PDA

View Full Version : Ritalin misbruik



Die Filadelfieer
Apr 8th 2013, 07:19 AM
Volgens hierdie artikel (http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Op-n-trip-met-Rit-20130406):
Ongelukkig is aandagafleibaarheid moeilik om te diag­noseer, wat beteken dat mense wat Ritalin (of die soortgelyke pil Concerta) misbruik, dit maklik op voorskrif kan kry.

Selfs al kan jy nie di bylae?6-middel op voorskrif kry nie, is daar n lewendige swartmark van studente wat hl voorskrifte vir ongeveer R40 per tablet verkoop.
So .... Ritalin , goed of sleg ? Een van die lesers-kommentare op die artikel wat my opval as volg :
Die nuutste hier waar ek woon is: is jou kinders hiperaktief? Ritalin is net die ding! So jonk soos 4 jaar en die kinders word gevoer daarmee. En daar word gebruikgemaak van 'n sielkundige wat nogal bekend is vir 'n voorskrif in die stad. Ek wens ek kan die mammies wat dit vir hulle kinders gee sonder pappie se medewete, vir hulle op hulle harte druk om dit asseblief te laat staan! Die bloedjies word grootemaak d.m.v. die internet en bewaar hulle as hulle nie na wense presteer nie! Een mammie kan nie wag dat haar dogtertjie 4 word nie sodat sy dit kan inkry want sy sien nie kans vir woelige en gesonde kinders nie!! ASSEBLIEF!! DIT IS NIE BEDOEL VIR KINDERS WAT DIE LEWE GENIET NIE! JULLE WAS OOK KLEIN GEWEES EN JULLE OUERS HET GOED NA JULLE GEKYK SONDER RITALIN!

CFJ
Apr 8th 2013, 09:23 AM
Fila,

Snaaks dat iemand nie al lankal hieroor iets geskryf het op die forum nie, want dis iets wat werklik kommer wek. Hier waar ek bly het 'n onderwyseres elke jaar haar hele klas op Ritalin gesit en een wakker ouer het haar toe gestop gekry en net geweier dat sy eie kinders hierdie psigiatriese dwelm inkry. Ek wil net my feite agter mekaar kry, maar dit het geweldige negatiewe komplikasies en is een van die heel hartseerste werklikhede wat vandag in veral laerskole algemeen is.