PDA

View Full Version : Room-rose



Ta-An
May 5th 2012, 02:19 PM
Mense, ek raak sommer lus en gaan bak 'n koek net om te speel met versiering daarvan.....
MAAR
Die suiker!!! of sal ek sÍ...Kaloriee

Kyk hier!! (http://iambaker.net/rose-cake-tutorial)

trudie
May 5th 2012, 03:28 PM
As dit so mooi dan tel die kaloriee nie,dit val sommer tot nul.My dogter kyk graag na een van die programme waar koeke versier word in 'n kompetisie.Ek wil nie eers kyk nie die kaloriee verdubbel, net om daar aan te kyk.So terloops ,ek kan nie sulke mooi goed maak nie. ek het gespeel toe hulle kuns talent uitgedeel het.My oudste het dit dubble gekry en die jongste het ook meer as ek.

Ta-An
May 5th 2012, 03:34 PM
Ek het weer na 10 jaar besluit om by die VLU aam te sluit.
Dit gee my sommer weer lewenslus om iets nuuts te leer en probeer.

Ek gaan Redvelvet koek bak...maar speel nog met die resep