PDA

View Full Version : "Mighty Men dra by tot geweld in die huis"



Die Filadelfieer
Sep 28th 2012, 12:28 PM
Ek kan amper nie glo wat ek lees nie (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Mighty-Men-dra-by-tot-geweld-in-die-huis-20120927). Hopelik neem niemand hierdie vrou te ernstig op nie ...............


.
.


Patriargie en die gewilde Mighty Men-saamtrekke was gister in die spervuur tydens n sessie oor huishoudelike geweld op die teologiese Lentekonferensie in Pretoria.

Dr. Elize Morkel, Wes-Kaapse sielkundige, het patriargale denke as een van die probleme uitgesonder wat tot huishoudelike geweld bydra.

n Kenmerk van di soort denke is die oortuiging dat manlike oorheersing die manier is waarop die samelewing behoort te werk.

Uit n godsdienstige raamwerk wat dit ondersteun, word gemeen huishoudelike geweld is n verbrokkeling van God se hirargie van die man se hoofskap oor sy vrou en kinders.

Om dit te herstel, word dan geredeneer, moet die man herstel word as hoof van die huis en die vrou moet op haar plek gesit word.

Morkel het ges die Mighty Men-beweging gaan van di sienings uit.

Volgens haar is een van die eien­skappe van patriargie dat vroue as objekte beskou en behandel word.

Nog n eienskap van patriargie is dat vroue as mans se besittings gesien word.

Dit kry n mens selfs in die Bybel, wat in patriargale taal geskryf is. Sy het verwys na die tien gebooie wat onder meer s dat iemand nie sy naaste se vrou mag begeer nie en dan word die vrou in dieselfde asem as die bees en donkie genoem.

Selfs in die tradisionele ritueel van die troue, waar die pa met sy dogter instap en haar aan die bruidegom oorhandig, sit daar nog iets daarvan.

Sy het patriargie gestel teenoor gelykheid, waar n man en vrou as vennote in n huwelik ingaan, mekaar respekteer, vertrou en ondersteun, verantwoordelikhede deel en saam besluite neem.

CFJ
Oct 10th 2012, 10:29 AM
Die vrou het duidelik nie Genesis 2 en 3 mooi gelees nie, want dit is die bloudruk van hoe die man en vrou teenoor mekaar staan. Dis eenvoudig en prakties waarneembaar ook. My tyd beperk my net, maar daar is iets wat ek baie graag al wou deel in ander drade ook, wat juis oor hierdie deel in die Bybel handel en my eie verstaan is dat as mens Genesis 2 en 3 reg verstaan, verstaan mens veel meer ook reg, soos die verhouding man teenoor vrou, die verbond se detail met Abraham, die kruisiging van Christus en hoe alles in mekaar pas. Sonder Gen 2 & 3 kan mens nooit perspektief h oor die manlikheid alleen wat eers herstel moes word, om die volheid te bewerk van die mens nie.