PDA

View Full Version : man vs vrou (ons doen die duiwel se werk vir hom)

BCV
Jun 18th 2015, 07:27 AM
Ek het 'n "teorie" oor hoe die duiwel met ons samelewing inmeng en ons doen eintelik sy werk vir hom, en sal graag jul ander se opinie hier omtrend wil hoor.

Ons mans se manlikheid / hoof van die huis / brood winner, word(is) van hul weggevat in die sin dat hulle sukkel om werk te kry, dit het gelei tot die vrou wat uitspring en gaan werk, wat weer gelei het tot die vrou wat nou die broodwinner is en saam met dit, wil sy ook nou die broek dra (die hoof van die huis wees). Ons mans sukkel om daarmee te cope wat probleme en gevolge op hul eie het. Dit los ons verder met die probleem dat ons kinders hul self moet groot maak, daar is nie meer 'n mamma (of iemand) by die huis wat by alles kan uitkom nie, ons kinders maak hulself groot, wat weer lei op 'n samelewing van verwerpte kinders wat smag na liefde en aanvaarding.... (dit is 'n baie kort opsomming) maar ultimate ly dit tot verwoesing van ons huwelikke / gesinne ens. en soos ek daarbo genoem het, maak ons eintelik die duiwel se werk soveel makliker vir hom......

Ek hoor graat jul mening.

Groete
BCV

paidforinfull
Jun 18th 2015, 08:20 PM

Ek stem definitief heeltemal hiermee saam. Die hele feministiese beweging is uit die put van die hel. Ek se nou glad nie vrouens mag nie regte he of dat ons mans se vloerlappe moet word nie, maar as ons mans Christene is en ons liefhet soos wat die Bybel hulle leer om te wees, sal daar nie probleme wees nie.

Ek het my dogter 'anti-feministies' grootgemaak. Sy is 'n huisvrou en maak aldrie my kleinseuns self mooi groot. Prys die Here sy kan. Dit is ongelukkig nie vir almal moontlik nie. Ekself werk, maar ek doen dit omdat ek wil, nie omdat ek moet nie. My man het geen probleem dat ek enige tyd ophou werk as ek sou wou nie.

B.

BCV
Jun 19th 2015, 06:56 AM
Ons samelewing kweek die "eie ek" en dan sugar coat hul dit met "selfworth".

Ek dink nie as ons enigsins volgens die Bybel lewe en in God se rang orde en sy woord lewe sal ons (vroue) ons mans se vloer lappe wees nie. God eerste, die man die hoof, die vrou en dan die kinders. (God het ons tog as die man se hulp gemaak.....) Ek moet bieg, ek self was (struggle) baie feministies, ek het geglo en gevoel dat ek alles wat 'n man kan doen beter doen..... ek het 'n BAIE BAIE duur les geleer.

Ek leer nou soveel en geniet elke oomblik en besef nou eers hoeveel ek op uitgemis het. Dit is soveel lekkerder om in die kombuis besig te wees omdat jy wil (en tyd het) as om kos te maak teen die klok en omdat jy moet..... Dankie God vir Genade....

paidforinfull
Jun 19th 2015, 08:35 PM

Die hele feministiese beweging het vrouens eintlik baie skade aangedoen (en dus ook ons kinders, soos jy reeds genoem het).

Aan die een kant is dit wel goed dat vrouens kan gaan werk as hulle nodig het om 'n inkomste in the bring (soos bv. weduwees, ongetroude vrouens en geskeide vrouens).

Ek dink die groot probleem is dat mans en vrouens wel fisies en emosioneel verskil en vir verskillende rolle geskape is (en een is nie beter as die ander nie - net anders), tog wil baie vrouens nes mans of beter as hulle wees in die velde wat mans beter pas (en omgekeerd). Dit ontneem 'n man van sy manlikheid, en 'n vrou van haar vroulikheid.

In vandag se lewe word vrouens baie maal gedwing om te gaan werk omdat mans se salarisse eenvoudig nie meer genoeg is om 'n huisgesin te onderhou nie (voor die Tweede Wereldoorlog was dit, maar daarna moes mans die werk en geld met vrouens deel). Nou moet 'n vrou baiemaal dubbel die werk doen: by die werk en by die huis.

Vrouens wat wel by die huis kan bly en doen wat die Here hulle voor geskape het word gemaak om minderwaardig te voel omdat hulle nie 'n 'loopbaan' het nie. Dis sommer nonsens.

Nee wat, die hele ou wereld is onderstebo en agterstevoor.

CFJ
Jun 20th 2015, 09:50 AM
Ek het 'n "teorie" oor hoe die duiwel met ons samelewing inmeng en ons doen eintelik sy werk vir hom, en sal graag jul ander se opinie hier omtrend wil hoor.

Ons mans se manlikheid / hoof van die huis / brood winner, word(is) van hul weggevat in die sin dat hulle sukkel om werk te kry, dit het gelei tot die vrou wat uitspring en gaan werk, wat weer gelei het tot die vrou wat nou die broodwinner is en saam met dit, wil sy ook nou die broek dra (die hoof van die huis wees). Ons mans sukkel om daarmee te cope wat probleme en gevolge op hul eie het. Dit los ons verder met die probleem dat ons kinders hul self moet groot maak, daar is nie meer 'n mamma (of iemand) by die huis wat by alles kan uitkom nie, ons kinders maak hulself groot, wat weer lei op 'n samelewing van verwerpte kinders wat smag na liefde en aanvaarding.... (dit is 'n baie kort opsomming) maar ultimate ly dit tot verwoesing van ons huwelikke / gesinne ens. en soos ek daarbo genoem het, maak ons eintelik die duiwel se werk soveel makliker vir hom......

Ek hoor graat jul mening.

Groete
BCV

Jammer as ek hier in julle vrouens se forum kom eiers lÍ. Jy is doodreg BCV, die hele orde van God se skepping en veral die skeppingsdoel van alles, word deur die Satan omvÍr gewerp. Dit wat vir 'n vrou natuurlik kom, soos om te versorg en kinders groot te maak, word as minderwaardig en onnatuurlik voorgehou. Minwetend dat slegs vrouens werklik gemaak is om die leiers van mŰre voor te berei. Die leiers (mans) het hul eie taak en dit is om om te sien na God se skepping en dit kom ook natuurlik. Kyk maar wie het die telefoon uitgevind, rekenaars, elektrisiteit, vliegtuie, binnebrandmotors en vele ander tegnologiese uitvindings. Kyk wie het hierdie manne groot gemaak en dan sien mens die gelykmakende faktor wat die ou duiwel as onredelik en diskriminerend voorhou...

Die skaal by die Here weeg gelyk, as mens net oplet hoe Hy alles inmekaar laat pas het... Dit gaan nie oor mans en vrouens persť nie, maar oor die rol wat God elkeen gegee het om te vervul, sodat Sy skeppingsdoel volkome kan wees!

BCV
Jun 23rd 2015, 01:42 PM
CFJ "Jammer as ek hier in julle vrouens se forum kom eiers lÍ."

Jy is welkom...... so help ons mekaar.
"Die skaal by die Here weeg gelyk, as mens net oplet hoe Hy alles inmekaar laat pas het... Dit gaan nie oor mans en vrouens persť nie, maar oor die rol wat God elkeen gegee het om te vervul, sodat Sy skeppingsdoel volkome kan wees!"

Jou bogenoemde woorde is so waar... ek onthou 'n tyd waar my man my voorgestel het as sy vrou, ek was woedend. Nou is dit seker die grootste kompliment wat hy my kan gee.