PDA

View Full Version : Bespreking Sal Steve Hofmeyer in die parlement n verskil maak?



samaritaan
Jul 14th 2015, 10:13 AM
Baie probeer om n verskil te maak wanneer dit kom by die ontwikkeling van politieke besluite. Met spyt moet ek se dat daar geen besluite vanaf die parlement sonder inmenging van die Nuwe Węreld Orde sal plaasvind nie. Ons word alreeds deur die Verenigde Nasies beheer. Plaasmoorde hou nie op nie. Rassisme kom meer voor as voorheen. Ek dink dit is tyd dat Suid Afrika terugkeer na God en nie oplossings by die węreld soek nie.As christen het God drie verskillende visioene aan my geopenbaar waar die swart nasie sal regeer. Geen mens sal n verskil maak aan die regering van die laaste dae nie. Die verandering in Suid Afrika sal bly totdat Jesus terug kom. Dit is alles profesie wat deur mense nie verander kan word nie. Die tien streke van die węreld moet plaasvind sodat die vermenging van yster en klei kan plaasvind. Hierdie gebeurtenis is alreeds aan die gang met die opdrag van die Nuwe Węreld Orde. Nicky van "se wie" het ook oorgetrek na die parlement, tot vandag toe hoor ek niks van hom nie. Beroemdheid los nie probleme op nie, maar hulle wat in aksie optree.
Samaritaan