PDA

View Full Version : Ongelowige ouers

Skillie
Nov 5th 2012, 09:16 AM
Hallo almal, ek is nuut hier. Ek wil somme rin die deur val met 'n lastige vraag. Ek het onlangs uitgevind dat my moeder haar geloof verloor het. Ons het al met haar probeer praat, maar sy verander die heeltyd die onderwerp. Wat kan 'n kind doen?

CFJ
Nov 5th 2012, 01:49 PM

Hallo Skillie en baie welkom by ons. Miskien moet mens begin by hoekom jou moeder haar geloof verloor het. Weet jy of kan jy uitvind Skillie?

Skillie
Nov 7th 2012, 05:43 AM
Hallo CFJ. Ek dink dit het alles begin kort nadat ons vir haar die rekenaar gekry het om met die kleinkinders te skype.

CFJ
Nov 7th 2012, 07:42 AM
Hallo CFJ. Ek dink dit het alles begin kort nadat ons vir haar die rekenaar gekry het om met die kleinkinders te skype.

Hi Skillie,

Hoe sou jy die konneksie maak, met Skype die rekenaar en dat jou ma haar geloof in God verloor het?

Skillie
Nov 7th 2012, 12:34 PM
Jammer CFJ, ek maak nie regtig so 'n konneksie nie. Dit het net alles so saam gebeur, miskien het sy iets op die internet gelees, die dat sy nou 'n rekenaar het.

Skillie
Nov 7th 2012, 12:55 PM
My man reken ons kan nie nou haar rekenaar wegvat nie. Hy dink ons moet dalk net haar kontak met die kinders beperk tot tye waar daar behoorlike toesig is.

CFJ
Nov 7th 2012, 02:06 PM
Jammer CFJ, ek maak nie regtig so 'n konneksie nie. Dit het net alles so saam gebeur, miskien het sy iets op die internet gelees, die dat sy nou 'n rekenaar het.

Jy kan nie dalk probeer uitvind nie Skillie? Mens sal graag wil probeer help, om julle te kan help, as mens net bietjie meer inligting het. Vra iets soos, wat beteken die rekenaar vir ma? Moenie te veel uitbrei nie en op haar antwoorde sal gewone 'hoekoms' meer lig op die saak kan werp.

Skillie
Nov 7th 2012, 05:21 PM
CFJ, ja seker, ek sal maar kyk. Alhoewel, sy sien my al op 'n myl aankom. Ek sal een of ander kreatiewe benadering moet gebruik.

CFJ
Nov 8th 2012, 08:35 AM
Skillie,

Ek moes al leer dat as mens geduldig is, die Here altyd oomblikke skep waar mens baie reguit kan gesels met iemand wat mens normaalweg dit nie kan doen nie. Wees bietjie lankmoedig hieroor en laat weet as jy iets kan uitvis, dan gesels ons daaroor. Laat weet as daar nog iets is, dalk kan mens dit antwoord of immers probeer om dit te doen... :)