PDA

View Full Version : Haatspraak



Kalahari
Oct 20th 2016, 04:36 PM
Ek sien die kabinet het goedgekeur dat die wetsontwerp vrygestel kan word vir publieke kommentaar.

Die meeste sal net dink wat die impak sal wees rakend rassisme aangesien dit aangevuur is deur die Sparrow geval en andere. Tog word baie meer ingesluit in die bepaling van haatspraak en word diskremenasie teen geslag en seksuele oriŽntasie ook ingesluit. Dit sal beteken dat die gesprek huidiglik in die NG kerk oor homoseksualiteit miskien nie kan plaasvind nie aangesien die wat teen die besluit is aangekla kan word en skuldig bevind kan word in terme van die wet. Predikante sal ook nie die waarheid kan verkondig nie volgens die Bybel aangesien party dit kan sien as haatspraak. Dit het al klaar begin in Amerika. Om die wet tot sy logiese gevolg te neem kan dit moontlik wees om die uitdra van die evangelie ook as 'n misdaad te verklaar, want dit "diskrimineer" teen ander godsdienste.

Hierdie wet word voorgehou as iets goeds, maar saam met dit bring dit die dood van vrye godsdiens. Ons weet dat die wÍreldmag teen Christene is, so ons kan weet wie hierdeur vervolg sal word.

Gaan jy reageer of dit net los?

Louwrens Erasmus
Oct 21st 2016, 03:03 PM
Het jy 'n skakel waar ek dit kan lees?

Dankie
Louwrens

Ben Cronje
Oct 22nd 2016, 08:14 AM
Hi Kalahari. Ek stem 100% met jou saam. "Haatspraak" gaan wereldwyd die "regverdiging" word waaronder Christene vervolg gaan word. As jy gaan kyk internationaal waar hierdie wet sy oorsprong het, sal jy 'n Roomse vinger in die tert kry. Die hoofseun daarvan het reeds uitsprake gemaak soos dat fundamentele Christene as terroriste behoort gesien te word. Ek wou al 'n lang plasing daaroor doen met koerant artikels om dit mee te staaf, maar te veel ysters in die vuur het my daarvan weg gebring.

Groete

Ben

Louwrens Erasmus
Oct 25th 2016, 07:41 AM
Link opgespoor. Die wetgewing is oop vir voorlrggings deur publiek en ander belanghebbende instansies. http://www.justice.gov.za/legislation/bills/2016-HateCrimes-HateSpeechBill.pdf