde vir sy beeste sou h.

In 2008, toe daar niks kos was nie, het hy die mense met mieliemeel betaal. S kon hulle ’n hele gemeenskap aan die lewe hou.

Oor die afgelope tien dae se gebeure s Jackson hy het gevoel hy moet stil wees en op die Here vertrou. Hy moenie hardekop wees nie.

Oor die jongste aanduidings dat dinge besig is om in sy guns te swaai, s hy:

“Die Here is baie groter as ons.”

Die Filadelfieer
May 10th 2012, 06:38 AM
Keerpunt n wraakgedagtes ( skakel (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Keerpunt-na-wraakgedagtes-20120509) )

2012-05-09 23:35


Gweru. – In Zimbabwe sien ’n mens deesdae nie sommer ’n naambord by ’n plaas nie.

S is dit ook by Henry Jackson (57) se stukkie grond buite Gweru.

Daar swaai nie ’n metaalbordjie met “Henry D. en Mandy Jackson, Bonnyvale” voor die laning jakaran*da*bome wat na die huis lei nie.

Want hier in Zimbabwe is grond*eienaarskap nie meer ’n saak van trots nie, maar ’n ongenaakbare slagveld. As dit van die plaaslike grondkommissaris afhang, moet die Jacksons einde Julie hul goed vat en trek.
Dan behoort die plaas Bonnyvale aan ’n nuwe eienaar.

Hulle sal alles moet agterlaat wat hulle in tien jaar tot stand gebring het. ’n Tuin waar die beeste aanvanklik ingejaag moes word om die kniehoogte-gras af te vreet, ’n nuut getelde melkery, die selfgemaakte kombuiskassies ... Ook die merkies teen die kombuiskosyn waarmee elke kind en kleinkind se groei die afgelope tien jaar aangeteken is.

Maar selfs dan, verseker die Jacksons jou, sal daar geen bitterheid of haat in hul harte vatplek kry nie.

Dit was anders toe die eerste vlaag van plaasbesettings hul familie tien jaar gelede getref het. Jackson se broer Japie het die plaas naby Gutu verloor wat hy van hul pa gerf het.

“Ek het baie emosioneel gevoel. Ek kon nie net bystaan en toelaat dat al die beeste wat hy sy hele lewe lank geteel het, geslag word nie.

“Derduisende beeste is daai tyd geslag.”

Ons gesels in die sitkamer waar talle geraamde foto’s van sy vier kinders en drie kleinkinders hang.

Jackson is ’n skraal man met treffende blou o wat broeiend kan lyk.

Maar wanneer hy lag, soos wat kort-kort gebeur, laat hy jou aan ’n goedige kabouter dink.

In ’n “ongelooflike wonderwerk” het Jackson dit reggekry om sy huis op Gweru vir die plasie te ruil.

Toe kon hy 50 van sy broer se beeste red en het sy lewensdroom gestalte gekry, ’n eie stukkie grond om diere op aan te hou.

Bonnyvale is meer plasie as plaas: dit beslaan twee hoewes (112 ha) binne die munisipale grense van Gweru.

Jackson en sy gesin het die grootste deel van sy volwasse lewe op Gweru gebly. Hy was ’n prediker en het ’n metaalsmeltery gehad.

Van boer het hy niks geweet nie. Maar hy het vinnig geleer en stelselmatig van vleisbeeste na melkproduksie oorgeskakel omdat sy plaas geskikter daarvoor is.

Tans lewer Bonnyvale se koeie ongeveer 600?liter melk per dag aan die Zimbabwiese melkraad.

Jackson het twee jaar gelede sy eerste tree gegee om uiteindelik die plaas sonder verset oor te gee.

Hy het toe ’n DVD gesien waarin
’n Amerikaanse pastoor ges het ’n mens dink in twee plekke: in jou kop en in jou hart.

Dit het hom genspireer om te preek oor wat in mense se harte aangaan.

Jackson preek nog gereeld in verskillende kerke op Gweru.

Tydens die preke het “die Here met my begin werk oor wat in my hart aangaan”.

“Ek kan nie vir ander mense preek hulle moet hul harte skoonmaak en my eie hart is vol bitterheid of goeters nie.”

