PDA

View Full Version : Bespreking Die Bybel en evolusie.



samaritaan
Jul 20th 2015, 06:38 AM
Daar is vele gedeeltes alreeds gepos oor die węreld wat evolusie betref dat dit tot vandag nog steeds nie sy reg tot die samelewing gevind het nie. Die enigste persoon wat homself wend tot sulke bedrog is die afvallige of ateďs wat God nie in erkentenis neem nie. Waarom moet daar getwis word oor die waarheid wat alreeds neergelę is in die Bybel wat ook as kanoniek aanvaar word as die woord van God. Iemand wat twis oor die skepping is gewoonlik dwaas en het n sieklike sug na twisvrae en woordestryd omdat so n persoon gewoonlik geen kennis of geloof in God besit nie. Evolusie is in die eerste plek geskep deur die Jesuits, daarom weet ons dat alle oorsprong van die Satan self is. Geen christen verbind die kennis van die Bybel met enige sogenaamde leerstelling van die węreld nie. Ons kan nie in God glo en later weer Sy woord betwyfel omdat n dwaas daarteen in opstand gekom het nie. Die boek van Henog is uit die Bybel geneem omdat dit die evolusie leer verpletter. Waarom sal ek my besig hou met die skepping om te probeer uitvind hoe God dit gemaak het as Hy dit alreeds vir my gesę het in die boek van Genesis. Waarom twyfel ek as kind van God aan die skepping as ek n verhouding met God het en Hom my Vader noem. Vandag sit ons met dieselfde probleem as wat Eva gehad het toe sy die kennis begeer wat haar weerhou was in die tuin van Eden. Baie sit met die idee God steek vir ons iets weg omdat alles nie aan ons geopenbaar is nie. Die wetenskaplikes het nog geen sukses in die węreld behaal om die mens reg te leer oor die skepping van God nie, omdat hulle alles op hulle manier aan die mensdom wil vertoon. Ek sien nie regtig die goeie wat hulle ontdek het nie, omrede alles wat hulle ontdek word weer van die mens ontneem. As ons byvoorbeeld kyk na die sogenaamde kragprobleme waarmee ons sit. Ons tegnologie is alreeds sover gevorder as ek kyk na die vegvliegtuie wat kamstig aliens is dan vra ek waarom is die mens so vol bedrog en leuens dat hulle nie die tegnologie wil openbaar aan die volk nie. Ek wil my dood lag vir die grapjas wat in aliens glo. As daar dan nou aliens is wat die węreld beheer of wil oorneem waarom is hulle bang vir die christene. Ha ha ha:lol: Nou ja, laat ons maar eerder ernstige dinge bespreek wat sin maak.

Liefde Samaritaan

mari
Jul 23rd 2015, 01:27 PM
GENESIS

19 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

..... wie het die mens nuuskierig gemaak oor die skepping, die diere, en op die ou end ons eie "natuurlikke" oorsprong ?

van die grootste wetenskaplikes vandag wat regtig die waarheid soek, erken dat alles so nimmer as te nooit "vanself" kon gebeur het en glo dieper in God as die meeste van ons, en erken in elk geval dat daar nie iests soos 'n "suiwer" studie oor ons oorsprong bestaan nie omdat dit nie in 'n labratorium nagemaak kan word nie ..... soms klink dit my daar is meer "geloof" in dit wat "wetenskap" genoem word as dit wat in kerke is -

God en die "wetenskap" kan nie geheel en al afgesonder word van mekaar nie ( voel ek ) wat God vra vir ons om uit te vind en dinge te benoem, en in die uitvind vind ons meestal die skepper self op die ou end ......

... ons mensekinner sit met 'n tammeletjie.... aan die eenkant is daar die "kennis van goed en kwaad" wat Adam ons me agtergelaat het..... en dan is daar "lewe" wat ons in Jesus geerf het ...... iewers tussen die twee moet ons ringting kry op die ou modderbal waar ons ver eers sit tot die dag wat alles weer net lig word .......

of so iets .......

samaritaan
Jul 23rd 2015, 07:21 PM
Prediker.8:17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan—hy sal dit nie kan uitvind nie!

Ons moet nie probeer om iets uit te vind nie, maar te aanvaar dat God dit geskape het sonder om te twyfel of agterdog te wek wat lei tot twyfel. Enige christen wetenskaplike moet God verheerlik in Sy skepping en dit wat geskep is met blydskap aan alle heiliges kan oordra sodat ons ook God kan verheerlik. Ons is nie veronderstel om twyfel-teorieë saam te stel dat die kinders van God moet struikel nie, maar aan die mens probeer verduidelik hoedat die skepping wat alreeds gemaak is ontleed word. Ek het eendag na n program gekyk wat oor die see gemaak is terwyl alles onder die water vir ons probeer wys is deur duikers wat die program gemaak het. Hulle self het gesę dat daar nie genoeg tyd sal wees om alles wat nog versteek is te kan ontleed nie. Nou ja, intussen is daar die Godloënaars wat hulle besig hou om mens en dier te teel. Ek neem aan dit is seker die aliens.

mari
Jul 27th 2015, 10:42 AM
Ek neem aan ........

kry eerder jou feite in perspektief ( uit die Lewende Woord ) ...... en glo dan eerder .... dit werk beter ......

:hmm: m