PDA

View Full Version : Determineer God alles?

CFJ
Apr 22nd 2014, 01:00 PM
Is determinasie dieselfde as God se wil wat sal geskied?

CFJ
Apr 22nd 2014, 02:11 PM
Jesus leer ons bid,

S moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
(Mat 6:9-10)

Ons hele gebedslewe is so ingekleur, God se wil wat sal geskied en ons wat dit afsmeek. So het Jesus ook gebid in Mat 26:42, 'laat U wil geskied'. As God se wil wat geskied, is soos wat dit in die hemel is en dat dit ook so op aarde moet wees, wat beteken dit?

Kalahari
Apr 22nd 2014, 04:26 PM
Ferdi

S moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
(Mat 6:9-10)

"Dit is: Gee dat ons en alle mense ons eie wil prysgee om aan u wil, wat alleen goed is, sonder enige tepratery gehoorsaam te wees, sodat elkeen sy amp en beroep net so gewillig en getrou kan uitvoer soos die engele in die hemel."

Dit is volgens die antwoord van vraag 124 van die Heidelbergse Kategismus. Die verse wat hiermee te doen het is:

Mat 16:24 Toe s Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis opneem en My volg.
Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
Tit 2:12 en leer ons om die goddeloosheid en wreldse begeerlikhede te verlon, ingeto en regverdig en vroom in die teenwoordige wreld te lewe,
Luk 22:42 en ges: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!
Eph 5:10 En beproef wat die Here welbehaaglik is;
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
1Co 7:24 Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
Psa 103:20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
Psa 103:21 Loof die HERE, al sy lerskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

Die belangrike vir my is dat ons ons wil moet prysgee ten einde God se wil wat alleenlik goed is kan volg. Deur dit van Hom te bid stel ek my wil ondergeskik aan Syne. Ek glo dit is 'n dinamiese aksie, een wat ek moet doen, maar ook een waarin God my help. Sy genade en Gees help my sodat ek vernuwe kan word en my wil ondergeskik stel aan God s'n wat tot my beswil is. Weereens is die beginpunt by God, Hy maak dit moontlik dat ek my wil ondergeskik kan stel. Indien ek nie die genade ontvang het om dit te kon doen nie, kon ek nie bid dat Sy wil sal geskied nie.

Kalahari

BCV
Dec 4th 2017, 08:02 AM

Kalahari[/QUOTE]

Okay hierdie is nou jare later, maar steeds so relevant vandag.
Hoe weet ek dat ek in God se wil leef?

Kalahari
Dec 4th 2017, 10:01 AM

Deur Sy wil te ken en dit deur die bestudering van Sy Woord. Dit is volgens my die begin en wat hiermee saam gaan is gebed, om te vra en te luister na Sy wil.

BCV
Dec 4th 2017, 03:58 PM
Deur Sy wil te ken en dit deur die bestudering van Sy Woord. Dit is volgens my die begin en wat hiermee saam gaan is gebed, om te vra en te luister na Sy wil.

Dis nie so maklik (vir my nie) ek lewe in Sy woord (bedoelende dat ek dit baie sy Woord lees en dat ek "altyd" bid), maar ek luister en hoor nie...... Ek besef God het ons geskape om Hom te behaag, nie Hy vir ons nie... maar...... hoe meer ek God se woord lees, hoe meer vind ek dat ek dat ek nie "wil" (mag) vra vir voorspoed en seen nie. Ek vra nie vakansies en sports motors nie, ek vra werk kontrakte, en dat mense ons betaal vir die werk wat ons gedoen het bv. of dat ons voertuie sal hou en nie breek nie, maar tog vind ek dat daar mense is wat minder as ek het (wat letterlik buite in die straat slaap) en dan voel ek skuldig oor ek God vra vir iets anders as Sy genade.

