PDA

View Full Version : Inligting Die Bybel was eerste, daarna het wetenskap gevolg



Ben Cronje
Feb 9th 2018, 06:10 PM
Dit het alles begin toe iemand vir my iets gesÍ het wat die Bybel alreeds lankal weet. En ek het begin rond kyk oor die internet hieroor. In hierdie draad dus gaan ek met elke plasing ietsie sit waar die Bybel die manne en vroue in wit jasse en brille lank reeds vooruit was.

Kom ons begin dus. Hoop dit is net so interessant vir julle ook.

Ben Cronje
Feb 9th 2018, 06:23 PM
Jona 2:5-6 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. Jona 2:6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

2Sa 22:16 And the channels of the sea appeared, the foundations of the world were discovered, at the rebuking of the LORD, at the blast of the breath of his nostrils.

Die Bybel leer ons al lankal dat daar berge en valleie onder op die seebodem is. Die mens (insluitend slim wetenskaplikes) het vir honderde jare geglo die seebodem is plat. Wetenskaplikes het eers hier van die 1950ís af berge en dale onder op die seebodem ontdek. Het hulle maar by die Bybel begin as hul begin-punt, kon hulle hulself van eeue se onkunde en vals persepsies gespaar het.