PDA

View Full Version : Bespreking Wat is die doel van 'n letterlike 1000-jarige vrederyk?



CFJ
Apr 15th 2015, 07:54 AM
In die Bybel word gelowiges se verwagting van die hemel sterk aan hulle oorgedra. Mens lees byvoorbeeld,


Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,
(Filp 3:20)

As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
(Kol 3:1-3)

Jesus het juis die koninkryk van die hemele kom verkondig en wys waar ons skat is...


Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(Mat 6:19-21)

Wat is die doel van 'n aardse, letterlike 1000-jarige vrederyk, as ons verwagting volgens die Bybel, slegs 'n hemelse verwagting moet wees?

Het ons nie nou, terwyl ons in soveel verdrukking is, 'n vrederyk nodig nie?

Wat baat 'n toekomstige letterlike 1000-jarige vrederyk nou, vandag, vir my en jou?

Ben Cronje
Apr 15th 2015, 11:48 AM
Hi Ferdi

Ek glo nie dat daardie 1000 jaar hier op aarde gespandeer gaan word nie, maar wel in die hemel. Die sondige aarde se oppervlak gaan totaal en al vernietig wees deur die glorie van Jesus Christus se wederkoms.

Hier (http://bibleforums.org/showthread.php/244213-1000-jaar-Millenium-Is-daar-so-iets) het ek voorheen my verstaan hieroor uitgelig. :thumbsup:

Groete

Ben