Ps 14 se God dat niemand na sy wil vra nie, so mag ek nie vra vir goedheid (voorspoed en groei) vir ons besigheid nie? - Saam dit gaan dit nie oor my en wat ek daaruit baat nie, (nie heeltemal nie, maar tog ook) maar daar is soveel mense vir wie ons werk kan skep ens.

Liewe Jesus het vir my laas jaar 'n droom bakkie gegee, deur 'n klient wat ons nie kon betaal het nie. Nou moes ons die bakkie verkoop het, is dit dat ons 'n gawe weggee..... hoe weet ek, ek het die regte ding gedoen.... dat ek in God se wil beweeg?

Kalahari
Dec 4th 2017, 04:25 PM

Is dit belangriker om Sy wil te ken of om Hom te vertrou?

Kalahari
Dec 5th 2017, 04:20 AM
Is dit belangriker om Sy wil te ken of om Hom te vertrou?

Die rede hoekom ek die vraag vra is dat ons uit die Skrif die volgende weet rakend God se wil.

Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

So indien ons dit weet en glo is die stryd wat ons stry een van geloof en vertroue. Vertrou ek God dat Hy sy belofte sal nakom en vertrou ek Hom met alles in my lewe? Is dit nie soms 'n teken van ongeloof of klein geloof dat ek wil weet wat God se plan met my lewe is nie, terwyl die Skrif ons leer om Hom te vertrou vir ons versorging elke dag.

Mat 6:31 Daarom moet julle jul nie kwel en s: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
Mat 6:32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Mat 6:34 Kwel julle dus nie oor mre nie, want mre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.

Hoe moet ons God dan vra vir hulp?

Php 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Php 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Eerstens in die vertroue dat God vir ons sorg en daarom is ek nie bekommerd nie.
Tweedens bid en vra ek hulp by God en nie mense nie. Dit doen ek deur my begeertes aan God bekend te maak, nie dat Hy dit nie ken nie, maar omdat Hy dit graag wil hoor.
Laastens doen ek dit deur danksegging. Ek dank God vir dit wat Hy reeds in my lewe gedoen het, Sy goedheid en guns. Omrede ek erken en vir God die eer gee vir wat Hy alreeds gedoen het, weet ek dat Hy getrou is en dat ek dan ook nou alreeds vir Hom kan prys en dank vir dit wat ek nou van Hom sal ontvang.

God antwoord ons dan deur aan ons Sy vrede te gee in Christus. Die vrede help ons om nie bekommerd te wees en daardeur te sondig nie. Dit help ons om te volhard totdat God uitkoms gee en dit help ons om God te vertrou. Al hierdie dinge nie uit myself nie, maar deur Christus wat my krag gee.

BCV
Dec 5th 2017, 06:33 PM
Beste K

Hierdie is soos water in 'n woestyn. Ek dink die "eie ek" wat altyd in beheer wil wees, confirmation dat alles okay sal wees. Ek is in die valley waar ek worstel met God wat se my genade is vir jou genoeg en ek strewe om Sy genade waardig te mag wees, maar tog die mens in my het behoefte aan soveel meer, en dan voel ek skuldig om Hom te vra (wat nog van vertrou) vir die wat HY weet 'n mens nodig het.

Baie dankie

Louwrens Erasmus
Dec 6th 2017, 11:11 AM
Daar is 'n boek wat Andrew Murray geskryf het met die naam Thy Will Be Done, wat nou nie meer aan kopiereg onderworpe is nie. Daar is 'n nuwer weergawe in 1980's uitgegee maar onder 'n ander naam en die het nog kopiereg. Die oorspronklike kan jy kry by https://www.biblestudytools.com/classics/murray-thy-will-be-done/. Ek dink jy mag dalk self 'n pdf kry om dit af te laai ook iewers. Dit was regtig 'n goeie boek vir my om te lees. Ek dink daar is heelwat spelfoute aangesien dit lyk of iemand dit met behulp van 'n program opgelaai het en nie al die letters is reg nie.