PDA

View Full Version : Die Pous.



Louis F Brits
Dec 11th 2017, 06:28 AM
Goeie dag,

Wat is julle reaksie dat die pous die gedeelte wil verander in die Onse Vader gebed?

https://www.netwerk24.com/Nuus/Wereld/pous-vra-verandering-in-ons-vader-gebed-20171210

Vriendelike groete!

CFJ
Dec 11th 2017, 05:20 PM
Hallo Louis,

Hier is my verstaan oor dit. Ek wil graag begin by die deel in Jakobus waar staan, "Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet." ...Ek weet darem nie of die Ou Afrikaanse Vetaling en selfs ook die KJV, dit verkeerd vertaal het nie. Wie moet ons lei en wat is die implikasie en betekenis van die woord, “lei”?

Ek is geen kenner van Grieks nie, maar het toegang tot Grieks en dis wat “lei” in Grieks beteken…

“to carry inward (literally or figuratively): - bring (in), lead into.”

Dis vÍrder in die “active voice” en dis wat dit beteken…,

“The active voice represents the subject as the doer or performer of the action. e.g., in the sentence, "The boy hit the ball, " the boy performs the action.”

Dis die Here self aan wie ons vra, “lei ons nie…”. Dis ook in die “Aorist Tense”,

“The aorist tense is characterized by its emphasis on punctiliar action; that is, the concept of the verb is considered without regard for past, present, or future time.”

Dis ook prakties, in dat wanneer ons Job lees, is dit duidelik dat die Here Job, INGELEI HET IN DIE OMSTANDIGHEDE WAARIN HY HOMSELF BEVIND HET. Die perspektief in Jakobus, wys dat Hy ons nie bo ons kragte sal versoek nie. Dis hoe ekself dit verstaan.

Wat die Pous se versoek of selfs opdrag betref, dink ek dis ‘n wyse om die mens in beheer te stel, asof die Here nie weet waarmee Hy besig is, as Hy aktief ons inlei in omstandighede, om ons of te louter of om ons te maak iets vir Hom te doen of wat ookal Hy nuttig vind nie…

Son of the South
Dec 12th 2017, 07:38 AM
Sonder 'n lang verduideliking verstaan ek dit in die lig van:
Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
(Mat 4:1)