PDA

View Full Version : Kondome om tienerswangerskappe te vermy?



CFJ
Apr 25th 2014, 02:59 PM
Hoe voel julle daaroor...?

Ek lees die volgende aanhaling oor dit op 'n ander forum (http://www.woesblog.com/index.php?topic=8322.0) en plaas dit graag. Hier is my mening daaronder en soos ek glo die Here voel ons daaroor moet dink. Miskien mis ek iets, maar hier gaan dit...


Op die kassie-sepie: "Sewendelaan" worstel Sonja nou met tienerswangerskap en ouers
wat net op hul eie eer gesteld is.

Wat dink julle, met vrye liefde aan die orde van die dag, is dit nie beter om jou kind van
kondome te voorsien nie, vir ingeval? Is dit nie beter as 'n ongewenste swangerskap nie?

Ons hoor graag julle denke hieroor. Kom deel asseblief!



Dis nogal 'n onderwerp wat veel meer aandag moet geniet as wat ek dink mens meesal besef. Ek glo persoonlik dat hoe mens na seks kyk en hoe mens daarmee omgaan, bepalend is van wat 'n beskawing op neerkom. As jy eervol met seks omgaan en derhalwe jou eie liggaam en 'n ander een se liggaam, sal dit ook die wyse wees waarop jy besigheid doen, met ander gesels ensovoorts.

'n Ouer wat kondome aan hulle kinders gee, vir watter rede ookal, legitimeer seks buite die huwelik en ook losbandigheid om mee te begin. Vrder is dit 'n poging van die mens, om valslik dinge in die donker toe te laat, terwyl die waarheid eintlik nie iets moois is nie en waarvan sulke ouers bewus is. As die kind nie swanger word nie, is daar geen skande wat die kind betref nie en ook nie die ouers nie. Is dit die waarheid? Ek glo nie so nie.

Dis amper beter dat 'n kind wat met seks speel, hul vingers moet verbrand, want dan werk God met sulke mense en Hy weet hoekom daar eerder op hierdie aarde 'n prys te betaal is vir ons sondige leefwyses, as wat mens hier wegkom met slinkse dinge en dink jy het die prys vir sonde gefnuik. Gelukkig is diegene wat hul straf op aarde ontvang, teenoor die wat hul hele lewe lank met slinksheid elke straf en smaad vermy en dan voor God se regterstoel moet staan eendag en hulle hele lewe op daardie dag in een oomblik sien wegkwyn...

CFJ
Apr 25th 2014, 07:51 PM
Dit gaan natuurlik nie net oor kondome nie, maar ook oor ander voorbehoedmiddels. ..

RR van Wyk
May 5th 2014, 01:15 PM
Dit is vandag se dae 'n uiters moeilike onderwerp. Wat van Aborsie wat as voorbehoedmiddel gebruik word? Die getalle in ontwikkelde lande soos Amerika en Europa is skrikwekkend.
Kinders is nie in staat om te weet wat hulle doen nie. En lyk my meerderheid van vandag se ouers is nie instaat om kinders groot te maak nie. Groepsdruk en media verdraai lewe ook ontsettend baie.

Son of the South
May 5th 2014, 01:31 PM
Hierdie het seker nie veel met tiener swangerskappe uit te waai nie, maar in 'n wereld waar aborsie syfers die hoogte in skiet, maak dit mens se hart warm dat sommige mense darem nog babas welkom wil laat voel: http://www.volksblad.com/nuus/2014-05-01-boks-sal-mas-babas-aan-lewe-help-hou

Die Filadelfieer
Jun 3rd 2014, 10:48 AM
Goeie onderwerp hierdie Ferdi, en natuurlik glad nie so maklik nie ...... Ek stem 100% saam daarmee dat ouers wat voorbehoedmiddels aan hulle kinders verskaf basies 'n groen lig gee vir wat alles daarna gebeur. Hoe gee jy vir jou kind 'n kondoom en s vir hom/haar om dit nie te gebruik nie in dieslefde asem ? Ek is 'n grootmens en dit maak nie vir my sin nie...hoe gaan 'n kind daaroor voel ?

Soos jy ook s, sluit dit natuurlik ander voorbehoed in, insluitende mammas wat saam dokter toe gaan dat sussie "op die pil gesit kan word "
(Ek weet dat daar gevalle is waar die pil help met dames wat sukkel met menstruasie, maar ek weet ook dat dit al lankal 'n lekker verskoning geraak het....."Sussie is op die pil want sy sukkel...so sussie is mos gelukkig klaar op die pil ....)

Ons lewe in 'n wreld waar groepsdruk, ander kulture en betekenslose seks al hoe meer 'n rol speel, en ons moet verstaan dat ons kinders wel beinvloed word hierdeur, positief of negatief.

Persoonlik dink ek ouers kan maar net vir hulle kinders leer oor die feite van die lewe, insluitende die impak wat 'n baba op hulle lewens gaan h, en bid en bid en bid, maar kondome uitdeel ? Aikona.