PDA

View Full Version : Inligting Uitnodiging, Toer na Israel

Johnny
May 2nd 2012, 01:31 PM
http://bobcrossministries.net/lib/images/HP_IsraelBanner.jpg

Hiermee rig ek 'n uitnodiging aan enige deelnemer tans op die forum wat nie dieselfde voel oor Israel en die Jode soos ek nie om saam na die land van die Here te gaan tydens ons beplande toer in Julie 2013.

Ek is bereid om jou toer ten volle te betaal. Al wat jy moet doen is om te voorsien vir jou eie sakgeld en as jy nie naby OR Thambo bly nie, miskien in 'n ander provinsie, om op jou eie onkoste hier uit te kom.

Kom ontdek die wonder van God se Woord op 'n geestelike reistog wat jy nog nie ervaar het nie!

Stuur vir my 'n e-pos (jvandmerwe@g5.co.za) as jy dit persoonlik wil hou.

"As dit die Here se wil is" :pray:

AndreHa
May 2nd 2012, 02:10 PM

Dis regtig 'n gawe aanbod, Johnny. Dit sal wonderlik wees - ek beter dan net begin spaar. :)

Johnny
May 2nd 2012, 06:30 PM
Dis regtig 'n gawe aanbod, Johnny. Dit sal wonderlik wees - ek beter dan net begin spaar. :)

Aanvaar jy dus die aanbod?

CFJ
May 2nd 2012, 08:09 PM
Ek sou ook graag jou aanbod aanvaar, dankie vir die aanbod Johnny, dit sien mens nie elke dag nie. Soos André sal ek seker ook moet begin spaar... :cool:

AndreHa
May 4th 2012, 05:08 AM
Aanvaar jy dus die aanbod?

My enigste bekommernis is net my finansies - sien, ek is 'n kontrakteur, so ek kry nie regtig betaalde verlof nie. So, ek wil nie nou "commit" en later moet kanselleer nie. Kom ons kyk hoe lyk dinge vroeg volgende jaar as daar nog 'n plekkie of 3 is?

Johnny
May 4th 2012, 06:20 AM
My enigste bekommernis is net my finansies - sien, ek is 'n kontrakteur, so ek kry nie regtig betaalde verlof nie. So, ek wil nie nou "commit" en later moet kanselleer nie. Kom ons kyk hoe lyk dinge vroeg volgende jaar as daar nog 'n plekkie of 3 is?

Ek was self 'n kontrakteur tekenaar vir baie jare en het net een week 'n jaar verlof geneem omdat dit onbetaald was. Ek verstaan 100%. As ek sommer hier kan getuig het ek nog nooit geld gehad om te gaan nie, maar omdat God my hartsbegeerte geken het en my liefde vir Sy land en volk......het HY ALTYD voorsien.

Ek was al 5 keer daar, my dogter 4 keer en my vrou 2 keer. Dus was ons hele gesin al twee keer saam daar. God het voorsien. Aan Hom al die eer. Hy ken ook jou hartsbegeerte en jou liedfde.

CFJ
May 4th 2012, 11:01 AM
Julle kan die bespreking voortsit in hierdie draad (Hoekom uitreik na Israel? (http://bibleforums.org/showthread.php/237929-Hoekom-uitreik-na-Israel)). Hierdie draad sal net wees vir belangstellendes, vir die toer na Israel. Geen debat in hierdie draad asseblief, dit is bloot vir inligtings-doeleindes.

AndreHa
May 4th 2012, 12:13 PM
Ek was self 'n kontrakteur tekenaar vir baie jare en het net een week 'n jaar verlof geneem omdat dit onbetaald was. Ek verstaan 100%. As ek sommer hier kan getuig het ek nog nooit geld gehad om te gaan nie, maar omdat God my hartsbegeerte geken het en my liefde vir Sy land en volk......het HY ALTYD voorsien.

Ek was al 5 keer daar, my dogter 4 keer en my vrou 2 keer. Dus was ons hele gesin al twee keer saam daar. God het voorsien. Aan Hom al die eer. Hy ken ook jou hartsbegeerte en jou liedfde.

Janee, ek hoor jou ou maat. Die manier hoe ons Here my versorg het, en voorsien het is wonderbaarlik. Ek het een slag, jare gelede 'n vriend gehelp - tot die punt dat ek self begin sukkel het. Toe kry hy 'n baie beter werk - en een Desember, toe dinge besonder rof geraak het gebeur iets. Dieselfde vriend stop 'n tjek in my hand - as blyk van dankbaarheid oor die nuwe loopbaan. Dit was genoeg om ons gemaklik deur Desember en Januarie te help. Soos jy se,Hy voorsien.