PDA

View Full Version : Wat kon dit wees?



Esme'
Jun 25th 2012, 07:25 AM
Ek sit nou al baie jare en wonder oor iets wat ek nie kan verklaar of 'n duidelike antwoord kry nie....

Dis my 1e post, so ek hoop nie julle dink ek's te looney nie :blush:, maar ek het regtig opinies nodig.

Ok, so hier's wat gebeur het:
Toe ek in St.1 of 2 was, m.a.w toe ek so 8 of 9 jaar oud was, het ek een middag op my bed gesit, seker huiswerk gedoen of iets, ek kan nie onthou nie, maar skielik het ek opgekyk en daar was so duidelik soos daglig 'iets' in my deurkosyn wat ek herken het as my oupa (my pa se pa), wat op daardie stadium reeds +/- 12jaar oorlede was. Ek het hom net op foto's gesien en wat ek daardie dag gesien het het my sonder twyfel laat glo dis hy, hy't baie prominente groot ore gehad en was 'n baie groot, lang man. Hy het wit aangehad, soos 'n lang cloak. Dit was seker sekondes, al het dit soos ure gevoel vandat ek hom gesien het tot ek besef wat ek sien en opspring en hardloop, ek kan geen ander detail as dit onthou nie. Ek het reguit na my pa toe gehardloop wat by my ouma'hulle (my ma se ouers) was wat langs ons gebly het. Ek het hom en my ma vertel wat gebeur het en kan niks meer as dit onthou nie.

Dit het nooit weer gebeur nie en ek het namate ek groter geword het myself oortuig dit moes my verbeelding gewees het, want sulke dinge is onmoontlik en ek het later geglo ek het dit verbeel.

Toe op 'n dag, baie jare later, ek was omtrent 21/22, het 'n vrou wat saam my gewerk het vir een van my ander kollegas ges daar's 'n man in die dorp wat 'n 'boodskap' het vir haar....weird ne?!!! Maar ons was jonk en simpel en sy vra my toe of ek haar na die oom se huis toe sal vat en natuurlik, nuuskierige ek stem dadelik in. By die oom se huis aangekom 'herken' hy haar as die vrou vir wie hy 'n boodskap het en hulle is in 'n kamertjie in en ek sit op die stoep en wag, ore gespits om te hoor wat hy alles kwytraak. Na seker so 30min kom hulle uit en die oom s vir my ek kan maar ingaan. Ek s toe dadelik nee, ek't nie 'n afspraak nie, ek't net my vriendin gebring, maar die oom s toe nee, daar's iets wat hy vir my ook wil s.......:eek:

Natuurlik is ek te nuuskierig om nee te s en ek stap toe in die kamertjie in, daar was 2 stoele oorkant mekaar, soos 'n klein sitkamertjie, en aan die een kant kerse wat brand en 'n kollekte bordjie soortgelyk aan wat ons in die kerk gebruik. Hy begin toe deur vir my te vra watse hondjie is onder my stoel, en ek buk so ewe vorentoe om te kyk watse hondjie dit is, toe beskryf hy vir my my poedeltjie wat ek as klein dogtertjie gekry het en eers toe ek so 19 was dood is, en hy beskryf haar so goed soos wat ek haar aan iemand sou beskryf, vlekkies op die magie, ens. Kyk, toe't hy my aandag, soos in heeltemal!

