PDA

View Full Version : Jerusalem artisjokke



Skillie
Nov 8th 2012, 07:44 AM
Is hier iemand wat dit groei? Glo vreeslik gesond, maar ek sukkel om 'n lekker resep daarvoor te kry.

Skillie
Nov 8th 2012, 12:37 PM
Nie gewone artisjokke nie, die Jerusalem soort, die wat jy die wortels moet uitgrou.

trudie
Nov 9th 2012, 09:26 AM
Hallo Skillie,ek het in een van my boeke gesien dat jy dit saam met aartappels in die oond kan bak .Skrop beide aartappels en artisjokke skoon, moenie sny nie ,rol in bietjie olyfolie ,geur met sout bak in oond van so 190 c.Bak die artisjokke tot dit"squidgy" is.Jy kan ook roosmaryn by sit.Ek weet glad nie hoe proe dit nie.My oudste meisiekind bly in London en hulle eet net vis en groente.Ek is seker daar is baie resepte beskikbaar op die internet.Toe ons verlede maand by haar gekuier het,het ons gamarineerde artisjok slaai gekoop.Dit was nie te sleg nie maar ek dink dit is 'n smaak wat jy moet aanleer.

Skillie
Nov 9th 2012, 09:53 AM
Dankie Trudie. Dis die eerste jaar dat ek hulle plant en hulle het nou mooi begin opkom so ek wil net gereed staan met die idees as dit by oestyd kom. :) Ek weet dis 'n aangeleerde smaak en ander mense kla oor die winde, maar ek het al kombinasies geproe wat regtig lekker was. Ek kan net nie onthou watter die lekker kombinasies was nie. Dis glo vreeslik gesond, en die blommetjies is ook nie lelik nie.

Ta-An
Nov 21st 2012, 06:13 PM
Is hier iemand wat dit groei? Glo vreeslik gesond, maar ek sukkel om 'n lekker resep daarvoor te kry. Hmmm, ja, nogals heel verskillend van gewone atischoke....

trudie
Nov 23rd 2012, 12:44 PM
Nog iets wat ' anders ' is ,is patat " mash".Ons het dit by my dogter in London geeet toe one verlede maand daar was.Skoonseun het pan gebraaide salm op patat 'mash' gemaak.Baie lekker.

Ta-An
Nov 26th 2012, 02:42 PM
Het jy al Herders Pastei geŽet met Blomkool "mash" :o

trudie
Nov 26th 2012, 02:58 PM
Klink lekker,maar net my oudste eet dit.Die jongste kom stadig maar seker by.Ons het ook "bubble" tee daar gedrink.Ek is nie seker nie maar die man het net gesÍ hulle is van Suid AsiŽ.Dit is vrugte tee,warm met keuse van gegeurde "bubbles ".Ek dink dit is 'n gelatin tipe basis eo ons het sulke dik srooijies gekry om dit te drink en as die borrel in jou mond kom en jy byt dit was dit net 'n heerlike vrugte smaak, dit was baie lekker.Ek het ook 'n kookboek gekoop by 'n eetplek met die naam Leon.Hulle het dit saam gestel uit resepte van mede werkers en produsente.Daar is ook 'n Melkkos resep van 'n Siud Afrkaanse chef.