PDA

View Full Version : Bespreking Is die eindtyd naby?



Louis F Brits
Jul 15th 2013, 08:30 AM
Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word as iemand vir julle sou sę die dag van die Here is al hier nie – of dit nou vir julle gesę word in 'n profetiese uitspraak of in 'n preek of in 'n brief wat sogenaamd van ons afkomstig sou wees.


Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het en die wettelose mens wat vir die verderf bestem is, sy verskyning gemaak het nie.


Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word, en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.

Het hierdie mens al sy verskyning gemaak? 2 THESSALONICENSE vers 2

Ta-An
Jul 15th 2013, 08:46 AM
2 THESSALONICENSE vers 2 Hoofstuk?? :hmm:

Louis F Brits
Jul 15th 2013, 09:13 AM
Jammer man, 2 THESSALONICENSE 2 vers 1 tot waar jy wil lees:)

Johnny
Jul 16th 2013, 09:25 AM
Ek glo hierdie "mens" (Transhumanism) is al springlewendig. Dit is net 'n kwessie van tyd en die 7 jaar verdukking is om die draai.