PDA

View Full Version : Die Here help ongelowiges ook.



CFJ
May 28th 2012, 10:48 AM
Ek glo julle het onlangs (so 2 weke terug as ek reg is) die nuus gekyk waar 'n Japanese skip gestrand het in die Kaap (ek dink dit was in die Strand). 'n Vrou vertel my verlede week, dat haar broer baie ongelowig is en dat beide sy en haar suster versigtig is om met hom oor die Here te praat. Hy is onmiddelik kwaad en neerhalend as enige een van hulle dit net waag.

Hy het 'n besigheid waar hy videokameras ge´nstalleer het op die strand wat soos ek verstaan die branders afneem en dan sluit branderplankryers ('surfers') op een of ander basis aan by hierdie diens, om hulle te wys hoe hoog of groot die branders is. Hoe dit presies werk weet ek nie, maar huidiglik is die branders al vir geruime tyd klein en nie geskik vir die 'surfers' nie en dan maak hy weens hierdie feit geen tot niks nie en dit is soos ek verstaan sy enigste inkomste.

Wat hom bekommerd maak was dat dit vir 'n geruime tyd so kan aangaan en hy het net geen antwoord nie. In sy bekommernis deel hy dit toe met sy suster en omdat sy weet hoe hy oor die Here voel, sŕ sy dat sy sal bid daaroor in haar binnekamer. Wonder bo wonder val hy haar toe nie aan nie en dit is presies wat sy in alle erns na die Here geneem het, haar broer se bekommernis oor sy inkomste. Ongeveer 'n week later (dit is nou so 2 weke terug), toe strand hierdie Japanese skip op presies die plek waar sy video kameras ge´nstalleer is. Hy was betaal vir elke stukkie video en het nog nooit soveel geld gemaak nie!

Wys net, die Here kan 'n skip laat sink, as jou eie 'skip' nie opdaag nie en dan werk dinge tot jou voordeel. Ek wonder net wat dink hulle broer nou oor die Here, want hy weet tog sy een suster het vir hom gebid en sy bekommernis was uigesorteer op 'n vlak wat hy nie voorsien het nie?