Hy gaan aan oor ander goed, 'n vriend wat selfmoord gepleeg het ens en toe s hy toe ek klein was, was daar 'n groot man vir wie ek baie bang was. Nou kyk, meer as 'n dekade na my 'visioen', het ek lankal nie meer daaraan gedink nie en ek s toe net nee, ek het nie 'n idee van wie hy praat nie, hy s toe hy sal netnou terugkom daarna toe en praat van my vriendin wat opad is Engeland toe, of soos hy dit gestel het, gaan reis, oor die ewenaar ens ens ens en toe skielik s hy daardie groot man was my oupa, ek ontken dit toe dadelik want ek dink toe aan my oupa wat steeds leef en hy's die dierbaarste mense en ek was nooit bang vir hom nie, hy s toe nee, jou ander oupa en ek s dadelik nee ek't hom nooit geken nie, hy's oorlede voor my geboorte en die oom s toe: 'ja, maar jy het hom gesien'..!!! Kyk, toe is ek STOM geskrik en hy gaan aan en s toe my ma my huistoe gebring het van die hospitaal af as baba het hy in die deur gestaan en wou my net sien, maar my gesig was toegegooi en hy't toe besluit om te wag, en toe ek so 8/9 was en hy my wou leer ken en hy sien hoe ek skrik, het hy besluit om eerder weg te bly want ek wou nie he ek moes bangwees vir hom nie.
Die res van daardie dag is 'n blurr, ek weet nie hoe ek deur die verkeer gekom het tot by die huis nie, maar ek was in 'n toestand!

Ek het daardie wintersdag besef, wat ek ookal as klein dogtertjie gesien het, NIE my verbeelding kon wees nie, want hoe op aarde sal 'n wildvreemdeling daarvan weet? Ek kon nog nerens enige antwoorde kry wat sinmaak nie. Ek het al so gehoop ek kan weer 'iets' sien, want as volwassene van 31 sal ek nou kan onderskei tussen werklik en onwerklik, maar niks, nooit ooit weer enige iets wat my kon verseker wat daardie dag gebeur het nie.

Ek het altyd dit logies probeer verklaar, maar besef nou ek sal deur 'n bybelse perspektief die antwoorde moet kry. Dis vreemd, ander mense wat sulke dinge ervaar sal ek nooit glo nie, en daarom het ek niemand behalwe my ouers vertel nie, want hoekom sal iemand my glo? Ek glo myself dan nie eers nie.

Nou ek het intussen gedink dit kon 'n bose gees in die vorm van my oupa gewees het, maar hoekom dan net die een keer en hy't niks regtig gedoen nie, net daar gestaan, of miskien het ek 'n gawe (gehad, want dit het nooit weer gebeur nie) om self met dooies te kommunikeer, maar dis sonde, en die bybel waarsku ons daarteen en as Christen is dit mos nie onmoontlik dat ek so 'gawe' kon he?

Ek wil net so graag al die antwoorde op my vrae he. Ek weet nie wie/wat ek gesien het nie, ek weet nie hoekom juis ek nie, en ek verstaan nie die doel daarmee nie. Ek hoop regtig iemand kan my help. En die 'oom', wie en wat is hy en hoe kon hy geweet het wat my my gebeur het meer as 'n dekade voor dit en al die ander dinge in my lewe soos my poedel en my vriendin se toerplanne?

CFJ
Jun 25th 2012, 08:55 AM
Ek het daardie wintersdag besef, wat ek ookal as klein dogtertjie gesien het, NIE my verbeelding kon wees nie, want hoe op aarde sal 'n wildvreemdeling daarvan weet? Ek kon nog nerens enige antwoorde kry wat sinmaak nie. Ek het al so gehoop ek kan weer 'iets' sien, want as volwassene van 31 sal ek nou kan onderskei tussen werklik en onwerklik, maar niks, nooit ooit weer enige iets wat my kon verseker wat daardie dag gebeur het nie.



Hallo Esme,

Ek het met groot belangstelling gesit en lees wat jy vertel het en spontaan het 'n Bybelse verhaal opgekom, wat ek graag wil deel en wat ek glo soortgelyke raakpunte het. Die Bybel moes ek leer, het werklik al die antwoorde gehad vir vrae in my eie lewe en baie antwoorde het ek jare en jare later eers gekry, want mens kry dit nie altyd onmiddelik nie. Ek glo dit is dieselfde met ons almal en hopenlik help my plasing jou so bietjie. Lees gerus hierdie deel...,



