PDA

View Full Version : John Hagee en die antichris



Louwrens Erasmus
May 9th 2016, 01:01 PM
Ek moet sÍ dit is lagwekkend om na party van die groot tv evangeliste te luister op youtube. Ek het so twee weke op 'n video afgekom waar John Hagee gepraat het oor die antichris, en dat hy glo op 5 Mei 2016 sou kom. Die grootste grap van alles is dat hy op sy podium staan met 'n neon teken agter hom wat verklaar "The Antichrist is here". Al wat ek sien is dat hy reg onder hierdie teken staan, wat nogal opvallend is.

So 5 minute en 40+ sekondes na die begin van die video praat hy toe oor hoe Hitler die grootste dissipel was van, en deur die duiwel self gestuur is om die Jode dood te maak. Ek dag toe ek sal maar kommentaar lewer daarop en hom net reg help dat Julius Streiger tydens sy verhoor, en hy was geensins eers deel van Hitler se parlement nie, daarna verwys het dat hy eintlik nie daar moes wees nie, maar dat Martin Luther daar moes wees, want hulle het net gedoen wat Luther is sy boek "on the Jews and their lies" gesÍ het wat die Duitsers moes doen. So dit het al by Luther begin en hy moenie nou die skuld op Hitler pak nie.

Die volgende dag toe ek gaan kyk of sy bediening se mense enige kommentaar gelewer het oor die feit dat ek hom regehelp het vind ek toe dat die kommentare op die video verwyder was en geen kommentaar meer toegelaat word nie.

Vandag toe ek nou weer gaan kyk wat met die video gebeur het aangesien ons nou al 4 dae verby sy sperdatum is, het die opskrif net verander dat die antichris nou op 30 Augustus sal kom. Wat 'n groot bedrog spul. In die tussentyd verkoop hy derduisende boeke, en mense dink hy is een van die grootste voorstanders van die wegraping en herstel van Israel as fisiese nasie is, maar die teken op sy verhoog sÍ presies wie hy is. "The Antichrist is here" en dit is die boodskap wat natuurlik bring, die boodskap soos verklaar deur die Bybel, die van die antichris. Gaan kyk maar gerus by https://www.youtube.com/watch?v=DoivaOFr2OE.

Lagwekkend hoe hierdie mense weg kom met hulle "bull****" stories, en die mense hulle volg. Maar een derde van alle mense wat lewe wanneer die sesde trompet gaan blaas sal sterf, en ek weet ek sal nie een van daardie mense wees nie, maar baie van die voorstanders en volgelinge van die bedriŽrs sal saam met hulle voorstanders gedood word. Hulle sal dan eers in Openbaring 20 uitvind dat hulle naam nie geskryf staan in die boek van die lewe nie.

Gaan soek maar op youtube, en jy sal vind dat daar 116000 plus videos is wat die dag gebruik. Mense het die titels verander, maar nie die datum in hul beskrywingsveld verander nie. So dit wys maar net daarop hoe groot die afval van die laaste dae is.

Hoe tragies is dit nie.

CFJ
May 9th 2016, 02:06 PM
Ja nee, op 'n tyd kon ek nogal luister na John Hagee wat met soveel gesag dinge kan sÍ, maar soos die tyd aangestap het en ekself dinge gehoor het wat hy kwytraak, het my respek vir hom heel weggekwyn. In een van sy preke het hy bewyse gelewer van Jesus se geweldige rykdom wyl HY hier op aarde gelewe het. Ek kon byna nie glo wat ek hoor nie en die totaal onbybelse argumente en eintlik blatante leuens het my regtig teen die bors gestuit, maar mens het gou agtergekom dat hy eintlik maar sy eie rykdom op so wyse wou regverdig.

Na hierdie preek van hom het mens met ander oŽ begin kyk en soortgelyke leuens soos wat jy nou hier uitwys is veel meer aan die orde van die dag as wat mens sou verwag. Hy is 'n vals prediker en enige sinlike gelowige behoort ander te waarsku teen John Hagee!

John Hagee plaas natuurlik fisiese Israel ook vir 'n mens in perspektief en ekself raak al meer bekommerd oor die misleiding wat die oordrewe fokus op fisiese Israel aan die hand werk...

Son of the South
May 10th 2016, 09:19 AM
Ek glo dit is nie vir enige iemand, insluitend die Antichris self, om die aankondiging te maak nie. Ek glo dat Jesus self hom op die regte tyd aan sy Kerk sal openbaar:
En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. En terwyl hulle eet, sÍ Hy: Voorwaar Ek sÍ vir julle, een van julle sal My verraai. Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sÍ: Is dit miskien ek, Here? Toe antwoord Hy en sÍ: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai.
(Mat 26:20-23)

CFJ
May 10th 2016, 09:52 AM
Ek glo dit is nie vir enige iemand, insluitend die Antichris self, om die aankondiging te maak nie. Ek glo dat Jesus self hom op die regte tyd aan sy Kerk sal openbaar:

Ek dink jy slaan die spyker met 'n regte hamer hier met een hou in sy plek in SoS. Is dit nie ook maar wat Paulus hier beredeneer nie?

Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teŽstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesÍ het toe ek nog by julle was nie? En nou, julle weet wat hom teŽhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teŽhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
(2Thes 2:3-10)

Ben Cronje
May 10th 2016, 12:45 PM
Jesus het honderde jare terug al die antichris geopenbaar. Soveel so dat Sy kinders uit hierdie sisteem gekom het via die Reformasie soos Jesus vra in Open 18:4, baie van hulle met hul eie bloed. Maar die deksel is weer terug gesit op hierdie efa (Sag 5:8) van haar en vandag jaag Sy kinders elke wind van doktrine na oor die antichris, en wag vir een wat in die toekoms moet kom terwyl hul alreeds blindeligs wyn van doktrines drink uit die antichris-self se glas wat sy in haar hand hou (Open 17:2, 18:3) en al verder mislei raak :cry: