PDA

View Full Version : Bespreking Die Dier beheer op 'n verskuilde manier



CFJ
May 19th 2015, 02:23 PM
Mens verwonder jouself oor hierdie węreld waarin ons leef. Ek wonder soms hoe mens hierdie gedeelte moet interpreteer?


En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
(Open 13:16-18)

Kyk mens byvoorbeeld na Banke en hoe hulle net eenvoudig vra wat hulle wil vir bankkostes, hoe die selfoon Maatskappye mens werklik beroof om net te kan komminukeer, hoe Eskom nou heeltemal gek begin raak en dan nog 25% kosteverhogings wil inslurp, hoe Checkers en Pick & Pay en ander ketting-groepe week na week hulle pryse verhoog en eintlik maar met die verbruiker maak net wat hulle wil, hoe ons in Suid Afrika (die rol-model wat voorgehou word vir die NWO) absoluut uitgebuit word met pryse vir staatsheffings op voertuie, om net sekere van hierdie totaal skewe dinge in die lewe voor te hou..., dan wonder mens of daar enigsins menswaardigheid oorgebly het?

As menswaardigheid kwyn, waarmee word dit vervang? Ek is oortuig dat dit met dierlikheid vervang word. Mens kry al meer mense wat sę dat hulle hul laaste selfoonkontrak uitgeneem het, dat 'n nuwe voertiug nie weer iets is wat hul ooit sal begeer nie, dat hul maar hul eie hoenders sal aanskaf, hul eie groentetuintjie gaan aanplant en dat hulle net in noodgevalle hul bankrekening gaan gebruik en maar eerder met kontant gaan handeldryf. Mens wonder of die samelewing al ooit so siek was, soos mens nou ervaar?

Dan praat mens nie eers van die kwaliteit van middele nie. Tamaties proe lankal nie meer soos tamaties nie, om nie eers te oorweeg om meer te sę daaroor nie. Hoe het hierdie eerste Christene gedink, toe hulle volgens die boek van Handelinge so gemaak het...?


En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het. En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
(Hand 2:44-47)

Dit sal nogal interessant wees om 'n verband met hulle optrede en die normale samelewing van hulle tyd, wat ook maar seker deur dierlikheid geteister kon wees, te kan trek... en dit te bespreek aan die hand van die tye waarin ons nou is?

Ek was nogal so paar jaar gelede by so geloofsgemeenskap en het positiewe dinge daar ervaar, maar ongelukkig ook negatiewe dinge. Dink julle die mense in Handelinge het net postiewe dinge ervaar of was daar ook maar negatiewe dinge?

Ek dink die vraag is, hoe afhanklik elkeen is? Onafhanklikheid maak mense veel meer selfgesentreed, nie dat mens seker kan veralgemeen nie, maar ek is oortuig dat hierdie dierlike sisteme wat ons lewens so liefdeloos uitbuit, teer op die selfgesentreerdheid en onafhanklikheid van die mens en veel meer van 'n probleem is, as wat ons in naďwiteit kan raaksien...

'n Gelowige wat afhanklik is van God se genade alleen, is veel nader aan die Here en uiteraard die waarheid. As sisteme mens afhanklik maak, word jy hulle slaaf. As mense mekaar meer ondersteun, het hulle nie so groot afhanklikheid van hierdie dierlike sisteme nie. Hoe dink julle?

Kalahari
May 19th 2015, 04:14 PM
Indien die afhanklikheid nie van God is nie,maar van mense/medegelowiges dan is die stelsel ook net so foutief as die węreldse. Indien die gelowiges hulle besittings verkoop het en gedeel het met die ander, maar met die geloof dat God hulle sal versorg deur hard te werk en die oorskot te deel met die wat in nood is, dan dink ek is ons naby die Handelinge-gemeente. Tog glo ek nie die bewys van die vertroue is om alles te verkoop nie, maar om wel jou oorskot te deel en te vertrou dat God sal voorsien. Die samelewing van vandag glo aan "keeping some for a rainy day" en dit impliseer dat jy God nie vertrou, maar jou besittings wat jy verkry het. Die gevolg daarvan is dat jy vinnig kom in 'n posisie dat jy nooit genoeg voorsiening kan maak vir jou oudag of "rainy day" nie en dan ook nie die hulpbehoewendes help nie. Hoekom nie? Want ek moet voorsiening maak en dus glo ek nie in God se voorsiening nie. Ek weet regtig nie hoe om dit heeltemal prakties toe te pas nie, aangesien ons in so 'n materealistiese samelewing leef. Na regte behoort daar geen Sanlam's of Ou Mutuals's te wees nie, maar net die vertroue in die Here.