En Saul s aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars s vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor. Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, s hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ‘n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem. Maar die vrou s vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ‘n val vir my op om my dood te maak? Toe sweer Saul vir haar by die HERE en s: So waar as die HERE leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie! En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy s: Laat Samuel vir my opkom. Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en ges: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self. En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou s vir Saul: Ek sien ‘n bonatuurlike wese uit die aarde opkom. Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: ‘n Ou man kom op met ‘n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer. En Samuel s vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen. En Samuel s: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het? Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee. Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen. En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en mre sal jy met jou seuns by my wees; ook die ler van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee. En Saul het plotseling in sy volle lengte op die grond geval en baie bevrees geword deur die woorde van Samuel; buitendien was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen brood geet nie. Daarop gaan die vrou na Saul; en toe sy sien dat hy baie verskrik was, s sy vir hom: Kyk, u dienares het na u geluister en my lewe gewaag en na u woorde geluister wat u tot my gespreek het. En nou moet u self tog luister na u dienares, en laat ek u ‘n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u verder gaan. Maar hy het geweier en ges: Ek wil nie eet nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle geluister en opgestaan van die grond af en op die bed gaan sit. En die vrou het ‘n kalf in die stal by die huis gehad en dit gou geslag, en sy het meel geneem en geknie en daar ongesuurde koeke van gebak. Toe het sy dit aangebring voor Saul en voor sy dienaars, en hulle het geet en opgestaan en dieselfde nag weggegaan.
(1Sam 28:7-25)


Die heks van Endor het 'n bose gees opgeroep, wat die vorm van Samuel aangeneem het. Vir Saul was dit Samuel en hierdie Samuel het selfs ware dinge kwyt geraak oor Saul se we voor die Here. Die vraag is, hoe weet mens dit is 'n bose gees en nie Samuel self nie? Jesus het 'n gelykenis vertel en in die ware sin was hierdie nie 'n gelykenis nie, maar werklike gebeure, omdat dit die enigste gelykenis is waar name van werklike persone gebruik is...,



En hy s: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. Toe s Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na di luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy s vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
(Luk 16:27-31)


Gaan lees miskien die hele gelykenis in Lukas 16, maar in kort is net die deel aangehaal waar die ryk man wou gehad het dat iemand sy broers moes gaan waarsku en Abraham duidelik ges het, hulle het Bybels (Moses en die Profete) en as hulle nie glo wat daar staan nie, dan glo hulle net eenvoudig nie die volle waarheid nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan (wat nie kan gebeur nie, want dan ontken God die krag van Sy eie Lewende Woord, wat net 'n bevestiging is vir hoe kosbaar en waar en getrou en ongelooflik dit is om die Bybel ten volle te glo). Saul het toegang gehad tot God en tog gaan hy na die heks van Endor, wat ‘n dodebesweerster is, om haar te raadpleeg en sy roep iemand uit die dood uit op, terwyl Jesus self in Lukas 16 s, niemand uit die anderkant kan met ons kom gesels nie, want ons het Bybels. Paulus was byvoorbeeld weggeruk na die 3de hemel of paradys en mens lees...,



Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede—of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit—dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. En ek weet van so ‘n man—of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit— dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.
(2Kor 12:2-4)


Paulus kon niks kom oordra wat hy daar in die hemel gesien het nie, want mens kan dit nie uitspreek nie, s hy. Om dit prakties te verstaan, moet mens miskien na 'n persoon kyk wat blind gebore word op aarde en stel jou voor jy moet aan 'n blinde persoon die kleur blou, geel of rooi verduidelik. Jy sal dit nie kan uitspreek nie, want hy is blind en het dit nog nooit gesien nie. So is die hemelse werklikhede vir ons, ons is blind en Paulus kan dit nie aan ons verduidelik nie. As iemand uit die anderkant begin detail gee, is dit nie die Here nie, maar engele van die lig en hierdie engele is niks anders as demone nie, wat vriendelike beelde uitdra en eintlik net daar is om te mislei. Daar is baie boeke beskikbaar vandag oor mense wat die werklikhede van die hemel en hel gesien en kom verduidelik in detail. Die probleem is, dat as mens hierdie mense moet glo, dan water mens die krag en volledigheid van God se Woord af en leef Hy nie in ons, soos die Bybel ten doel het dit moet wees nie. Ons behoud is die Ou Testament, die Nuwe Testament en die Gees van God, want hierdie drie is eenstemmig en getuig op die aarde, nie mense se visioene en persoonlike ervarings en boeke wat hulle skryf nie (1Joh 5:8). Mens kan seker 'n boek skryf oor wat die Gees en die twee Testamente van die Bybel getuig, maar openbarings buite hierdie reeds geopenbaarde inligting, is nie Bybels nie (Open 22:18-19).

