PDA

View Full Version : Bespreking Die wegraping foefie.



samaritaan
Jul 14th 2015, 09:17 AM
In my leeftyd het ek verskillende skrywers opgemerk wat oor die wegraap en die wederkoms n verduideliking probeer gee waarom daar twee verskillende tye voorkom. In die Bybel vind ons niks behalwe die tyd van verandering wat plaasvind met die wederkoms. Ek het by myself gedink oor die verskriklike vernedering wat hulle moet deurmaak om aan ander die waarheid te gee. Maar nou ja, dit is onmoontlik, anders moet hierdie persoon weer bekeer en afsien van sy goddelose denkwyse. Wat sal die węreld van hulle se oor die blatante leuens wat hulle versprei het. Al die geld wat gemaak is en die media wat deur hulle verryk is. Die aanhang en eer mense wat verloor word, omdat hierdie geleerde hulle bedrieg het met sy eie leerstellings en nie die van God nie.Ons moet in rekenskap hou daar is verskillende soort skrywers op enige webwerf wat die waarheid sal teëstaan sonder om homself bekend te maak, wat voorkom soos n wolf in skaapklere. Ek vind al gee ons die waarheid, sal sulke persone moedswillig die waarheid beveg want hulle vader is die duiwel. En buitendien, waar staan dit in die Bybel dat die woord verkoop moet word sodat mense daardeur ryk moet word. Soos ek dit sien is dit maar net een groot foefie waardeur baie dink dat daar sukses voortbring.:inlove: