PDA

View Full Version : BELANGRIK Mense, Word Wakker!!!



Ta-An
Aug 15th 2012, 02:00 PM
Ek het so pas die e-pos ontvang, en deel dit graag.

Dit is tyd dat ons opstaan uit die slaap en sien wat gebeur rondom ons.

Die ANC se voorvader-vlam beweeg hierdie week deur die NoordWes provinsie en hulle wy die provinsie Donderdag in Mafeking aan die voorvaders toe. Daar is geen twyfel daaromtrent dat daar 'n geestelike oorlog vir siele in ons land aan die gang is nie.
Saterdag middag van 12:00 tot 15:00 word die NoordWes provinsie aan die Here Jesus toegewy in Brits. Die organiseerders verwag mense vanuit die hele NoordWes provinsie. Bid asseblief vir al die persone wat die verskillende aspekte van gebed, sondebelydenis en toewyding sal hanteer. Bid veral dat mense sonde direk by die naam sal aanspreek en nie veralgemeen nie en dat hulle in die gees verantwoordelikheid sal neem vir dit wat 'n beweging van God se Gees verhinder. Bid dat hulle nie bang sal wees om 'n standpunt vir Jesus Christus in te neem nie. Bid asseblief ook vir die veiligheid van mense voor en na die toewyding, en vir 'n wonderlike oorwinning ook oor die gees van rassisme in hierdie provinsie.
Groete

Die Filadelfieer
Aug 22nd 2012, 08:24 AM
Mens moet al die stukkies van die legkaart bymekaarsit om die volle prentjie te besef Ta-An.
Die palement word geseŽn deur 'n Sangoma voor elke opening, met die goedkeuring van almal daar betrokke.
Die Marikana-myn fiasko was ongelooflik okkulties-gedrewe. Satan het 'n groot slag daar geslaan, en 'n klomp siele ingewin wat onder die invloed van toordery gedink het hulle is koŽl-vas. Demoonaanbidding, onder die vaandel van "voorvaders", word regdeur SA kerke openlik en gemaklik vermeng met mekaar.

Die lysie gaan aan en aan, en ons sien die resultaat elke liewe dag in die lewens van die land se mense.

Johnny
Aug 22nd 2012, 09:27 AM
Ek dink dit sluit aan by gesprekke soos "verlate kerke" ens, ens. Ons moet as chrsitinne besef dat die wereld aan satan behoort, in die mag van die bose. Jesus self sal in ere kom herstel met Sy wederkoms na die 7 jaar verdrukking, maar tot dan moet ons maar gereed maak vir 'n "very bumpy ride".

1 Johannes 5:19 "Ons weet dat ons uit God is en die hele wÍreld in die mag van die Bose lÍ."

As ek na die wereld kyk dan is daar seker nie 'n Skrif wat so waar en van toepassing is op die uur waarin ons leef nie.

Lukas 21:28 "En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is."

As ek net iets kan bylas as 'n voorbeeld. As julle my plasings gevolg het in die Eindtyd draad net oor wat by die Londen Olimpiese Spele aan die gang was.....dan is die tyd min!

Ta-An
Aug 22nd 2012, 10:48 AM
....dan is die tyd min! Johnny, ondersteun jy 21-12-2012 datum/tyd? :hmm:

Johnny
Aug 22nd 2012, 10:56 AM
Johnny, ondersteun jy 21-12-2012 datum/tyd? :hmm:

Nee, maar as ek na "min tyd" verwys dan is dit in lyn met die Here se waarskuwing vir die uur waarin ons leef. Hoekom ek na Londen verwys is om te wys hoe boos die wereld alreeds is, maar die wereld is aan die slaap.

Ta-An
Aug 22nd 2012, 11:15 AM
Hoekom ek na Londen verwys is om te wys hoe boos die wereld alreeds is, maar die wereld is aan die slaap. Link asseblief :D

Johnny
Aug 22nd 2012, 11:19 AM
Link asseblief :D

"Gesprekke oor die Eindtyd en aktuele sake"

Plasing #1378, #1396, #1405, #1425, #1426, #1427, #1428 en #1429.

Ta-An
Aug 22nd 2012, 11:29 AM
"Gesprekke oor die Eindtyd en aktuele sake"

Plasing #1378, #1396, #1405, #1425, #1426, #1427, #1428 en #1429. JA, ek het 'n bietjie van die opening seremonie gesien, en toe opgehou kyk want dit was net te naar.... wat dit alles te doen gehad het met sport weet ek glad nie.... :o

Son of the South
Aug 22nd 2012, 12:16 PM
Johnny, ondersteun jy 21-12-2012 datum/tyd? :hmm:Wat sÍ hulle gaan gebeur op daardie dag wat noemenswaardig is?


Mens moet al die stukkies van die legkaart bymekaarsit om die volle prentjie te besef Ta-An.
Die palement word geseŽn deur 'n Sangoma voor elke opening, met die goedkeuring van almal daar betrokke.
Die Marikana-myn fiasko was ongelooflik okkulties-gedrewe. Satan het 'n groot slag daar geslaan, en 'n klomp siele ingewin wat onder die invloed van toordery gedink het hulle is koŽl-vas. Demoonaanbidding, onder die vaandel van "voorvaders", word regdeur SA kerke openlik en gemaklik vermeng met mekaar.

Die lysie gaan aan en aan, en ons sien die resultaat elke liewe dag in die lewens van die land se mense. Die 24e September is mos 'erfenisdag', is dit nie? Miskien moet ons voor die Here gaan pleit om ons te vergewe vir hierdie 'erfenis' van ons:
En op die vier en twintigste dag van hierdie maand ...ja goed, dit was die sewende maand, maar nietemin...
het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof. En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.
(Neh 9:1-2)