In jou eie geval s dit nie dat jou oupa ongered is of was nie, maar dat 'n engel van die lig aan jou verskyn het in die vorm van jou oupa. Samuel is 'n man van God gewees en tog het hierdie heks van Endor hom opgeroep. Die persoon wat julle gaan sien het, kan weens dieselfde rede hoekom mens nie die heks van Endor kan vertrou nie, ook nie vertrou word nie. Die volgorde van gebeure was net anders by jou, maar dit is presies dieselfde beginsel. Ek het self al 'n demoon gesien wat in die vorm van 'n leeu-mannetjie my wou kom verskrik het en moes leer dat hulle eintlik geen krag oor mens het nie, al was dit ook in so verskiklike beeld. In die geesteswreld is die demone net so werklikheid soos God self en hulle het baie kennis oor ons en weet alles van ons af. Dit is nie vreemd dat jy dit ervaar het nie en eintlik is jy gelukkig om daarmee gekonfronteer te word, want jy kan dit eerstehands getuig en ek glo die Here doen sulke dinge, omdat Hy jou iewers gaan gebruik met hierdie inligting wat jy self die beste kan verstaan. Gaan kyk weer wat staan in Efe 6, oor ons stryd in die lewe, dit is nie teen vlees en bloed nie, maar teen bose geeste ensovoorts.

Esme'
Jun 25th 2012, 10:35 AM
Baie dankie vir jou reply CFJ.

Ek is regtig verlig dat die teksgedeelte wat jy vir my op gewys het dieselfde is as waarin ek antwoorde gesoek het, en dat jou verduideliking dieselfde is as wat ek besluit het ek glo.

Dis net so verskriklik vreemd, juis omrede so min mense in hierdie tyd sulke dinge ervaar en so min ander mense glo dit. Ek weet dis waar, en dit het my 'n goeie 20jaar gevat om myself te glo en antwoorde te kry vir wat ek beleef het, so ek neem niemand kwalik wat dit nie glo nie.

Wat doen ek nou met my getuienis? Hoe sal ek weet ek wat om te doen? Hoe onderskei ek tussen die Here se antwoord op hierdie vraag, en nog 'n bose mag se antwoord?

Jy sal ook kan verstaan dat hierdie gebeure miljoene vrae in my kop laat opkom oor die geesteswreld, ek is veral nou baie bang vir die bose geeste oor ek self ervaar het hoe magtig hulle is en ek soek hulle aandeel in als wat negatief is. Ek moet keer om nie obsesief te raak nie en ek fokus amper meer op hulle en hul werkinge as op die Almagtige Vader.

Ek wonder hoekom juis ek? Ek is bang hulle het meer invloed op my lewe as waarvan ek weet. Ek was jonk en naef en ek wens my ouers het meer hiervan geweet dat hulle my oor die skoot kon trek en 'n goeie pakslae gee.

Na die 'oom' en sy stories, het ek meer antwoorde gesoek en stupid wat ek was, het ek van hierdie waarsegster tehore gekom, snaaks genoeg, deur dieselfde mense wat my op die oom se spoor gesit het, en daar het ek nog vreemde dinge ervaar en tot onlangs het dinge wat sy vir my ges het steeds waar geword.

