PDA

View Full Version : Mars One

paidforinfull
Feb 28th 2015, 03:39 PM
Daar word beplan om, beginnende 2024, elke twee jaar twee mans en twee vrouens Mars toe te stuur om 'n permanente kolonie daar te gaan vestig. 50 mans en 50 vrouens is al op die keurings kortlys geplaas.

Sou ek verkeerd wees om te glo dat Jesus slegs vir die mensdom wat op die aarde woon gesterf het, en dat Hy nie voorsiening gemaak het vir temptasie en redding van sonde op ander planete nie? Sou dit nie beteken dat Jesus weer op Mars gekruisig sal moet word om die mense wat beplan om daar te woon te red nie?

As dit so is maak dit vir my sin dat die Here 'n stokkie voor so 'n projek sal steek deur Sy kinders hier weg te neem voor so iets gebeur.

Wat dink julle?

B.

trudie
Feb 28th 2015, 05:43 PM
Ek persoonlik dink nie so iets is werkbaar nie .Mense steun te veel op wat hulle as kennis beskou .

paidforinfull
Feb 28th 2015, 11:33 PM
Ek persoonlik dink nie so iets is werkbaar nie .Mense steun te veel op wat hulle as kennis beskou .

Hi Trudi:

Ja, dit is so, maar dit lyk tog vir my asof hulle ernstig is om hierdie ding aan te pak.

B.

CFJ
Mar 1st 2015, 02:30 PM
Daar word beplan om, beginnende 2024, elke twee jaar twee mans en twee vrouens Mars toe te stuur om 'n permanente kolonie daar te gaan vestig. 50 mans en 50 vrouens is al op die keurings kortlys geplaas.

Sou ek verkeerd wees om te glo dat Jesus slegs vir die mensdom wat op die aarde woon gesterf het, en dat Hy nie voorsiening gemaak het vir temptasie en redding van sonde op ander planete nie? Sou dit nie beteken dat Jesus weer op Mars gekruisig sal moet word om die mense wat beplan om daar te woon te red nie?

As dit so is maak dit vir my sin dat die Here 'n stokkie voor so 'n projek sal steek deur Sy kinders hier weg te neem voor so iets gebeur.

Wat dink julle?

B.

Hi B,

Dit wat die mense beoog om te doen, sal nooit werk nie, want die Bybel verklaar dat daar net een planeet is wat lewe het en dis die aarde...

En God het ges: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so. God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre. En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was mre, die vierde dag.
(Gen 1:14-19)

Dit is ALLES gemaak om die aarde gediend te wees. Wat die mense betref wat Mars toe wil gaan om daar te woon, sou mens reken hulle bly steeds aardbewoners, al woon hulle ook op Pluto. Hulle sal nie daar kan woon nie, hulle het geen mag ontvang daarvoor nie...

En God het ges: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die vols van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle gesen, en God het vir hulle ges: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die vols van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Verder het God ges: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. Maar aan al die diere van die aarde en al die vols van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was mre, die sesde dag.
(Gen 1:26-31)

paidforinfull
Mar 1st 2015, 02:45 PM

Ja, dit is natuurlik so, F., maar jy ken mos die duiwel en die swakheid van die mens wat te slim is vir sy eie goed. Net soos wat mense God se skepping mismaak en verdraai deur hybrids en weird goed te maak uit dit wat God goed geskape het sal hulle hulle 'kennis' wil gebruik om op ander planete 'n sintetiese soort van lewe te gaan skep.

Nou, se nou net hulle doen dit (en ek se nie hulle sal dit regkry nie), en hulle gaan daarheen en kry kinders sal dit dalk spiritueel ook gevolge dra, of hoe?

Ek dink en wonder net of God nie Sy kinders van hierdie aarde af sal verwyder voordat die mensdom sulke onnatuurlike dinge begin doen nie?

B.

CFJ
Mar 1st 2015, 03:45 PM
Die mens het verseker die vermo gekry om dit te kan doen, soos wat hulle baie ander dinge ook doen buite die Here se wil. Hulle bly egter aardbewoners en sal nie enige plek kan gaan om daardie status te kan verander nie.

paidforinfull
Mar 1st 2015, 04:06 PM
Volgens Openbaring 12:9 het God die duiwel en die gevalle engele uit die hemel gegooi en neergewerp op die aarde. Dus, as ek reg verstaan, is daar nie gevalle engele of demone op ander planete nie. Mense wat soontoe trek sal wel nog sondig wees a.g.v. die sondeval, maar hulle sal nie in versoeking deur demone gelei word nie.

Soos ek dit sien sal die Here of hulle stop of ons wegneem voor dit gebeur. Hoekom ek so dink behoort seker in 'n ander sub-forum want hierdie een gaan oor die eindtye. (Ek het dit oorspronklik hier geplaas want ek dink dit het wel met die eindtye te doen).

B.

CFJ
Mar 1st 2015, 09:07 PM
Dis baie interessant B. As daar geen gevalle engele op ander planete is nie, wat jy op wys ook, dan kan mens jou argument oor sonde insien...

Ben Cronje
Mar 20th 2015, 08:08 PM
Sou ek verkeerd wees om te glo dat Jesus slegs vir die mensdom wat op die aarde woon gesterf het, en dat Hy nie voorsiening gemaak het vir temptasie en redding van sonde op ander planete nie? Sou dit nie beteken dat Jesus weer op Mars gekruisig sal moet word om die mense wat beplan om daar te woon te red nie?

