PDA

View Full Version : Getuienis, van 'n goeie vriend



AndreHa
May 28th 2012, 06:00 AM
Ek gesels mos met 'n goeie vriend van my oor die naweek. Hy vertel my toe van iets wat met sy pastoor gebeur het:

Sy pastoor het gereed gemaak om iewers heen te ry. Soos hulle by die erf uit ry, wag hulle dat die sekuriteit hek toegaan. Die volgende oomblik oorval 'n groep kapers hulle. Op daardie oomblik gryp die Here in, met mag. Deur die krag van God, was hulle in staat om dwars deur daardie toe hek te ry - asof die hek net 'n rookwolkie is. Hulle het ongedeerd weggekom. Ek kan net wonder wat nounog in daardie kapers se verstande aangaan.

Dit wys jou net - as God se dis nog nie jou tyd nie, dan gaan jy nerens heen uit hierdie wereld nie. :)

Son of the South
May 28th 2012, 07:30 AM
:thumbsup: Uitstekend!

Ek het ook 'n getuienis gehoor van 'n vrou wat 'n kafee hier naby ons besit. 'n Man het haar kom waarsku dat hy gehoor het 'n groep mans in 'n wit bakkie wil haar kom beroof. Nadat sy toemaaktyd toegesluit het, het die sekuriteits maatskappy se ouens wel mans wat die beskrywing pas daar sien verbyry in 'n wit bakkie. Die man wat haar kom waarsku het is sekerlik deur die Here na haar toe gestuur!

CFJ
May 28th 2012, 12:21 PM
Ek gesels mos met 'n goeie vriend van my oor die naweek. Hy vertel my toe van iets wat met sy pastoor gebeur het:

Sy pastoor het gereed gemaak om iewers heen te ry. Soos hulle by die erf uit ry, wag hulle dat die sekuriteit hek toegaan. Die volgende oomblik oorval 'n groep kapers hulle. Op daardie oomblik gryp die Here in, met mag. Deur die krag van God, was hulle in staat om dwars deur daardie toe hek te ry - asof die hek net 'n rookwolkie is. Hulle het ongedeerd weggekom. Ek kan net wonder wat nounog in daardie kapers se verstande aangaan.

Dit wys jou net - as God se dis nog nie jou tyd nie, dan gaan jy nerens heen uit hierdie wereld nie. :)

Ons kan maar net dankie sÍ dat die Here werklik in beheer is.

AndreHa
May 29th 2012, 10:04 AM
Ons kan maar net dankie sÍ dat die Here werklik in beheer is.

Janee, dis 'n feit daardie. Ek sou al baie kere verongeluk het as dit nie vir die Here se genade en liefde was nie.

Ta-An
May 29th 2012, 11:12 AM
Janee, dis 'n feit daardie. Ek sou al baie kere verongeluk het as dit nie vir die Here se genade en liefde was nie.Amen, dit is baie waar...