Is dit moontlik dat sy in haar 'voorspellings' asteware 'n 'spell' op my lewe kon sit? Ek is regtig nog so onervare op hierdie gebied en ek werk dinge vir myself uit en glo natuurlik dan dit is hoe dit is, maar ek sal regtig bly wees as iemand anders vir my hul opinie kan gee ook op wat die vrou vir my ges het. En dalk verduidelik hoe dit werk dat die dinge waar word.

Hier's die vrou se 'voorspelling' kortliks:
Sy't ges ek moet sekuriteit opknap by my huis, motor en werk, sy sien iets gebeur... (geen meer detail)
Sy't vir my ges ek moet opas vir 'n man wat baie drink.
Sy't 'n ring gesien 'towards the end of the year'
Ook dat ek 3 kinders gaan he, maar in dieselfde asem, het sy ges sy sien 'n baba 'trying to get into my life.

Nou wat daarna gebeur het is soos volg:

Daardie selfde nag of dievolgende nag het hulle by my werk ingebreuk, die einste plek waar almal werk wat my op hierdie evil mense se pad gebring het.
Ek het binne 'n week of 2 my man ontmoet, by daardie selfde werk.
Ons het daardie Oktober verloof geraak en is nou 6jaar getroud.
Ons oudste dogtertjie is 4 jaar 8 maande en ek het toe begin laasjaar weer swanger geraak met 'n tweeling maar enetjie verloor, my babatjie is nou amper 8 maande.

Hieruit is dit duidelik dat als wat sy kwytgeraak het gebeur het! Tot onlangs toe nog! Ek kon nie meer as dit onthou nie, en besef eers as iets reeds gebeur het dat sy dit ges het, soos die 3e babatjie 'trying to come into my life', maar wat ek toe verloor het.
My man drink baie en vanaf dag 1 is dit 'n konstante stryd teen drank. Hy is reeds baie beter, maar daar is reeds soveel skade aan ons huwelik agv drank en ek dink soms dat ons hele huwelik ontstaan het agv die sameswering van bose geeste!

Verstaan jy hoekom ek s ek verloor perspektief en soek bose werke in als wat verkeerd gaan in my lewe? Is daar 'n spell op my huwelik? My kinders?

Ek het my sonde erken en belei (die 2 persone wat ek gaan sien het) en om vergifnis gevra en gevra dat alles wat daardie man en vrou in my lewe gedoen het ongedaan gemaak word, alle bande gebreek word, my kinders en my huwelik losgemaak word van als en ek sal nooooooit weer so fout maak nie, maar ek sukkel om die werking van al hierde bose magte te verstaan, dis so 'onverstaanbaar'!

Ek het nooit in salwing geglo nie, maar wel in gebed en die beskerming en vervulling van die Heilige Gees. Is salwing dalk wel 'n opsie indien reg toegepas?

CFJ
Jun 25th 2012, 12:59 PM
Hi Esme,

Ek skryf net spontaan en wat ek skryf is nie voorskriftelik nie, maar iets wat jy self moet gaan toets en self moet aanneem soos die Here alleen vir jou wys, nie soos ek dit probeer weergee nie. As mens 'n voorsmaak kan h oor dinge wat in die geesteswreld gebeur, sal baie mense dit nie glo nie, veral nie in die westerse wreld waar ons baie afgestomp geraak het vir die geesteswreld nie. Dit is en bly spesiaal as jy eerstehands hiermee te doen kan kry en die Here gebruik meermale sulkes op 'n stadium, want dit is hoe Hy jou voorberei. Beskou dit as genade.