Jackson praat van toe hulle nog op die dorp gebly het en hy, Mandy (55), en hul twee jongste dogters aangeval en vasgebind is. Later is hy ook onder klippe gesteek.

“Daai soort dinge sit in ’n mens se hart,” verduidelik hy. “As jy dit nie verwerk nie, kom jy nooit daaroor nie. Ek het dit probeer verwerk, maar lank gesukkel met daai ding van wraak en ‘as iemand weer inkom, sal ek hulle skiet’.

“Hoewel ek vergewe het, was daar nog ’n gesindheid daar wat reggemaak moes word.”

Jackson s hy het die afgelope drie maande baie gelees en onder die indruk gekom dat “ons Hom moet liefh bo alles. En ek het begin besef: hier gaan ’n toets kom, die plaas gaan geneem word.”

Wat inderdaad op 24 April gebeur het toe omtrent 20 mans Jackson kom spreek het.

Een het alles wat hy ges het in ’n boekie opgeteken, kwansuis om “bewyse” van rassisme in te samel.

Maar Jackson het sy les van die afgelope twee jaar uitgeleef en vir die nuwe eienaar ges: Ek sal jou help en sen.

Jackson en Mandy neem my op ’n toer van wat in gedrang is.

’n Tien dae oue kalfie volg sy ma lomperig.

Queen, Jackson se blinde koei van 18 jaar wat nog elke jaar ’n stewige kalf lewer, vind haar weg verbasend doelgerig deur die kraal se hek.

Ons eindig op die stoep waar Jackson met die plaasbesetters onderhandel het.

Hy gaan gelukkig toegang tot die grafte op Bonnyvale behou, want broer Japie se een seun is hier begrawe.

’n Familielid het kort nadat Jackson se plaas gegryp is die storie vir publikasie neergeskryf. (Dis nooit gepubliseer nie.)

“Die artikel was so kwaad geskryf en ek kan dit verstaan, maar toe s ek: ‘Nee, dit is nie hoe ek voel nie en ek wil nie dat ng meer mense haat en ng meer mense kwaad is nie.’”

Dis toe dat Jackson gaan sit en die brief aan familielede en vriende neergepen het wat uiteindelik in Beeld verskyn het.

“Bitterheid en haat gaan net aan, aan, aan: Jy gee dit vir jou kinders en jou kleinkinders en agterklein*kinders,” s hy.

“Iewers moet ’n mens ’n streep trek en s: Dit moet stop.”

Hy het boodskappe van Zanu-PF-hokoppe ontvang dat hy die plaas nie moet verlaat nie, maar sedertdien het dinge stil geraak.
“Binne die volgende week of twee behoort ons darem te weet of ons regtig van die plaas af gaan of nie.”

Jackson en Mandy se ouers is in Suid-Afrika gebore. Daarom kon die hele gesin Suid-Afrikaanse burgerskap kry.

Jackson en Mandy is in Zimbabwe gebore en het vaste verblyfreg.

Die Jacksons is vanjaar 36 jaar gelede op Gweru getroud.

Mandy is ’n direkteur by ’n private skool, die Midlands Christian Col*lege, en hulle het vier kinders: Delia (31), Daniel (29), Rebecca (25) en
Lyndie-Lee (20).

Die dogters woon in Harare, terwyl Daniel onlangs Nieu-Seeland toe vertrek het om daar op ’n melkboerdery te werk.

In 2008, toe ’n mens omtrent geen kos op Zimbabwe se winkelrakke kon vind nie, het die Jacksons vir Lyndie-Lee Stellenbosch toe gestuur om gr. 11 en gr. 12 aan die Rynse Meisieskool te voltooi.

Hul oudste dogter se vierde kind word in Oktober verwag.

Intussen weerklink die reaksie op Jackson se versoenende brief oor die wreld heen. ’n Uitgewer het Jackson gekontak om sy storie te publiseer.

Mandy vertel dis byna ’n heeltydse werk om al die e-pos en Facebook-boodskappe te lees wat hulle ontvang.

’n Man het uit Pretoria gebel.

“Hy het vir my ges: ‘Ek is ’n boer en ek wil net vir jou s jou storie het my hele lewe verander.’

“Nou as ’n mens ander mense se lewe kan verander ... ds baie waardevoller as ’n stukkie grond.”