PDA

View Full Version : Die liefde van God vergaan NOOIT!!



Ta-An
Aug 15th 2012, 02:14 PM
Nog 'n e-pos wat ek graag met julle deel !!!

Goeie môre al my boeties en sussies in die Here Jesus Christus. Van alles wat bestaan is die liefde die een ding wat nie sal vergaan nie want God is liefde en in die end is dit net God wat gaan oorbly as die lig in die nuwe Jerusalem. Jy word deur jou lewe voorberei deur die Heilige Gees om 'n waardige en liefdevolle bruid te wees vir die Bruidegom Jesus wat jou kom haal. Hy gaan jou nie kom haal as jy nie lief is vir Hom nie. Lę jy in jou bed en verlang na Hom. Staan jy op en gaan soek na jou geliefde wat jou soos 'n ribbok op die kruine van berge sal laat huppel. Is jy bereid om alles op te gee vir hierdie geliefde van jou. Onthou, jy kan net 'n bruid wees as jy lief is vir hom. As jou liefdes lampie se olie opraak gaan jy Hom misloop. Hy wat alles die moeitewerd maak. Hy, Jesus Christus, die Bruidegom, my geliefde.
Shalom

Johnny
Aug 21st 2012, 07:25 AM
Nog 'n e-pos wat ek graag met julle deel !!!

Ons doen "alles" reg, die regte dinge....ons belei, maar Jesus waarsku ons in Openbaring voor Sy koms!


Openbaring 2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
Openbaring 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Kan jy jou slaigheid verloor? Ek dink hierdie Skrif slaan die spyler op die kop! As jy jou eerste liefde (Jesus) verlaat, sal God jou kandelaar verwyder. Jy sal jou Bruidskap (ewige lewe) verloor. Hierdie Skrif (daar is ander) trek 'n streep deur die lering van "Eenkeer gered altyd gered"!