Wat baie belangrik is, is heel eerste waar jyself teenoor die Here staan. Staan ons in Hom (wedergeboorte), dan het niks 'n vat of greep op jou nie en hier is so paar gedeeltes om dit aan te dui...,



Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
(Luk 10:18-19)

Wat sal ons dan van hierdie dinge s? As God vr ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
(Rom 8:31-39)

Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het ges: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid s: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
(Heb 13:5-6)


Al het jy 'n fout gemaak met 'n moontlike verkeerde huweliksmaat, is dit nie die probleem nie. Die probleem is, wat maak jyself met beloftes wat jy aangaan. By die Here vra Hy dat ons sal hou by ons beloftes (Deut 23:21; Pred 5:4). Die Here het geweet, dat baie mense in huwelike gaan eindig, waar slegs een 'n gelowige is en daar is baie goeie riglyne wat Hy ons gee, om te weet wat om in sulke moeilike omstandighede te doen. Die eerste punt van belang, is dat Hy niks van die ongelowige eis in die hier en nou nie, want ongelowiges kan nie by die kruis lewe nie en het geen krag om te doen wat Hy eis nie. Gelowiges het wel krag om te doen wat die Here van mens eis, want daar staan, 'Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.' (Filp 4:13)

Ons krag is in Christus en oor hierdie rede voer Paulus aan, dat wanneer 'n gelowige en 'n ongelowige in een juk trek, die gelowige die sterk een moet wees in geloof, om so huwelik te dra en die krag van ons geloof, verheerlik die Here wanneer Hy op aarde reeds met ongelowiges handel. Ook jou kinders staan onder dieselfde krag en oor hulle hoef jy geen bekommernis te h nie, al is jy slegs 'n mens en al gaan jy jou bekommer, weet net, God help jou en is met jou.



Maar vir die ander s ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie; en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie. Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig. Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep. Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red? Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Kor 7:12-17)


Ek verstaan hierdie beginsel so, dat as 'n gelowige die vlam van die evangelie dra, jy onder die beskerming is van die Een waaroor die evangelie handel. Daardie vlam gaan een van twee dinge doen, as jy dit opreg dra. Dit gaan of die ongelowige tot God bring of dit gaan die ongelowige op die vlug laat slaan. Sou die ongelowige vlug oor die regte rede, naamlik jy wat die vlam van die evangelie dra, dan is jy vry en as jy vry is in die Here, kan jy ook weer trou (mense verskil daaroor, maar dit is hoe ek dit verstaan, want die Here is regverdig en beloon gehoorsaamheid). Kom die ongelowige tot geloof, is die res van selfsprekend.

Moet jou glad nie bekommer oor wat die vrou (waarsegster) as standaard in jou lewe gestel het nie, want dit wat sy ges het, sou nie kon gebeur as die Here dit nie toelaat nie. Op een of ander manier wat ons nie verstaan nie, het die donker wreld waarin demone opereer, toegang tot kennis wat God ook aan ons kan openbaar, maar op 'n verborge wyse (dit is egter 'n dun lyn waarop hierdie argument loop en mens kan seker verskeie invalshoeke h, maar ek hoop dit dra 'n punt oor van waarhede wat die okkulte krag gee). Hulle openbaar dit en dan definieer dit jou aksies en neem eintlik jou vryheid weg. As die Here my hele toekoms aan my wys, dan gaan ek nie in hierdie naderende toekoms, veel erg h aan afhanklik wees van Hom nie. Dit is juis die feit dat die Here nie te veel dinge oor ons toekoms openbaar nie, dat ons verhouding met Hom relevant en saaklik in die hier en nou bly. Die Satan wil hierdie verhouding kaap en een manier is om jou toekoms te openbaar. Dit neem mens se vryheid in die Here weg. Jy kan 'n studie gaan doen oor hoe die Here wil h ons moet wandel saam met Hom en jy sal gou leer waarop fokus Hy. Dinge soos, moet jou nie kwel oor mre nie, gee ons vandag ons daaglikse brood en so hou dit aan.

Jou standaard is Jesus en baie keer kry mens kinders wat hulle opvoeding voorhou as die rede hoekom hulle sukkel in die lewe, dat hulle eie ma en pa die skuld moet dra. Tog het Jesus ons almal net een standaard gegee en niemand het so verskoning nie. Jy is waar die Here jou wil h en jy moet werk van vandag af, nie van gister of eergister af nie. Jy het 'n man en kinders en ongeag hierdie vrou se voorspellings, is dit 'n gegewe dat God steeds in beheer is, nie die Satan nie. Kyk maar na die 'spell' wat Job ervaar het en toe Job eers agterkom dat God tog in beheer is (ongeag die ruimte wat die Here die duiwel toegelaat het), het die Here sy einde meer gesen as die begin.

Esme'
Jun 25th 2012, 01:42 PM
Ek en my man het al baie die 'dalk is dit beter om te skei' gesprek gehad, maar elke keer nog kon ons dinge uitwerk. Kort voor ons troue reeds wou ek hom los en ek het baie hard gebid dat die Here hom van my af wegvat as ons dan nie vir mekaar bedoel is nie, ek het nie omgegee of hy moes sterf of hy my los of wat ookal nie, ek kon net nie myself sover kry om self die verlowing te verbreek nie, en ek het nog nooit in egskeiding geglo nie, volgens my het ons 'n belofte voor God gemaak, en as dit nie Sy wil was nie, sou Hy nie toegelaat het dat ons verhouding dit tot voor die kansel maak nie. Ek voel diesefde oor die doop belofte wat ons met altwee ons kinders gemaak het, om hulle vir die Here groot te maak en hulle te leer en te laat leer en ek het 'n doodse vrees dat ek sal gestraf word as ek dit nie doen nie. Dis 3 beloftes, my huwelik en die doop van my 2 kinders, wat ek nie kan of wil verbreek nie, want dis nie beloftes wat ek aan mense gemaak het nie, maar aan God self. Skaars 'n maand gelede was ons weer daar, baie beleefd, geen harde woorde, het ons dit bespreek en besluit om 'n einde aan die huwelik te maak. Dievolgende dag het ek 'n Christelike berader gaan sien, onbeplan, en wat eintlik veronderstel was om ondersteuning te wees deur 'n egskeiding het in 'n bekering verander en ek het huistoe gegaan en net vir my man ges ek weier dat die duiwel my geluk verongeluk, ons sal nie skei nie en net normaal aangaan, ek het te hard gewerk aan hierdie verhouding om die duiwel sy sin te gee, en voila, als was skielik net weer reg, die wind uit my man se seile want hy't gedink hier kom weer 'n genag en moan.

Ek weet nie hoekom ek die dinge moes ervaar wat ek het nie, ek weet nie hoekom ek moontlik met die verkeerde persoon moes trou nie, maar ek weet wel dat die Here alleen die antwoorde op hierdie vrae het, en my nie in die situasie sou plaas as Hy nie ook vanplan was om my hierdeur te help nie. En as ek so na my huwelik kyk, kon dit ook nie eintlik 'n vout gewees het nie.
Ons is lief vir mekaar, ons het 2 pragtige kinders wat oorloop van die liefde en geluk en al is dit net ter wille van hulle, sal ek nooit opgee op my huwelik nie.
Dit voel net soms of daar teveel van my verwag word. Ek's die enigste gelowige in die huwelik wat my kinders en man moet dra en alhoewel my man nie meer as 'ongelowige' beskou kan word soos die tyd toe ons ontmoet het nie, is hy net 'n 'lou-warm gelowige', hy het self al die Heilige Gees in hom ervaar en ons het al soveel gevorder van die 'ek is nie gelowig nie en klaar', wat hy 9 jaar terug ges het, dat ek regtig glo ek maak met die Here se hulp vordering.

3 weke terug het hy gehoor die site waar hy werk maak toe, en 1500 mense gaan hul werk verloor, dit was in die plaaslike koerant en op die nuus. In my geloof was ek op so 'high' die dag toe ons die nuus kry, dat ek nie kon glo die Here doen dit aan my nie. Ek het elke dag begin 'dagboek' hou van die gebeure en my gevoelens en gebid soos nog nooit van tevore, en ek het my man geboelie om te bid en op die einde is daar net 'n handjie vol mense wat wel moontlik kan werkloos wees, omtrent ALMAL het reeds ander werk, en dit alleen is genoeg om enige ongelowige te laat wonder of daar dan nie tog 'n Here is nie.
My man het almal bedank vir hule gebede en erken dat die Here 'n doel met dit als gehad het, ek glo Hy het hom nou op 'n ander plek geplaas waar hy either makliker in geloof kan groei, of kan getuig. Ek weet nog nie.

Ek dwaal heeltemal van die post af, maar daar is soveel dinge in my lewe aan die gebeur, getuienisse om te lewe en net soveel vrae waarop ek antwoorde soek.

Ek het ook uitgevind my beste vriendin is in 'n verhouding met 'n ateis. I mean seriously?? Nou?? Hulle is al 3+ jaar saam en ek vind dit nou uit?? Hoekom juis nou terwyl ek soveel beproewinge ervaar?

CFJ
Jun 25th 2012, 03:13 PM
Hi Esme,

Wat jy skryf en wat op jou hart is, wys dat jy veel wyser is as wat jy jouself ag (in 'n sekere sin is dit waar die Here ons wil h, want wie dink hy staan, moet oppas dat hy nie val nie). Een van die redes hoekom gelowiges nie groei nie, is omdat hulle nie tergende vrae het nie en jou vrae is meer 'n positiewe ding as wat dit ooit negatief sal wees. Jy het net iemand nodig wat jou bemoedig, want dit lyk werklik nie of jy die spoor totaal byster is nie, maar laat weet gerus as daar iets is wat jy voel nog nie aangespreek is nie of miskien het jy 'n vraag gevra wat ek nie geantwoord het nie.

Dit is jou keuse, maar jy kan privaat ook gesels, ons het 'n spesiale forum daarvoor, andersins sal dit hier ook reg wees. Laat weet gerus...

Die Filadelfieer
Jun 26th 2012, 11:04 AM
Hallo Esme' , en baie welkom hier by ons !

Ek wil glad nie inmeng by hierdie gesprek tussen jou en CFJ nie, maar wil tog vir jou s dat dit uit jou skrywes lyk dat jy werklikwaar poog om God in beheer van jou lewe te stel. Dit is een van die moeilikste dinge wat 'n kind van die Here moet doen, maar ook die moeiste ding om raak te sien in iemand.

Wat jou oorspronklike vraag betref stem ek 100% saam met die gevolgtrekkinge wat julle maak. Jy moet onthou dat die satan 'n uitmuntinde poppesmeester is, en wil hy so graag almal se toutjies trek en manipuleer soos wat hy lus kry. Die geheim is om hom doodeenvoudig nie toe te laat om 'n houvas rens te kry nie. Hy het probeer met die "skim" van jou oupa, met die waarsers (meer as een ! ) wat jy gaan sien het, ensovoorts ensovoorts.

Goddank het ons die Woord van God wat vir ons al hierdie slinkse truuks kan uitwys vir wat dit werklik is : niks anders as leuns nie !

:)

Esme'
Jun 26th 2012, 12:23 PM
Hi Filadelfieer,

Asseblief, meng is soveel jy wil. ;) Dis nie 'n privaat gesprek nie en dis hoekom ek verkies om dit hier te hou, ek is oop vir enige vrae, kritiek, raad, enige iets van enige iemand.

Ek hoop ook ek kan dalk iemand anders se vrae hierdeur antwoord, wat dalk 'n soortegelyke ervaring gehad het maar ook soos ek jare lank dit ignoreur het.

Ek het so baie om te leer en is 'honger' om meer te weet en ander te vertel, ek dink ek het lank genoeg stilgebly oor dit en almal behoort te weet: 1) sulke dinge gebeur werklik en 2) sulke mense (waarsers) is bitterlik gevaarlik. Maar ook dat dit nie die einde is nie, ek glo steeds dat hulle ook met 'n doel op my pad gekom het, anders sou ek nooit besef het wat ek as kind gesien het wel waar was en ook boos was nie, gelukkig vir my het ek tyd gehad om my foute te erken en dit te belei en 'n baie waardevolle les daaruit te leer, al het dit my 20+ jaar gevat.