As dit so is maak dit vir my sin dat die Here 'n stokkie voor so 'n projek sal steek deur Sy kinders hier weg te neem voor so iets gebeur.

Wat dink julle?
Hi B. Hier is hoe ek dit huidiglik verstaan; my denke het soos volg verloop:

As God Sy kinders hier sal kom wegneem vr die mens wil Mars toe, hoekom het Hy nie n stokkie gesteek voor die mens Maan toe is nie?:hmm:

Toe dink ek: Mars is n Fisiese plek net soos die aarde net soos die Maan. Mens kan dus bo-op n vuurpyl in die kapsule klim en fisies na enige een van die twee gaan. Maar kan mens in die kapsule van n vuurpyl gaan en Hemel toe gaan? Nee.

So daar moet dus n verskil tussen die Hemel en die res van die heelal wees. Die hemel is n ander dimensie. Die Hemel was reeds daar van vr die Skepping af. Die Hemel is al daar vandat God daar is en dit is vir ewig, onafhantlik van tyd en ruimte en enige van die fisiese wette soos ons dit ken.
Toe kom God en skep deur Jesus Christus die fisiese heelal met al die wette soos tyd en ruimte ensomeer wat dit reguleer.
Satan en n derde van die Engele is uit die Hemel uit gewerp aarde toe (Open 12:9). Kan dit wees dat hul neergewerp is aarde toe, want dit was die enigste plek van lewe? Satan en sy demone het geen behoefte om na die ander planete toe te gaan nie, want daar is nie mense om te mislei nie.

Ek glo hulle is uitgewerp uit die Hemel uit in die fisiese wereld van die Skepping in, met geen meer toegang na die Hemel toe nie. En alhoewel hulle in hierdie Fisiese Skeppings-wereld na enige planeet toe kan gaan, help dit hul nie want daar is nie mense nie.
Ek kan jou verseker Neil Amstrong was nie versoeking-loos op die maan in sy denke nie, of dat mense versoeking agter laat die oomblik as hul in n vuurpyl klim na die Internationale ruimtestasie toe hoog bo die aarde in die ruimte en eers weer onder versoeking kom as hul land nie. Ek weet dit mag dalk soos dom voorbeelde klink, maar ek glo daar is tog n beginsel hier in.

Onthou:

Rom 8:22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
Die hele Skepping suffer onder sonde. Selfs die diere en plante met siektes ensomeer. So dit is nie net die mens nie. En die hele skepping suffer as gevolg van die mens se sonde.

Ek hoop dit help, dame?

paidforinfull
Mar 20th 2015, 11:37 PM
Hi B. Hier is hoe ek dit huidiglik verstaan; my denke het soos volg verloop:

As God Sy kinders hier sal kom wegneem vr die mens wil Mars toe, hoekom het Hy nie ‘n stokkie gesteek voor die mens Maan toe is nie?:hmm:

Toe dink ek: Mars is ‘n Fisiese plek net soos die aarde net soos die Maan. Mens kan dus bo-op ‘n vuurpyl in die kapsule klim en fisies na enige een van die twee gaan. Maar kan mens in die kapsule van ‘n vuurpyl gaan en Hemel toe gaan? Nee.

So daar moet dus ‘n verskil tussen die Hemel en die res van die heelal wees. Die hemel is ‘n ander dimensie. Die Hemel was reeds daar van vr die Skepping af. Die Hemel is al daar vandat God daar is en dit is vir ewig, onafhantlik van tyd en ruimte en enige van die fisiese wette soos ons dit ken.
Toe kom God en skep deur Jesus Christus die fisiese heelal met al die wette soos tyd en ruimte ensomeer wat dit reguleer.
Satan en ‘n derde van die Engele is uit die Hemel uit gewerp aarde toe (Open 12:9). Kan dit wees dat hul neergewerp is aarde toe, want dit was die enigste plek van lewe? Satan en sy demone het geen behoefte om na die ander planete toe te gaan nie, want daar is nie mense om te mislei nie.

Ek glo hulle is uitgewerp uit die Hemel uit in die fisiese wereld van die Skepping in, met geen meer toegang na die Hemel toe nie. En alhoewel hulle in hierdie Fisiese Skeppings-wereld na enige planeet toe kan gaan, help dit hul nie want daar is nie mense nie.
Ek kan jou verseker Neil Amstrong was nie versoeking-loos op die maan in sy denke nie, of dat mense versoeking agter laat die oomblik as hul in ‘n vuurpyl klim na die Internationale ruimtestasie toe hoog bo die aarde in die ruimte en eers weer onder versoeking kom as hul land nie. Ek weet dit mag dalk soos dom voorbeelde klink, maar ek glo daar is tog ‘n beginsel hier in.

Onthou:

Die hele Skepping “suffer” onder sonde. Selfs die diere en plante met siektes ensomeer. So dit is nie net die mens nie. En die hele skepping “suffer” as gevolg van die mens se sonde.

Ek hoop dit help, dame?

Dag, Ben:

Ja, ek het ook al gewonder of die 'aarde' nie dalk die hele fisiese Skepping insluit nie. Dit is definitief 'n groot moontlikheid, maar mens sal seker meer hieroor kan sekerheid kry as mens na die oorspronklike skrywe gaan kyk en dan kyk hoe dit vertaal is.

Jou verduideliking maak vir my baie sin, en ek sal meer hierop ingaan. Dit klink logies, en die vers wat jy aanhaal maak 'n sterk saak vir jou standpunt.

Dit help - baie dankie, en geniet jou dag :)
B.