PDA

View Full Version : Gebed aangevra



Kalahari
May 2nd 2012, 02:22 PM
Liggies

Vandag het ek jul gebede nodig!

Het gister van visvang afgekom. Vermoed al geruime tyd iets is nie lekker tussen my en my Liefie. Het gisteraand toe sy slaap op die BB gekyk en dit blyk dat sy besig is met 'n ander verhouding. Ek kan nog nie bepaal of dit net vriendskap of meer is nie, sy wil ook nie s nie.

Ons was vanoggend by die ds. Ons het huidiglik 'n time out tot mre. Ek vra dat julle sal bid vir kalmte en herstel. Van my kant af sal ek alles doen om die verhouding te red, maar ek kry die gevoel as ek vandag vir haar, haar vryheid gee is sy weg. Julle moet bid dat die satan nie sal oorwin nie en dat die verhouding herstel kan word. Bid ook dat die verhouding met die vriendinne verbreek sal word, aangesien dit net slegte invloed is wat help om die huwelik af te breek.

Dankie by voorbaat

Kalahari

CFJ
May 2nd 2012, 03:03 PM
Hi Kalahari,

Daar is seker niks so destruktief soos 'n verhouding tussen 'n man en 'n vrou, wat totaal verkeerd loop en opbreek nie. Om jou emosies te probeer verstaan moet mens dit in gedagte hou en hoe anders as om die Here te vra dat jy vrede sal h, kalm sal bly en sal aanvaar. Afhangende van haar openhartigheid, sal jy versigtig moet wees om vir eers, te veel druk op haar te plaas. Die tyd is 'n leermeester en die Here is in beheer van tyd en laat jy geleer word hoe jy die saak moet hanteer. :pray:

Ta-An
May 2nd 2012, 06:30 PM
Kalahari, ek bid dat jy as man dit sal kan reg kry om haar te vergewe, :pray:

Weet jy, as sy nog saam met jou die ds gaan sien het, dan is daar hoop.... die hoop beskaam nooit nie :idea:

Maar wat op aarde soek jy op jou vrou se BB:B

Louwrens Erasmus
May 3rd 2012, 08:20 AM
Ek stem so saam met ferdie en Ta-An. Sal vir julle bid, maar bid alleen is nie die oplossing nie. 'n Huwelik kos baie werk. Ek gebruik so 'n standaard boodskap wanneer ek mense in die huwelik bevestig, wat nogal gereeld is aangesien dit al is wat ons in die bediening doen. As jy wil, gaan kyk by die webbladsy en ek glo dat dit julle sal help.

http://shamaministries.org.za/wp/die-huwelik-my-trou-preek/

Louwrens

Ta-An
May 3rd 2012, 09:40 AM
Lourens, ek was by 'n huwelik seremonie teenwoordig, en die Ds het ges: Die man moet die vrou daagliks met die Woord was, dus daagliks moet hy sy vrou skoon maak met die Woord, so dus moet hy haar onderrig in die Woord, sodat sy rein voor die Here kan staan, want haar man se onderrigting deur die Wooord, hou haar skoon van goed wat haar van sonde kan bevlek.

Dankie vir die skakel in jou pos.

MercyChild
May 3rd 2012, 10:51 AM
:pray:..............

Die Filadelfieer
May 3rd 2012, 12:13 PM
Kalahari, my vriend,

Ek bid dat die Here julle huwelik sal herstel, en julle altwee se o oopmaak vir die redes wat tot die probleme gelei het.

Kalahari
May 3rd 2012, 01:41 PM
Baie dankie aan almal vir jul ondersteuning en raad. Dit word opreg waardeer.

Ons het 'n lang pad vorentoe, maar ek glo met die Here se genade sal ons oorwin.

Ek bid net dat die Here vir ons die geleentheid sal gee om te kan werk aan die huwelik.

Kalahari

Ta-An
May 3rd 2012, 03:22 PM
Ek bid net ,,,,
Amen :pray:

protea
May 5th 2012, 06:59 PM
Kalahari, die satan loop beslis rond soos n brullende leeu en verhoudings op alle terreine is sy teiken. Ons bid vir herstel , vergifnis en heling van julle huwelik in JESUS SE NAAM en ons weet Hy KAN en SAL die menslik onmoontlike doen! Want Hy is Almagtige God!

Kalahari
Sep 10th 2012, 02:25 PM
Het vandag die egskeidingsdagvaardiging gekry!

Die Here is egter getrou en sal uitkoms gee. Ek glo en weet dat hy Sy beloftes nakom en dat ek net moet vertrou.

Dankie vir al jul gebede. Die gebed van gelowiges is kragtig, want dit is die Here wat daardeur handel.

Ek het 'n verwagting van 'n deurbraak ..........

Son of the South
Sep 11th 2012, 05:38 AM
Here, ons word stil voor U... :pray: