PDA

View Full Version : Nuwe argeologiese ontdekkings by Jerusalem



Die Filadelfieer
Jun 12th 2012, 06:08 AM
Nie net is moderne genetika besig om evolusie dood te maak nie, maar is nuwe argeologiese opgrawings in Israel besig om die geskiedenis van die Bybel as al hoe meer as korrek aan te toon (skakel (http://www.beeld.com/By/Nuus/Die-Bybel-in-een-hand-en-n-graaf-in-die-ander-20120608)) :

Die Bybel in een hand, en ’n graaf in die ander

2012-06-09 06:00









http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1950/3b0e8112ae204f6da7bfc4557e1f741e.jpg
Prof. Yosef Garfinkel by die plek van sy opgrawings. Foto: Gil Zohar





Argeologiese ontdekkings wat pas in Jerusalem bekend gemaak is, werp nuwe lig op die fel gedebatteerde vraag hoe betroubaar die Bybel as historiese bron is, skryf Leopold Scholtz.

In die Israeliese argeologie is daar, oorvereenvoudig, twee skole, bekend as die minimaliste en die maksimaliste. Die meeste argeoloŽ bevind hulle Írens tussen die twee uiterste pole, maar neig tog in die een rigting of die ander.

Die minimaliste – mense soos die Deen Thomas Thompson of die Israeli Israel Finkelstein – meen die Bybel is ůf onwaar, ůf grotendeels onwaar. Andersyds het die absolute maksimaliste soos wyle Yigal Yadin en William Albright, wat meen die Bybel is 100% waar, plek gemaak vir ander wat sÍ die Bybel is grotendeels waar, mense soos onder andere William Dever en Eilat Mazar.

Mazar maak daarop aanspraak dat sy die oorblyfsels van koning Dawid se paleis in Jerusalem ontdek het, en sÍ reguit sy werk met die Bybel in die een hand en ’n graaf in die ander. Nie omdat sy die Bybel religieus benader nie, maar as Homeros as bron kan dien by die opgrawing van Troje, waarom kan die Bybel nie dieselfde rol in Jerusalem vervul nie?

Die debat tussen die twee rigtings sal ongetwyfeld nog lank en heftig gevoer word. Maar onlangs het die argeoloog prof. Yosef Garfinkel van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem ’n perskonferensie gehou waarin hy nuwe ontdekkings bespreek het wat ’n opskudding veroorsaak het.

Garfinkel het in 2008 begin grawe by Khirbet Qeiyafa, sowat 30 km suidwes van Jerusalem. Dit was duidelik ’n militÍre vesting wat nie langer as sowat 30 jaar bewoon is nie.

Garfinkel het die vesting op grond van die koolstofdatering van olyfpitte wat daar gevind is, op omstreeks 1 000 v.C. gedateer. Dit is dus bewoon in die tyd van koning Dawid (wie se bestaan trouens deur sommige minimaliste ontken word).

Aangesien die poort van die vestingmuur in die rigting van Jerusalem geleŽ is, lei hy af dit was ’n Israelitiese grensvesting wat teen die bedreiging van die Filistyne daar gebou is.

In 2008 is ’n potskerf gevind, en twee jaar later is vasgestel dit bevat ’n inskripsie in ’n soort ink. Die onduidelike skrif is vroeg-Kanašnities, ’n skrif wat later deur die Israeliete oorgeneem en verder ontwikkel is, maar die taal is duidelik vroeg-Hebreeus.

Daar word nog oor die teks gedebatteer, maar daar is konsensus dat dit na ’n “koning” verwys, plus ’n opdrag om geen maatskaplike onreg te pleeg nie.

Enersyds dui dit daarop dat die wortels van die Ou Testament se maatskaplike etos – om die “weduwee en die wees” teen willekeur te beskerm – baie ver teruggaan. Maar, belangriker, die verwysing na ’n “koning” dui daarop dat daar destyds wel deeglik ’n sentraal geleide koninkryk was, iets wat deur die bestaan van die vesting bevestig word.

Dit is in teenstelling met die stelling van diegene wat sÍ dat indien Dawid wel bestaan het, hy bloot ’n leier van ’n nomadiese bende was, en dat sy bestaan in dieselfde lig as diť van die legendariese koning Arthur en die ridders van die ronde tafel gesien moet word.

Garfinkel het by die perskonferensie vertel dat drie kultiese kamers blootgelÍ is, en dat onder meer twee klein heiligdomme daar gevind is, een van steen en een van klei. Hy meen die twee loop argitektonies vooruit op Salomo se tempel, waarvan geen enkele spoor nog gevind kon word nie, eenvoudig omdat die plato van die Tempelberg in Jerusalem, waar die tempel gestaan het, deur Moslems beheer word. Hulle verbied alle argeologiese opgrawings.

Die heiligdommetjies maak ook allerlei verwysings in die beskrywing van die Tempel in die boek Konings, wat nogal duister was, duideliker, meen hy.

Wat ewenwel amper belangriker is, is wat niť gevind is nie: Geen enkele beeltenis van ’n mens of ’n dier is opgegrawe nie, en geen enkele oorblyfsel van varke is gevind nie. Dit ondanks duisende beendere van beeste en skape, waarvan die vleis klaarblyklik geŽet is.

Garfinkel sÍ dit dui daarop dat die verbod op beeltenisse in die Tien Gebooie en op die eet van varkvleis reeds in Dawid se tyd nagekom is – altans in Khirbet Qeiyafa.

Diť bevinding is belangrik. Die minimaliste beweer dat die Ou Testament eers laat geskryf is, waarskynlik eers in die Hellenistiese tyd (die tweede of derde eeu v.C.), en dat die meeste van wat geskryf is, uit die skrywers se duim gesuig of legendes is wat deur die eeue onherkenbaar gegroei het.

Die afwesigheid van beeltenisse en varkbeendere dui inteendeel daarop dat, afgesien van presies wanneer die Ou Testamentiese teks tot stand gekom het, die praktyke wat daarin beskryf word, minstens deels reeds tot Dawid se tyd terugstrek.

Dit wil natuurlik nie sÍ dat die hele Israel reeds in Dawid se tyd slegs ťťn God aanbid het nie. In 2005 het die Amerikaner prof. William Dever in sy opspraakwekkende boek Did God have a Wife? vertel van argeologiese ontdekkings wat daarop dui dat die monoteÔsme maar stadig deurgebreek het.

Dever het byvoorbeeld ’n Hebreeuse inskripsie uit die 8ste eeu ontdek waarop ’n oorledene geseŽn word deur JawÍ (die Hebreeuse God) “en sy Asjera” (’n Kanašnitiese vrugbaarheidsgodin waarna ook in die Ou Testament negatief verwys word). Asjera, kan uit opgrawings afgelei word, is nog eeue lank nŠ Dawid se tyd deur gewone mense op voetsoolvlak vereer, en in bogenoemde geval is sy selfs voorgestel as JawÍ se vrou.

Ook die Bybel draai trouens geen doekies om die feit dat die Israeliete, en selfs sommige konings, telkens weer in afgodery verval het nie. Dit sou vermoedelik tot die ballingskap in BabiloniŽ duur voordat die monoteÔsme finaal die oorwinning behaal het.

Oor die waarde van argeologie sÍ Dever dit kan nooit die teologiese grondslae van die Bybel bevestig nie. Dus moet daar ook nie probeer word om die Bybel tot ’n geskiedenisboek te verhef nie.

“Die Bybel is didaktiese literatuur; hy wil onderwys, nie net beskryf nie,” het hy onlangs in ’n onderhoud gesÍ. “Ons probeer die Bybel iets maak wat hy niť is nie, en daarmee pleeg ons ’n onreg teenoor die Bybelse skrywers. Hulle was goeie historici, en hulle kon sake beskryf soos hulle dit wou doen, maar hul doel was altyd iets ver meer as dit.”

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/1950/8f11e5ca74bd49fa97625646602fb751.jpg
Khirbet Qeiyafa, waar die opgrawings gedoen is. Foto: ­Hebrew University